JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
New York VSA Jamaika Peru Idaho, VSA Indië België Kenia Arkansas, VSA Suid-Afrika Engeland Nigerië Ohio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees

Die Huttefees

Les 28

Die Bybel Inleidingskursus

INLEIDING

Ons kom nou by die sesde van sewe feeste wat deur God georden was─die Huttefees. Soos die dae van Ongesuurde Brode, is die Huttefees ‘n sewe dag-fees, maar net die eerste dag is ‘n Heilige Dag.

Christus se evangelie fokus op die goeie nuus van die Koninkryk van God wat kom. Die Huttefees beeld die gesag van die regering van God op die aarde onder Jesus Christus, wat vir een duisend jaar sal duur. Na die duisendjarige bewind, moet ander deurslagewende stappe in God se Plan in volgorde plaasvind, soos die tweede en derde opstandings, wat in les 29 bespreek word. Hierdie 1,000 jaar tydperk is net die begin, soos wat die heiliges van die Eerste Opstanding, opgelei word vir selfs groter dinge vorentoe.

Die Huttefees verteenwoordig hierdie vreugdevolle, utopiese tydperk van vrede en vervulling wat nog altyd die hoop en fokus van ware Christene was. Ons begin nou die les oor die betekenis van hierdie groot fees.

LES 28

Die Bybelse Voorbeelde

(1) Waar is die Bybelse opdrag om die Huttefees te onderhou? Levitíkus 23:34-36.

Kommentaar: Hierdie Fees begin op die 15 de dag van die 7de., maand en duur vir 7 dae. Die eerste dag is ‘n Heilige Dag, ‘n verpligte byeenkoms moet gehou word. Vers 36 dui aan dat ‘n offer elke dag onder die Levitiese sisteem gegee was. Maar, vandag word ‘n offer net op die eerste dag van die Huttefees gegee, soos wat vers 37 vir Heilige Dae aandui. Die byeenkoms en die offer bevel op die agste dag (vers 36) is geheel en al ‘n aparte feesdag.

(2) Was die Huttefees by ‘n ander naam, bekend? Eksodus 34:22.

Kommentaar: Die Fees van die Insameling was die hoof jaarlikse oes in die najaar. Soos verduidelik in Les 25, was die lente oes baie klein in vergelyking met die najaar oes.

Die geestelike oes sal dieselfde patroon volg. God wys dat Hy die vroeë lente reën matig gee, maar die laat reëns, sal oorvloedig afkom en’ n volop oes lewer (Joël 2:23-24). Die Huttefees tipeer hierdie oorvloedige geestelike oes.

(3) Wat is die oorheersende tema van die Huttefees? Levitíkus 23:40 (laaste gedeelte), Deuteronómium 16:13-15.

Kommentaar: Hierdie is die een Fees in die besonder waarby God sê dat almal moet vrolik wees! Hierdie Fees kyk vorentoe in tyd na die mees blye gebeurtenis van alle tye.

(4) Hoe moet mense hulle reis, voedsel en blyplek vir ‘n fees wat solank aanhou, finansieer? Deuteronómium 14:22-27.

Kommentaar: Hierdie spesiale fees tiende (bekend as die tweede tiende) was gebruik om nie net die Huttefees se uitgawes te finansieer nie, maar ook die ander Heilige Dae. God seën diegene wat hierdie tiende getrou spaar, wat die mense vir hulle eie behoefte en begeertes moet spandeer, sodat hulle voor die Here kan vrolik wees. Om meer oor hierdie tiende te leer, lees ons artikel “The Other Tithing Questions.”

(5) Is dit ‘n opdrag dat hierdie fees vir ewig gehou moet word? Levitíkus 23:41; Sagaría 14:16-19.

Kommentaar: Die weergawe in Sagaría 14 beklemtoon die feit dat hierdie Fees vir ewig ‘n wet is. Alle nasies sal, hierdie Fees in die Millennium onderhou, of hulle dit verkies al dan nie. Uiteindelik sal alle nasies begin om God se opdrag oor Sy Feeste te verstaan en te waardeer.

(6) Belowe God om die eiendom te bewaar van diegene wat hulle huise en besighede verlaat om die Huttefees te hou? Eksodus 34:24.

Kommentaar: God gelas dat Sy mense al Sy Feeste moet hou; Ongesuurde Brode (sluit die Pasga in) Pinkster en die Huttefees (sluit al vier die najaar Feeste in). Dit is God se voorneme dat Sy mense al hierdie feeste sonder afleiding en kommer moet hou─met volle vreugde oor hierdie jaarlikse Feeste. Ofskoon dit verwag word dat ons vooruit moet beplan en ons deel doen vir die bewaring van ons eiendom, besigheid en/of plaas, belowe God egter beskerming van ons belange in ons afwesigheid, wanneer ons vrolik is by Sy Feeste─en Hy voer Sy beloftes uit.

Deur Antieke Israel gehou

(1) Selfs toe Israel in dieptes van wanorde was, was daar sommige wat nog getrou die Huttefees gehou het? Rigters 21:19.

Kommentaar: Die tabernakel was in die tyd van Josua te Silo opgerig. Tog was baie van Israel onbewus van die belangrike kennis, gedurende die tyd wat Rigters 21:19, bespreek. Hierdie was gedurende die tyd wat Israel reeds agteruitgegaan het tot die vlak wat in vers 25 beskryf word. Ongeveer 250 jare vroeër, het die hele Israel almal te Silo bymekaar gekom (Josua 18:1) en bewys dat hulle getrou en gehoorsaam was aan God se wette en statute (Josua 24:31). Die uitdrukking “statute” verwys na die deel van God se wette wat algemeen van toepassing is op aanbidding op nasionale vlak. Dit sluit die behoorlike nakoming van die jaarlikse feesdae in.

(2) Het Élkana en Hanna, aan wie Samuel gebore was, elke jaar na Silo gegaan om die Huttefees by te woon? I Samuel 1:3.

Kommentaar: God het tussenbeide gekom en aan Hanna ‘n kind, Samuel, gegee wat sy aan God toegewy het. Na Samuel gespeen was, het sy hom aan die hoë priester gegee en het elke jaar die kind, besoek, gedurende die Huttefees, wanneer haar eggenoot die jaarlikse brandoffer aangebied het. (I Samuel 2:19).

(3) Was die Huttefees gehou toe die Tempel deur Salomo toegewy was? I Konings 8:1-2, 65-66.

Kommentaar: ‘n Periode van sewe dae was onmiddellik voor die Huttefees opsy gesit, vir die Tempel se toewyding. Daarna was die sewe dae van die Fees gehou en was die mense na die agste dag huistoe gestuur (vers 66). Hierdie agtste dag is dieselfde as die waarvan ons in Levitíkus 23:36 gelees het. Die maand, Étanim was die oorspronklike Hebreeuse naam vir die sewende maand en beteken die maand van “permanensie of permanent dinge”─wat gebeurtenisse in die toekoms wat tot geestelike permanensie of ewigheid lei, voorstel.

(4) Was antieke Israel nalatig om die jaarlikse Sabbatte en die weeklikse Sabbat te hou? Eségiël 22:26.

Kommentaar: Vanweë hierdie langdurige versuim, was Israel en Juda in gevangenskap geneem─Israel eerste en Juda net oor ‘n eeu later. Die seëninge en vervloekings wat in Levitíkus 26 en Deuteronómium 28 opgeteken is het ‘n pynlike realiteit vir antieke Israel in geheel geword. Lees Eségiël 20:1-44 om beter te begryp hoedat Israel by herhaling, God se Sabbatte geignoreer het. (Eségiël 20:25 beteken dat God hulle aan hulle eie weë oorgegee het).

(5) Was die Jode wat uit gevangeskap gedurende die tyd van Esra en Nehemia teruggekeer het, baie verheug gewees om die Fees van Basuine en die Huttefees te hou? Nehenia 8:1-2, 6, 8-10,14, 17-18.

Kommentaar: Vir hierdie Jode, na 70 jaar van gevangeskap, wat oud genoeg was om van hul kinderdae die feeste te onthou, het die feeste nou ‘n dieper en ‘n inniger betekenis dan ooit vantevore gehad. Diegene wat tot hierdie vlak van waardering kom, sal ‘n groter kapasiteit hê om nader aan God te beweeg, deur sy statute en wette as ‘n lewenswyse te identifiseer en vurig te bewaar.

Die verklaring in vers 17, met betrekking tot die Fees wat nie op dieselfde wyse sedert die tyd van Josua gehou was nie, het verwys na hutte wat van boomtakke gebou was. Hierdie Fees was sekerlik sedert die tyd van Josua gehou, maar nie uitsluitlik in sulke hutte nie en moontlik ook nie met die begeerte en die hartstog wat hierdie Jode aan die dag gelê het nie─profeties van hulle wat sal oorleef om die feeste wanneer die Millennium begin, te hou.

(6) Word ons gelas om gedurende die Huttefees in hutte te woon? Levitíkus 23:40, 42.

Kommentaar: Vers 40 beskryf die gebruik van takke soos die van palm of wilger bome, met baie blare om die tydelike verblyf plekke te bedek. Die Hebreeuse woord cukkah (wat as sook-kaw) uitgespreek word beteken “hut, tent of tabernakel”─basiese tydelike wonings. Vers 40 beskryf die goedkoopste manier om skuiling vir die Huttefees, te voorsien. Die rede waarom God bepaal het dat Israel in sulke tabernakels moes woon, word in vers 43 aangedui─om te wys dat Hy hulle in hutte laat woon het toe Hy hulle uit Egipte gebring het. Die les vir ons is dat hierdie lewe tydelik is en dat al ons lang-termyn hoop en beplanning op die komende Koninkryk van God gerig moet wees. Daarom dat ons in tydelike tabernakels gedurende die Huttefees moet woon─tente, woonwaens motelle of hotelle.

Deur Christus en die Apostoliese Kerk Nagekom

(1) Is daar enige Bybelse getuienis dat Christus werklik die Huttefees bygewoon het? Johannes 7:1-2, 8-11.

Kommentaar: Johannes se gebruik van die woorde, “die fees van die Jode, die huttefees,” was nodig, daar die oorgrote meerderheid lesers van hierdie evangelie, nie-Jode was. Hierdie frase wys ook, dat net die Jode God se feeste in Christus se tyd gehou het, daar die ander afstammelinge van Israel nie teruggekeer het na onderhouding daarvan nie.

Tog, sien ons in vers 8, dat Christus Sy fisiese familie opgedra het om die Fees te onderhou. In vers 10, het Christus, na Sy broers vertrek het, ook opgegaan om die Fees by te woon. Vers 11 dui aan dat die Jode Hom gedurende hierdie Fees gesoek het, daar hulle geweet het dat Hy al die Feeste wat God gelas het, onderhou het.

Christus se voorbeeld toon, dat Hy nie afgeskrik was om die HutteFees te hou nie teen staande die feit dat die Joodse godsdienstige leiers hom om die lewe wou, bring. Vers 14, dui aan dat, dit eers teen die middel van die Fees was dat Hy Sy teenwoordigheid bekend gemaak het, vanweë die voorsorgmatreëls wat Hy moes neem omdat Sy lewe in gevaar verkeer het. Hierdie Fees was vir Christus baie belangrik dat Hy selfs onder sulke bedreiging die Fees bygewoon het─dit enige verskoning wat ons ooit kan hê, om nie by te woon nie, weerspreek.

(2) Dui die Skrif aan dat die eerste-eeu se apostels die Huttefees onderhou het? Handelinge 18:21.

Kommentaar: Die Fees waarna Paulus hier verwys, kon net die Huttefees wees, omdat dit in die najaar seisoen val. In ‘n terugblik, dit was laat somer in 50 n.C. toe Paulus in Korinte aangekom het (vers 1) waar hy by die huis van Justus vir sy finale 18 maande gewoon het (vers 11). Twee volle jare het verbygegaan, teen die tyd dat Paulus deur Éfese op pad na Jerusalem was. Hy het deur Sirië na sy bestemming ─Jerusalem, vir hierdie Fees seisoen gereis─wat hoofsaaklik die Huttefees in die najaar van 52 n.C. was.

(3) Openbaar Kerk geskiedenis spesifieke verwysings waar die ware Kerk die Huttefees onderhou het?

Kommentaar: Daar is verskeie verwysings dat die feeste deur die geskiedenis onderhou was. Een besondere verwysing is die van Sabbatarians in Transylvania deur Samuel Kohn, wat opgemerk het, dat die Sabbat-onderhouers in hierdie geweste die feeste gedurende die vroeë 1600’s nagekom het. Benewens talle liedere wat die weeklikse Sabbat gedenk, het die gesangeboek van die Sabbatariërs, liedere bevat wat aan die volgende feesdae toegewy is: elf liedere vir die Pasga en Dae van Ongesuurde Brode, ses ten opsigte van Pinkster, drie vir die Fees van Trompette, een vir die dag van Verootmoediging en ses vir die Huttefees. Daar is sterk aanduidings dat hulle die algemene bedoeling van die fees dae verstaan het, nie soos die Jode van hulle tyd nie.

Die Koninkryk van God Regeer die Aarde

Allerlaas, na 6,000 jaar onder die gesag van Satan se misleiding en gesindhede, sal die wêreld van sulke invloed verlos wees. Uiteindelik, sal die waarheid van God se Wet die bewese weg wees wat die meerderheid na sal soek.

(1) Verklaar die Bybel uitdruklik dat in die toekomstige millennium, die wêreld nie langer aan engele-magte onderworpe sal wees nie? Hebreërs 2:5.

(2) Wie is die oppermagtige regeerder gedurende hierdie tyd? Openbaring 11:15; 19:6; Daniël 7:13-14.

(3) Wie sal onder Christus in die Koninkryk van God regeer? Openbaring 20:4; 5:10; Daniël 7:27.

(4) Sal Christus se heerskappy wanneer nodig ferm wees? Jesaja 2:4; Eségiël 20:33-38.

(5) Sal Christus die mense met begrip en barmhartigheid in die Millennium regeer? Jeremia 31:8-9; Jesaja 30:19; 40:10-11; 61:3.

Kommentaar: God se goedertierenheid is oneindig groter as die van die mensdom, soos wat ons in Psalm 103:8, 11 vind. Sy benadering tot mense hang hoofsaaklik af van hulle karakter, soos wat ons in Psalm 18:24-26, lees.

(6) Sal diegene wat saam met Christus regeer, hulleself aan die openbaar, wat deur hulle geleer word? Jesaja 30:19-20.

(7) Sal die natuurlike ekosisteem─insluitende alle plant lewe, die grond, atmosfeer, en alle water liggame─gedurende hierdie tyd genees word? Eségiël 47:1, 8-9; Amos 9:13-14; Jesaja 35:1-2, 7.

Kommentaar: Soos in Eségiël 47 beskryf word, sal die stroom water wat van onder die Tempel, wat op die Berg Sion gebou sal word, uitvloei, genesing vir die oseane en waters meebring soos wat God die omgewing sal vernuwe.

(8) Sal mense se fisiese ongesteldhede en beproewings ook genees word? Jesaja 35:3-6.

(9) Sal die skepping─berge, bome, water ens─op ‘n figuurlike wyse begin om te jubel, wanneer Christus met Sy heiliges die aarde begin regeer? Psalm 96:10-13; 98:8-9; Romeine 8:19-23.

Kommentaar: Die verligting, blydskap en viering is so groot, dat die land, see, uitspansel, wat na hul oorspronklike suiwerheid herstel is, galm met eenderse vrolikheid. Daar is ‘n verskil in die Engelse vertaling waar die woord “creature” wat skepsel beteken gebruik word, terwyl skepping die regte woord is. Afrikaanse vertaling is reg met woord gebruik.

(10) As gevolg van die gerestoureerde omgewing, herstelde gesondheid en ware kennis, sal mense se lewes meer verwesenlik wees? Miga 4:4; Jesaja 25:9; Sagaría 10:7.

(11) Sal die natuur se vleisetende diere en gevaarlike reptiele verander wees? Jesaja 11:6-9.

(12) Is die Millennium die tyd waarvan Petrus gepraat het toe hy van “die tye van die wederoprigting van alle dinge,” gepraat het? Handelinge 3:19-21.

Kommentaar: Die Millennium is voorwaar, die enigste tyd wat as “tye van verkwikking” en “tye van die wederoprigting van alle dinge,” beskryf kan word, soos wat hierdie verse uitbeeld.

Israel Verhewe in die Millennium

(1) Sal Israel, voor Christus se wederkoms reeds dubbele straf vir haar sondes ontvang het?

Jesaja 40:1-2; Jeremia 16:18.

(2) Na Israel verneder is, sal sy dubbele vergoeding in die Millennium ontvang? Jesaja 61:7.

Kommentaar: Die samehang van meeste van hierdie hoofstuk is gerig aan “hulle wat in Sion treur,” verwysende na Israel in die algemeen, nie net die stam van Juda nie. Aan Israel sal eer gegee word, nadat hulle in konsentrasie kampe uitgebreide straf verduur en daar betreklik min oorlewendes oorgebly het.

(3) Sal die Heidene Israel gedurende daardie tyd eer? Jesaja 61:4-6, 9; Sagaria 8:23.

(4) Soos verskeie Heidense mense vorige Israelitiese gevangenes terug bring om met hul families in die omgewing van die Heilige Land te verenig, sal hierdie Heidene ook aan fisiese Israel skate aanbied gee? Jesaja 60:3-5, 11.

Kommentaar: Die woorde in verse 5 en 11, “skatte van die nasies” en “skatte/rykdom” beteken die van die nasies. God sal maak dat Israel deur alle nasies hoog geëer word, soos wat hulle kwistig rykdom aan hulle gee.

(5) Is hierdie die tyd wat Israel waarlik God se belofte aan Abraham vervul? Genesis 22:18; 26:4.

Kommentaar: Selfs die seëninge van die eersgeboortereg nasies van Israel in hierdie huidige eeu, sal versink tot geringheid teenoor dit wat aan hulle gedurende die Millennium geskenk word.

Op daardie tydstip sal fisiese Israel werklik word soos “die sand wat aan die seestrand is” en sal uiteindelik ooreenkomstig die standaard wat God vir hulle bestem het, lewe. (Deuteronómium 4:5-8).

Opsomming

In die Millennium, sal die hele wêreld begin om die weg wat geluk, vrede en elke begeerlike resultaat meebring, soos wat God dit altyd bestem het, na te volg en uit te lewe.

Die Huttefees is vol van die bedoeling wat alleenlik waarlik waardeer word deur nakoming van hierdie byeenroeping.

In hierdie les word die 1933 vertaling van die Afrikaanse Bybel gebruik tensy anders aan gedui.

Volgende in die Bybel Inleidingskursus:

Les 29: Die Finale Oordeel—Die Laaste Groot Dag

Hierdie les beredeneer die laaste van die sewe jaarlikse Feeste, wat God Sy mense brveel het, om te onderhou. Die Laaste Groot Dag verteenwoordig meer as een belangrike gebeurtenis, in teenstelling met die meeste fees dae wat dit voorafgaan. Hierdie finale fees herdenk die tyd van finale oordeel en deursalggewende gebeure wat volg op die millenniale (duisend jarige) heerskappy van die Koninkryk van God op aarde. Waarlik, die Millennium is net die begin van die ewigheid, soos wat die heiliges van die Eerste Opstanding opgelei en voorberei word, vir groter dinge vorentoe─’n tyd om die fondasie te lê van selfs groter vreugde en prestasies na die Millennium.