JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
New York VSA Jamaika Peru Idaho, VSA Indië België Kenia Arkansas, VSA Suid-Afrika Engeland Nigerië Ohio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees

Is die Tien Gebooie Vandag in Effek?

Les 12

Die Bybel Inleidingskursus

INLEIDING

Die Tien Gebooie vorm die kern van God se Wet. Ons sal begin om hierdie onderwerp te bestudeer deur sommige van die hoof redes wat die Christendom aanbied in ‘n poging om ongehoorsaamheid aan die Tien Gebooie te regverdig, te ondersoek.

Die toonaangewende Christendom glo dat God se Wet “mee weggedoen is en aan die kruis deur Jesus Christus vasgenael is.” Hulle hou vol dat die Ou Verbond op die “streng ongenadige Tien Gebooie gebaseer was, wat daardie stroewe God van die Ou Testament te laste gelê het” Hulle glo dat die Nuwe Verbond wat deur Jesus Christus ingelei is, die ou wette afgeskaf en met “genade” en “liefde” vervang het. Hulle beklemtoon dat mense nou “vryheid” het─vergunning het om net wat hulle behaag─onder genade, te doen.

Ander verkeerde leringe, sluit in die geloof dat die Tien Gebooie nie voor Moses bestaan het nie en was net tot en met Christus in effek. Hulle beweer dat die Tien Gebooie deel was van die ritualistiese wette van Moses en deur Christus se offer, vernietig was. In verset teen God se wette, weier hierdie mense om die Tien Gebooie te gehoorsaam en in plaas daarvan, gebruik hulle menslike beredenering om hul tradisionele godsdienste te verdedig.

Neem kennis wat Christus aan hierdie mense sê: “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas:..En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (Markus 7:7-9). Alhoewel hierdie verse Christus se teregwysing van die skrifgeleerdes en Farisrërs van Sy dag, aanteken, is dit ook nog op alle mense vandag van toepasing. Baie wat egter van hierdie berisping voordeel kan trek, meen dit is net op die skrifgeleerders en Fariseërs van toepassing en vermoed nooit dat hulleself ‘n gebrek het nie.

Oorweeg die volgende vraag wat aan Christus gerig was: “…Watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?” Neem kennis van Sy antwoord, “Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie (Mattheüs 19:16-17). Hoe weet ons of Jesus werklik die Tien Gebooie bedoel het?

Die volgende verse beantwoord hierdie kwessie: “Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê—dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (verse 18-19). Christus het begin deur die vyfde tot en met die negende gebod aan te haal en het hy as volg opgesom en verklaar, “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Christus het verskeie gebooie as verteenwoordigend van almal, opgesom. Die ryk jongman het presies gweet, wat bedoel was en het onmiddelik gereageer deur te sê dat hy hulle sedert sy jeug onderhou.

Moderne teoloë ignoreer hierdie direkte verklaring van Christus, om ‘n ewige lewe te verkry, moet al die Tien Gebooie onderhou word. Hulle verkies eerder om mens bedinkte redes dat die gebooie mee “weg gedoen” is te aanvaar.

Die Tien Gebooie spieël geestelike wette, wat indien dit onderhou word, vrede, harmonie en vervulling onder die mensdom te weeg sal bring. God laat egter toe dat die mensdom vrye morele agentskap te beoefen. Die mens het verkies om die weg wat vir hom reg lyk te volg, eerder as om aan God gehoorsaam te wees. Mens sal uiteindelik gedwing word om te besef dat God se weg oneindig syne oortref en dit te waardeer. Ses duisend jaar van kwelling is ‘n volslae getuienis van die mens se verloop, deur strydend met God se wette te lewe.

God se Wette: Onvoorwaardelik op Liefde Gebaseer

Die volgelinge van moderne Christendom aanvaar verkeerdelik dat die konsep van liefde algemeen onbekend was totdat Christus dit ingelei het en neem ook aan dat die Ou Testament min of geensins daarvan vermeld nie. Hierdie aaname is verkeerd. Die God van die Ou Testament is dié Een wat later Christus geword het (1 Johannes 1:2-4; Johannes 8:56-58; 1 Korinthiërs 10:4).

Die Boeke van die Wet─Genesis, Exodus, Levitkus, Númeri en Deuteronómium─is op die beginsel van liefde gebou: “Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag” (Deuteronómium 6:5), wat oorsrpronklik die eerste en “groot gebod” is (Mattheüs 22:37). Die eerste stap is liefde totGod, wat in die eerste vier gebooie saamgevat word:

Valse gode is voor die Ware God verbode (Eksodus 20:1-3).

Afgodery is verbode (Eksodus 20:4-6).

Ydele gebruik van God se naam, is verbode (Eksodus 20:7).

Gedenk die Sabbatdag om dit Heilig te hou (Eksodus 20:8-11).

Liefede tot die naaste is die tweeds stap. Levitikus 19:18 verklaar, “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” Hierdie vermaning─die oorspronklike goue reël─is vanuit Levitikus 19. Dit was geensins ‘n invoering van die Nuwe Testament, soos so baie verkeerdelik glo, nie. Die laaste ses gebooie, wat liefde teenoor die naas uitdruk, is die volgende”

Eer jou Vader en jou Moeder (Eksodus 20:12).

Jy mag nie doodslaan nie (Eksodus 20:14).

Jy mag nie egbreuk nie (Eksodus 20:14).

Jy mag nie steel nie (Eksodus20:15).

Jy mag geen valse getuienis spreek nie (Eksodus 20:16).

Jy mag nie begeer nie (Eksodus 20:17).

In die studie van die onderwerp van die Tien Gebooie, onthou dat hierdie lesse is bedoel om u na u Bybel te verwys. Sommige van die verse sal somtyds meer dan eenkeer gebruik word om verskeie vrae te beantwoord. Dit is nie per abuis nie, maar word gebruik wanneer sekere verse op veelvoudige kwessies van toepassing is. In sulke gevalle, is dit van hulp om die verse oor te skryf.

LES 12

Die Bybel Omskryf Sonde

(1) Wat is die Bybelse definisie van sonde? 1 Johannes 3:4

(2) Aangesien sonde as wetteloosheid omskryf is, na watter wet word verwys? Mattheüs 22:36-40.

Opmerking: Ons het gesien dat “liefde tot God” word deur die eerste vier van die Tien Gebooie verklaar en “liefde tot die naaste” in die laaste ses uiteengesit. Dit is waarom Mattheüs 22:40 verklaar, “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Die Tien Gebooie is waarlik die middelstuk nie net van die algehele Wet van God nie, maar ook van die Ou Testament (bekend as die “wet en die profete”). Nie een van die twee is herroep of verwerp nie.

(3) Is daar ander skrifgedeeltes waarin “die Wet” na die Tien Gebooie verwys? Romeine 7:7; 13:8-10.

Opmerking: Onthou dat die Tien Gebooie die kern is waarop God se wette, statute, oordele, ordonnansies en leringe gegrond is. Die Ou Testament was op Israel se gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie sowel as ander wette gebaseer. Sekere skrifgedeeltes verwys na die wet van Moses, wat baie uitvoerige wette wat op die altaar, die Levietiese priesterdom of die wette aangaande offers, van toepassing was. Dit het ook die wette en oordele van toepassing op bediendes, gevalle van geweld, die verantwoordelikheid van eienaars, die wette van vergoeding, die statute ten opsigte van die Heilige Dae en ‘n wye reeks kwessies, ingesluit.

(4) Wat is die uiteinde van sonde─oortreding van die Tien Gebooie? Romeine 6:23.

Opmerking: Die resultaat van sonde in die mens se fisiese lewe is diepe ellende vir die oorteding van hierdie wette─wat so werklik is as die fisiese wet van aantrekkings krag. Indien jy hulle oortree, dan breek hulle jou! Tensy daar berou daarvan is, is die geestelike uiteinde van sonde, ewige dood.

(5) Wat is die doel van die Wet van God? Romeine 3:20.

Opmerking: Die doel van die Wet is om ons van sonde te vertel. Die Wet identifiseer sonde, sodat ons daarvan kan wegdraai.

Die Wet van Liefde

(1)Baie mense glo dat die Tien Gebooie die teenstelling van liefde is. Is liefde regstreeks aan gehoorsaamheid van die Tien Gebooie gekoppel? 1 Johannes 5:2-3.

(2) Het die vleeslike mens die natuurlike kapasiteit om aan God se wette gehoorsaam te wees? Romeine 8:7.

(3) Hoe word die mens dan by magte om die wette van God te gehoorsaam? Romeine. 5:5.

(4) Is daar voorwaardes om die Heilige Gees te ontvang? Handelinge 2:38; 5:32.

Opmerking: Die Heilige Gees stel mens in staat om God se wette te gehoorsaam, maar gehoorsaamheid word benodig om die Heilige Gees te ontvang. Hierdie is nie ‘n teenstrydigheid nie. ‘n Persoon moet berou hê en van sonde af wegdraai─wat ongehoorsaam is aan God se wette─ en streef om hulle te gehoorsaam. Dan, na die doop, word ‘n mens deur God se Gees gemagtig om God te gehoorsaam.

(5) Hoe help liefde om die Wet te vervul? Romeine 13:10.

(6) Was die Ou Testament op die “goue reël” gegrond? Mattheüs 7:12

Opmerking: Ons sien herhaaldelik dat die wet en die profete op liefde tot God en liefde tot die naaste gegrond was─opsommende beginsels van die Tien Gebooie. Dikwels, sal ons vind dat die beginsel van liefde tot die naaste in die Nuwe Testament aangehaal word, wat regstreeks na die Tien Gebooie verwys.

(7) Hoeveel klem plaas die Nuwe Testament op liefde tot die naaste? Jakobus 2:8; Romeine 13:8-10; Mattheüs 22:36-40; Galásiërs 5:14.

Opmerking: In ‘n ooreenstemmende betekenis van Mattheüs 22:36-40, vind ons ‘n interessante verklaring in Markus 12:31. Aan die einde van hierdie vers, wat liefde tot God en liefde tot die naaste opsom, vind ons hierdie verklaring: “Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”

Die Wet─Nie “Weg Gedoen” nie

Belydende Christelikheid bevorder die idee dat Christus die Tien Gebooie weggedoen het. Een vers wat hulle aanhaal is Galásiërs 3:19, wat as volg begin, “Wat beteken die wet dan?” Die antwoord hierop is die opmerking, “totdat die saad aan wie die belofte gedoen is…”

Hierdie, word gebruik om sogenaamd te bewys dat die Wet in Christus se tyd, weg gedoen was.

Die ware bedoeling van Galásiërs 3, verwys na “die werke van die wet” in teenstelling met die geloof van Christus, wat in Galásiërs 2:16 en in Galásiërs 3:2, 5 en 10 gevestig is. Die woord wat as “werk” vertaal is, is afkomstig van die woord ergon, wat die wet van werke of rituele offers beteken, terwyl “wet” van die woord nomos afkomstig is, wat die wet van Moses of enige ander wetlike beginsel kan beteken. Hierdie uitdrukking van “wet” word deur die bedoeling bevestig. Die apostel Paulus se brief aan die Galásiërs, het die saak betreffende valse Joodse bekeerdes wat probeer het om fisiese rituele, op die heiden bekeerdes in Galasië op te lê, aangespreek. Dit blyk uit die samehang van “wet” in Galásiërs 3:19 en 3:24, dat dit na “wet van werke” (nomos ergon) verwys. Die Tien Gebooie was nooit deel van die wet van rituele nie.

Die volgende deel van vers 19, dui aan dat “Dit [die wet van werke] is bygevoeg weens oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom…” Die wet van offers was nie bygevoeg, voor ‘n jaar nadat die Tien Gebooie gegee was nie.

Neem kennis van Jeremia 7:22-24: “Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie. Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.”

Dan in vers 24: “Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.”

Hierdie wet van werke─“tugmeester”─Galásiërs 3:24─was bygevoeg weens oortredinge.

Die Verhewe Wet van God

(1) Het Paulus’ n hoë agting vir God se Wet gehad? Romeine 7:12.

Opmerking: Uit die samehang (Romeine 7:7) is dit duidelik dat Paulus na die Tien Gebooie verwys het.

(2) Vind ons hierdie hoë agting vir die Wet van God ook in die Ou Testament uitgedruk? Psalm 119:172; 19:7-8, 10-11.

(3) Voorsien God se Woord wat die Wet van God insluit─lig vir diegene wat soek om dit te volg? Psalm 119:9, 1o5.

(4) Is die wêreld immers aangetrokke tot daardie lig? Johannes 3:19.

Die Wet van God Moet Gehoorsaam Word

(1) Het Christus die Wet “weggedoen” of in gehoorsaamheid dit nagekom en in ag geneem? Mattheüs 5:17-19.

Opmerking: Die woord “ontbind” in vers 17, is afkomstig van die Griekse woors katalua, wat ook kan beteken, “af te breek, te versmelt, of omver te werp.” Christus het pertinent gesê, dat Hy nie gekom het om enige van hierdie dinge met die Wet of die profete te doen nie. Die woord “vervul” aan die einde van vers 17, is van die Griekse woord pleroo wat “voldoen, tot stand te bring of te voltooi” kan beteken. Neem noukeurig kennis, om aan die Wet te voldoen, tot stand te bring en te voltooi, beteken om dit te gehoorsaam en te onderhou. Dit beteken geensins dat daarmee weg gedoen is nie, of dat dit namens ons onderhou was, sodat ons die vergunning het, om soos wat dit ons behaag, ongehoorsaam te wees.

In hierdie verse het Christus vooruit, wat Hy geweet het, wat Satan se bedrieglike geloof sou verkondig: Naamlik; Dat Christus gekom het om die Ou Testament en alles wat dit voor gestaan het, insluitende die Tien Gebooie af te skaf, teen gewerk.

(2) Wat beteken dit dat Christus die Wet, sou groot en heerlik maak? Jesaja 42:21.

Opmerking: In teenstelling met wat die volstrekte meerderheid van belydende Christendom verklaar, het Christus die Wet werklik meer bindend gemaak. Hy het die bedoeling van die Wet, soos wat dit in etlike plekke in Mattheüs, hoofstuk 5 voorkom, vergroot. In vers 21, verduidelik Hy, “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie…”

In vers 22 gaan Hy aan, “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg…” Later, in hierdie selfde hoofstuk, het Hy die die wette wat op egbreuk betrekking het, (vers 27-28), skei (verse 31-32), sweer (verse 33-37) en selfs liefde vir vyande (verse 38-48), vergroot en meer bindend gemaak. In hierdie hoofstuk en dwarsdeur Sy leringe, het Christus die Wet vergroot ooreenkomstig die totale bedoeling daarvan en meer bindend gemaak.

(3) Is dit voldoende om hier daarvan te lees en te bespreek, pleks daarvan dat dit toegepas word? Romeine 2:13; Jakobus 1:25.

(4) Is dit waar dat ons nie deur die werke van die Wet gereverdig word nie? Romeine 3:20, 28, 31.

Opmerking: Die doel van die Wet is om te bepaal wat sonde is, sodat ons dit kan vermy. ‘n Persoon se geloof in Christus se offer is wat hom regverdig. So ‘n persoon sal in ‘n berouvolle toestand wees en strewe om van sonde as ‘n weg van lewe, weg te draai, om sodoende onder genade (onverdiende vergifnis) te wees en sodoende geregverdig (deur God geregverdig) te word. Dit is waarom God Sy Heilige Gees aan die wat strewe om Hom gehoorsaam te wees, gee (Handelinge 5:32). Indien ‘n mens teoreties in staat is om die Wet volkome te gehoorsaam, kan daardie persoon nie sonder die geloof in Christus se offer, geregverdig word nie. Met hierdie begrip kan ons sien waarom Romeine 2:13 (maar die daders van die wet geregverdig sal word.) nie Romeine 3:28 (die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.) weerspreek nie. Selfs Romeine 3:31 “ons bevestig die wet,” word deur Moffat se vertaling as “ons handhaaf die Wet” weergee. Geloof is nie ‘n opsie vir gehoorsaamheid nie─dit is ‘n aanvulling daarvan.

(5) Beteken “onder die Wet,” om te streef om die Wet te onderhou? Romeine 6:14.

Opmerking: Die bewoording “onder die Wet” in hierdie geval en as ‘n algemene beginsel, beteken “onder die straf van die Wet.” Dit is waarom dit nie ‘n teenstelling, met onder die geloof (onverdiende vergifnis) is nie.

(6) Is daar beginsels in die Wet wat deur die meeste nie bemerk word nie? Mattheüs 23:23.

Opmerking: Die eerste les van hierdie vers is, dat die skrifgeleerdes en die Fariseërs heeltemal reg was om tiendes ten opsigte van gedetailleerde sake te betaal. Ons weet dit vanweë Christus se verklaring, “Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.”

Die tweede les is, dat die skrifgeleerdes en Fariseërs met hul obsessie met besonderhede, die mees belangrike aspekte van die Wet─oordeel, genade en geloof oor die hoof gesien het. Net soos wat die Tien Gebooie liefde tot God en die medemens voorskryf, bestaan daar oorkoepelende beginsels en lesse tenopsigte van elke aspek van God se Wet. Onthou dat Galásiërs, 3:24 aandui dat die offer rituele die “tugmeester” was, om gehoorsaamheid te leer en uiteindelik aandag op Christus se offer te vestig.

Indien die skrifgeleerdes en Fariseërs by magte was om die doel van God se Wette te begryp, wat hulle veronderstel was om te beoefen, sou hulle agter die fisiese regulasies kon sien. Hul eerbiediging het ‘n eindoel wat ten gunste van eie geregtige inskiklikheid was─en nie verby hierdie vlak nie. (Neem ook kennis van Spreuke 21:3 en Psalm 51:16-17.)

In Opsomming

Om die baie uitvloeisels wat deel van hierdie onderwerp uitmaak ten volle te begryp en te waardeer, moet u asseblief ons boekie The Ten Commandments–“Nailed to the Cross” or Required for Salvation? lees. Vervolgens, om beter te verstaan dat hierdie wette vanaf die skepping van die mens van toepassing was, lees ons artikel “did the Ten Commandments Precede Moses?” Dan, sal dit nodig wees om ons belangrike artikel “Does the New Testament Teach All Ten Commandments?” te lees.

In hierdie les word die 1933 vertaling van die Afrikaanse Bybel gebruik tensy anders aan gedui.

Volgende in die Bybel Inleidingskursus:

Les 13: Vereis God vandag Tiendes?

Feitlik elke moderne Westerse nasie het in die laaste paar dekades meer rykdom dan ooit vantevore in die geskiedenis bekom. Tog is hierdie nasies gepla met verbysterende openbare skuld en ander fiskale probleme, gedeeltelik vanweë uitgawe van militêre verdediging en die stryd teen misdaad. Hoekom hierdie dilemma? Is daar beginsels wat mense en nasies op ‘n gesonde finansiële grondslag sal hou, indien indien gehandhaaf en versigtig nagevolg word? Hierdie les sal hierdie vrae beantwoord.