JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
New York VSA Jamaika Peru Idaho, VSA Indië België Kenia Arkansas, VSA Suid-Afrika Engeland Nigerië Ohio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees

Wat is die Ou Verbond?

Les 14

Die Bybel Inleidingskursus

INLEIDING

Baie glo dat die Ou Verbond na ‘n streng Tien Gebooie Wet verwys, terwyl die Nuwe Testament net betrekking het op genade en beloftes wat nie op ‘n wet of gehoorsaamheid gegrond is nie. Alhoewel populêr, sulke tradisionele konsepte is geheel en al verkeerd. Belydende Christendom het nog nooit die ware betekenis van die twee verdelings van God se Woord, verstaan nie.

Tog, openbaar die Bybel die ware betekenis en belangrikheid van hierdie twee verdelings, wat as die Ou Testament en die Nuwe Testament bekend is.

Toe God mens geskape het, het Hy hom gemaak om as ‘n fisiese beeld van Homself te lyk. Fisies is die mens volmaak, maar geestelik inkompleet. God se algehele plan van saligheid is vir almal ‘n rede (op ‘n sekere punt soos wat Hy voorbeskik het), om die Heilige Gees te ontvang, te groei en geestelik volmaak te word. Hierdie Plan word versigtig en in stelselmatige beplande fases uitgevoer, terwyl die groot volstrekte meerderheid van die mensdom, nie in hierdie eeu geroep word nie.

Antieke Israel se prestasies illustreer goed dat hulle sonder God se Heilige Gees geestelik gestruikel het. Hulle geestelike blindheid word in Deuteronómium 5:29 betuig: “Ag, as hulle maar so ‘n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.” Die rede waarom antieke Israel nie geneig was om gehoorsaam te wees nie, is omdat die natuurlike normale vleeslike gedagtes, vyandig teen God is en nie onderhewig aan Sy wette nie Rom. 8:7.

Tog, demonstreer die algehele ervaring van Israel dat dit vir die mensdom onmoontlik is om God se Wette sonder Sy Heilige Gees te gehoorsaam. Niks minder as God se wonderbare goddelike bemiddeling is nodig om die verstand te open en die wilskrag verleen om Sy wette te begin hou─’n diepe begeerte koester om in harmonie met elke aspek van Sy wil te wees.

Die Ou Verbond het al die opdragte wat aan Israel gegee was gedokumenteer en hulle mislukking om die beloftes wat hulle gemaak het, na te kom. Hulle het van God se dienaars opdragte ontvang en was getuies van God se menige goddelike wonderwerke. Tog, sonder Sy Heilige Gees wat hulle van binne lei, kon hulle nie God gehoorsaam nie, en nog minder die swakhede van die vlees, oorwin. Hulle ondervinding demonstreer dat die mens, nie God met sy menslike natuurlike gemoed, kan gehoorsaam of tevrede kan stel nie.

So ‘n les kan nie in een spreuk of selfs een episode saamgevat word nie. Dit het die ondervindinge van baie duisende mense, oor die eeue heen geneem om so ‘n alles omvattende punt te maak. Die les moes, so te sê, in bloed geskryf word, wat baie boeke van die Bybel benodig, met die ervarings van baie geslagte wat met God se opdragte en raad deurweef was.

Ons sal vind dat Israel in al hierdie opgetekende ondervindings, gefaal het om ooreenkomstig die verbond wat hulle met God gemaak het─die Ou Verbond, te lewe. Die probleem was nie God se wette nie─soos so baie belydende Christene verklaar nie─maar eerder die mislukking van stoflike mense met natuurlike verstand.

Terwyl hierdie les bestudeer word, moet u seker maak om elke vers vanuit u Bybel neer te skryf. Nadat u met die les klaar is, sal dit van nut wees om van tyd tot tyd, te hersien. Dit help om die begrip wat verkry is in ‘n beter perspektief te plaas.

LES 14

“Verbond” vs “Testament”

(1) Met behulp van ‘n woordeboek, skryf die woordomskrywing van “verbond”neer.

Kommentaar: Die volgende algemene woordomskrywing moet soortgelyk wees as in enige gegewe woordeboek: “’n Verdrag tussen twee of meer persone om te doen, of te weerhou om enige daad te doen; ‘n ooreenkoms.”

(2) Wat was die verbond wat God met Noag gemaak het? Genesis 9:11.

Kommentaar: Die verbond genome in Genesis 9:11, is ietwat van ‘n verlenging van dieselfde verbond wat in Genesis 6:18, genoem word, waarin Noag die ark wat God hom laat bou het, moes ingaan (Gen. 6:14). Die deel van die verbond waarin God belowe het om nooit weer die aarde op hierdie manier te vernietig nie, was gepaard met ‘n kenteken─‘n reënboog (Gen. 9: 12-13).

(3) Het God ook met Abraham ‘n verbond gemaak? Genesis 17:2.

Kommentaar: Omdat Abraham God gehoorsaam het, het die verbond wat God met hom gemaak het, seëninge as teenprestasie belowe. Ons vind dat Abraham se nageslagte ‘n groot nasie sou word (Gen. 12:2) en dat hy die vader van baie nasies sou wees (17:4). Hierdie verbond ooreenkoms was basies, “Jy doen jou deel en Ek sal myne doen.” Neem ook kennis dat hierdie verbond ook met ‘n kenteken gepaard gegaan het soos in Genesis 17:10-11, verduidelik.

(4) Deur weer die woordeboek te gebruik, skryf die woordomskrywing van “testament” neer.

Kommentaar: Die algemene woordomskrywing wat volg behoort soortgelyk as die een in u woordeboek te wees: “Testament; ‘n formele deklerasie, gewoonlik op skrif, van ‘n persoon se wense oor die bemaking van sy eiendom na sy dood.” Neem kennis dat die definisie van testament skarnier op die dood, terwyl n verbond ‘n wedersydse ooreenkoms is waarin die dood nie noodwendig ‘n faktor is nie.

(5) Gaan diegene wat Christus volg, erfgename wees van ‘n Testament wat Hy gemaak het? Genesis 22:18; Galásiërs 3:16, 29; Hebreërs 9: 15-17.

Kommentaar: Dit is God se wil om ‘n ewige erfenis in Sy koninkryk aan almal wat dit begeer, te gee. Die testament wat Christus gemaak het word in die laaste kwart van die Bybel─die Nuwe Testament uit gespel. Dit is ‘n lering oor hoe om ‘n erfgenaam te wees, van die beloftes van ‘n ewige erfenis in God se koninkryk, wat binnekort op aarde gevestig sal word. Een van die doelstellings van Christus se dood was om hierdie erfenis moontlik te maak.

Die Verbond Wat met Ou Israel Gemaak Was

(1) Voordat die Tien Gebooie te Sinai gegee is, wat het God eerste aan Israel voorgestel? Eksodus 19: 4-6.

(2) Na God hierdie verbond aan Moses voorgestel het, het hy van die berg afgekom en dit aan die ouderlinge en oudstes van Israel voorgehou. Wat was die oudstes van Israel se antwoord daarop? Eksodus 19:8.

Kommentaar: Na Israel belowe het om te hou by die verbond wat God voorgestel het, is die Tien Gebooie gegee─wat die sentrale basis vir al die mindere en meer uitvoerige siviele wette, beslissings, statute en leringe is. Die eerste vyf boeke van die Bybel─boeke van die wet─handel in hoofsaaklik oor die opdragte aan Israel met betrekking tot die verbond wat hulle met God gemaak het. Die meerderheid van wat die Ou Testament genoem word, handel oor die historiese gebeure van Israel, sowel as ander geskrifte en profesieë, oor Israel in die verlede en die toekoms. Hierdie boeke handel in hoofsaak oor Israel en hulle prestasies ten opsigte van die verbond wat hulle voorheen met God gemaak het.

Die grootste deel van die Bybel, is verkeerdelik die “Ou Testament,” benoem, terwyl die regte naam daarvan “Ou Verbond” moet wees. Hier is hoe dit verkeerd genoem was:

Toe Katolieke geleerdes in die vierde eeu die Bybel na Latyn vertaal het, was die woord testamentum die bewoording wat gebruik was, wat of “verbond” of “testament” kon beteken het. Toe die woord, testamentum later na Engels vertaal was, is die woord “testament” behou. Dit is waarom die woord testament tot vandag toe in bybels behoue gebly het.

Dit is interessant dat die enigste plek in die Bybel waar die woord Ou Testament gebruik word, in II Korinthiërs 3:14 is. Selfs hier, word die Griekse term diatheke as testament vertaal, om saam te val met die verkeerde benaming wat aanvaar is. Die term kon (en moes eintlik) as “verbond” vertaal gewees het. Die Ou Verbond afdeling van die Bybel bevat dieselfde boeke (alhoewel nie in korrekte volgorde nie) soos wat hulle in die Nuwe Testament, na verwys word as die “die wet en die profete,” en somtyds as “die wet, die profete en die Psalms (geskrifte”).

In die lig van hierdie inligting, onthou die woordedeboek omskrywing wat reeds bespreek is en waarin die term “testament” slegs van toepassing is op die dood van die primêre party, om geldig te wees. In die verbond wat God met Israel gemaak het was die dood nie genoem, om van krag te wees nie. Basies het die verbond, Israel beroep om God se wette te gehoorsaam, wat materiële seëninge tot gevolg sou hê─terwyl ongehoorsaamheid vervloeking, tot gevolg sou hê. Dit is voor die hand liggend dat “Ou verbond” meer toepaslik is en “Testament” ‘n verkeerde benaming is.

(3) Vertel die Bybel uitdruklik vir ons of antieke Israel toegang tot God se Gees gehad het? Johannes 7:37-39.

Kommentaar: Soos vers 39 aandui het, die Heilige Gees nie gegee voor Christus nie verheerlik was nie (na Sy dood, begrafnis en opstanding.) Diegene van antieke Israel was nie God se Gees gegee nie, behalwe vir die baie min, soos die aartsvaders, en later Moses, Josua, Samuel, Dawid en andere─die profete in die besonder. Alhoewel God die mensdom gelaat het om lesse deur bittere ondervinding op die weë van die vlees te leer, het Hy egter die reg voorbehou om ‘n paar uitgesoekte mense oor tyd,na gelang Sy eie doeleindes te roep.

(4) Het die mense van Israel gevoel dat hulle in staat was om hulle deel van die verbond wat God met hulle gemaak het, na te kom? Eksodus 24:7-8.

Kommentaar: Na die mense bevestig het, dat hulle “alles wat die Here gespreek het” sal uitvoer en Hom gehoorsaam sal wees, was die verbond met bloed, soos in vers 8 geskryf, bekragtig. Die mense het op die een of ander manier dit vergelyk dat hulle in God se nabyheid was─soos Sy krag en teenwoordigheid op die berg Sinnai gemanifesteer was─hulle die inspirasie en krag sou gee om Hom te gehoorsaam. Tog, was hulle onkapabel om hul belofte om God te gehoorsaam te volbring, soos wat ervaring duidelik sal toon. Net soos mense vandag, was hulle ook mank deur afwesigheid van die Heilige Gees, alhoewel onbewus van die feit. Onthou, die Heilige Gees was nog nie vir die hele mensdom insluitende Israel, beskikbaar nie.

(5) Watter verse wat in die Ou Verbond opgeteken was, som die beste Israel se ervarings op? I Korinthiërs 10:11; Romeine 15:4.

Kommentaar: Die ervarings van antieke Israel dien as lesse vir ware Christene vandag.

Die Bediening van Dood

Die Ou Verbond het uit duidelike dele bestaan, waarvan die Tien Gebooie die sentrale deel daarvan was. Hulle het die Ou Verbond voorafgegaan en dit ook oortref. Ander duidelike dele van die Ou Verbond was die siviele wette en uitsprake, wat uitvoerige toepassing van die Tien Gebooie gegee het.

(1) Wat was die bedoeling van die stel oordele wat ‘n “lewe vir ‘n lewe, ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand” ge-eis het? Eksodus 21: 23-24.

Kommentaar: Alhoewel die konteks van hierdie verse betrekking het op die beskerming van verwagtende vroue (soos in vers 22), kon hierdie uitspraak op baie ander omstandighede in beginsel, toegepas word. ‘n Vonnis was vir enige breuk ‘n sekerheid. Die oortreder het ‘n boete betaal wat ooreenstem met die skade wat berokken was.

(2) Wat was die vonnis van iemand wat moord gepleeg het? Genesis 9: 5-6; Eksodus 21: 12

Kommentaar: Onmiddelik na die vloed, het God die bediening van die dood as straf vir moord ingestel (Genesis 9: 5-6). As een van die Tien Gebooie wat sedert die skepping van die mens van krag was, is dit in die siviele uitsprake volledig uiteengesit (Eks. 21: 12).

(3) Was hierdie bediening van die dood as salig beskryf? II Korinthiërs 3: 7-8.

Kommentaar: Die bediening van die dood was die siviele uitvoering van straf vir skending van die siviele kode wat die Tien Gebooie uitgebrei het. Sulke wette wat die dood vonnis vereis het, het gewoonlik, sulke oortredings soos moord, ontvoering en hoerery behels

Die Israelite het op ‘n gereelde basis gesondig en was deurentyd daaroor herinner. Hulle voorbeeld, dien om ons bewus van ons swakhede en beperkings ook te maak. Dit onderstreep, ons behoefte vir hulp deur God se Gees om ons eie menslike natuur te oorwin. Die bediening van die dood vonnis dien om hierdie waardevolle les te beklemtoon.

Indien die Israelite in staat was om hulle deel van die verbond te onderhou, deur die letter van die wet na te kom, sou hulle net materiële seëninge ontvang het. Die ewige lewe was nooit ‘n belofte wat met die Ou Verbond geassosieer was nie.

Die “bediening van die dood” (II Kor. 3:7) was tydelik tot die tyd van die “bediening van die Gees” (II Kor. 3:8), permanent was. Die nuwe bediening van dieselfde wette, moet deur hulle, toegepas word, wie met die hulp van die Gees, in hierdie lewe oorwin en kwalifiseer. Hulle sal in die goewwerment van God as gees-wesens regeer─’n geestelike bediening!

Die Ou Verbond─’n Huweliks Verbond

Baie mense het nooit gehoor dat die Here─die Ewige, die God van die Ou Verbond─wie later Jesus Christus geword het─werklik ‘n huweliks verbond met Israel aangegaan het nie. Jesus Christus, wie alles wat bestaan geskep het (Joh. 1:3), wat met basuin geklank die Tien Gebooie gegee het en Israel deur die wildernis gelei het (I Kor. 10:4), het met antieke Israel getrou nie [was Heer/Gebieder oor hulle].

(1) Het die Here wat later Jesus Christus geword het, uitdruklik gesê dat Hy met Israel getroud [Heer/Gebieder] was? Jeremia 3:14

(2) Was Christus Israel se eggenoot [Heer/Gebieder]? Jeremia 3:20, 31:32; Jesaja 54:5.

(3) Het Christus in ‘n Huweliks verbond met Israel gegaan? Eségiël 16: 8.

(4) Wat sou die seëninge wees as Israel getou gebly het aan hulle verbond met God? Levitikus 26:1-3.

Kommentaar: Om ‘n oorsig van hierdie beloofde seëninge te verkry, lees verse 4 tot 13, wat gelykwaardig met Deuteronómium 28: 1-14 is. U moet met hierdie twee hoofstukke bekend raak (Lev. 26 en Deut. 28), aangesien hulle die seëninge vir gehoorsaamheid en vervloekinge vir ongehoorsaamheid van God se wette, waarop die Verbond met Israel gegrond was, uitspel.

(5) Wat sou die vloeke op Israel wees vir hulle hulle ontrouheid aan die verbond met God? Levitikus 26: 14-16.

Kommentaar: Lees verse 17 tot 39 vir ‘n dieper insig en oorsig van die verse oor vervloeking vir ongehoorsaamheid. Hierdie verse word tot vandag toe met betrekking tot die moderne nasies van Israel, vervul.

(6) Het die apostel Paulus aangedui dat die huweliks verbond op wet gegrond is─God se wet? Romeine 7: 1-4.

Kommentaar: Hierdie verse toon duidelik dat nie een van die partye in ‘n huwelik aan die wet verbind is nie. Eerder is elke party aan die ander maat deur die wet verbind. Neem kennis dat die wet, nie ophou om te bestaan wanneer een van die partye sterf nie. Net die huweliks verbond, wat op die die wet gegrond was, word deur die dood van een van die partye ontbind.

Eweneens, Christus se huwelik met antieke Israel was ontbind, alhoewel die wet waarop dit gegrond was, steeds aangaan. Dit was die sonde van die mensdom wat God se volmaakte wet, verbreek het, wat met Sy lewe weggedoen het en nie Hy wat met die wet weggedoen het nie. Hy moes Sy lewe aflê, ten einde die hele mensdom vry te koop en as Skepper was Sy lewe baie meer werd dan al die opgeloopte lewens van almal wat ooit gelewe het.

(7) Is dit die voorland van almal wat oorwin en ten tye van die Eerste Opstanding gees-wesens word, om met die verheerlikte Christus in ‘n huweliks verbond te gaan? Romeine 7:4.

Kommentaar: Hierdie huweliks verbond, gegrond op God se geestelike wet, sal onder die voorwaardes van die Nuwe Verbond wees, wat in die volgende les behandel word.

Opsomming

Dit moet hier versterk word dat die wet van werke─die offer rituele sisteem─nie ingehuldig was ten tye wat die Tien Gebooie gegee was nie, maar het amper ‘n jaar later begin en het ‘n aparte en ‘n bepaalde deel van die Ou Verbond geword. Om hierdie sleutel Skrifgedeelte beter te onthou moet u ook Jeremia 7: 22-24 neerpen. Die offer rituele het ‘n duidelike deel van die Ou Verbond geword, maar heeltemal apart van die Tien Gebooie.

Die Ou Verbond, gewoonlik verkeerd benoem as die Ou Testament, was op materiële seëninge vir Israel gegrond, deur behoud van die letter van die Wet─wat Israel heeltemal gefaal het om te doen. Onthou dat die Ou Verbond net met Israel aangegaan was. Die Ou Verbond was nie net materialisties nie, maar ook net tydelik. Tog, is die geestelike wet waarop dit gegrond is, ewig.

Terwyl Israel nooit die voorwaardes van hul Verbond met God nagekom het nie, was daar sekere heroplewings in die koninkryk van Israel, waartydens sekere konings regverdig was, met die gevolg dat Israel seëninge in die kort termyn ontvang het, soos wat hulle die se voorbeeld gevolg het. Dit het gedurende die heerskappy van Dawid (en kort daarna) gedurende die heerskappy van Hiskía, Josía en ‘n paar ander in ‘n mindere mate plaasgevind. Sulke herlewings was ‘n uitsondering van Israel se baan rekord.

Verskeie ander aspekte van die Ou Verbond sal verder in die volgende les bespreek word, wat ook die voorwaardes van die Nuwe Verond sal inlei. In die tussentyd sal ons artikel “Are Christians Freed From the Old Covenant?” voordelig wees, deurdat dit ‘n unieke oorsig van die onderwerp gee.

In hierdie les word die 1933 vertaling van die Afrikaanse Bybel gebruik tensy anders aan gedui.

Volgende in die Bybel Inleidingskursus:

Les 15: Voorbereiding om Christus se Bruid te Word

Die tyd wat die Nuwe Verbond van krag sal wees, nader vinnig. In die tussentyd, lees ons, “As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder is naby die verdwyning” (Heb.8:13). Ons sien die Ou Verbond word uitfaseer en word deur ‘n Nuwe Verbond vervang─’n huwelik tussen die verheerlikte Christus en Sy bruid.