JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Stoor om later te lees
Beskikbaar in hierdie tale:
  Afrikaans
Waar is God se Kerk vandag?
New York VSA Jamaika Peru Idaho, VSA Indië België Kenia Arkansas, VSA Suid-Afrika Engeland Nigerië Ohio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
David C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

U mag verkies om die volgende te lees:

Behoort Christene te Stem?

deur David C. Pack

Miljoene glo om te stem hulle siviele en patriotiese plig is. Dit is die demokratiese manier. Maar is dit God se Weg? Christus se evangelie is oor regering. Indien Hy vandag hier sou wees, sou Hy stem? Sou Sy dienaars in die politiek van hierdie wêreld deelneem? Beoefen Sy Kerk om te stem—om oor leerstellings te besluit, of raadslede, en leiers te kies? Word God se leiers deur mense se stemming verkies? Hier is die Bybel se lering oor stem duidelik gemaak!

 Taal Afrikaans Deutsch English Español Français Italiano Kiswahili Nederlands Polski Srpski 中文

Jesus Christus het ‘n boodskap oor regering gebring. Soos ‘n uitsaaier voor Sy tyd, het Hy oral waar Hy gegaan het, gepreek—het Hy die komende koninkryk van God aangekondig. Hy het verduidelik dat dit ‘n wêreld-regerende geestelike regering sou wees, wat al die regerings van mense sal vernietig en vervang.

U het moontlik aangeneem dat die regerings van moderne nasies oor die algemeen God se Weg weerkaats. Dit, is byna almal se aanname. Maar, terwyl dit ‘n feit is dat God nasies vestig en verwyder—asook leiers—is hierdie nie Sy wêreld nie! Dit is waarom Christus die koms van ‘n super regering voorspel, om die verwarde, kompeterende, onbekwame en ondoeltreffende regerings van mense wat so kragteloos is om enige van die wêreld se grootste probleme op te los, te vervang.

Hoe het dit gebeur dat die wêreld so is soos wat dit is? Hoekom is dit in ‘n staat van verwarring en onkunde? Hoekom kan regerings van mense nie met mekaar oor die weg kom nie—oorlog vermy—vrede en ooreenstemming vind nie? Hoekom sulke konstante onstabiliteit, skandale en onenigheid tussen leiers oral? Hoekom so baie begunstiging, vyandigheid tussen partye, etika skending, politiese arm draaiing en koukus groepe, binnegevegte, armsalige oordeel, korrupsie, omkopery, wanvoorstelling—en openlike leuens—in feitlik alle nasionale regerings? Hoekom is daar oënskynlik eindelose revolusies en militêre staatsgrepe? Hoekom nie ‘n tekorte van demagoë, diktators en opstandelinge wat altyd belowe om dinge beter te maak, maar sonder uitsondering erger probleme en toestande bring?

Kyk na die regerings van hierdie wêreld. Algemene gesproke is daar drie tipes vandag—monargieë, diktatorskappe en demokratiese.

Monargieë betrek adelstand—koningskap—waar bloedlyn die sleutel is vir opvolging tot mag. Deur die dood van ‘n koning of koningin, bestyg ‘n prins of prinses die troon. Hierdie siklus kan vir geslagte of baie eeue aanhou. Geskiedenis vertel dat monargieë byna altyd vervang word, of geweldadig of vreedsaam, en word die koning of koningin toegelaat om minimale mag te behou.

Diktatorskappe en totalariste regerings word gewoonlik geskep deur geweld—deur staatsgreep of revolusie. Dikwels is hulle van korte duur, met iets gelyksoortig wat hulle vervang.

Demokraties en Republiekeins word die beste beskryf as samewerkend, veteenwoordigend of parlamentaries, in dat amptenare en leiers verkies word om die “wil van die mense” te verteenwoordig. Dit het te make met ‘n stemmery of ballotasie proses in die keuse van een kandidaat bo verskeie ander. Hierdie vorm word algemeen beskou as die beste van mense se regerings. Tog, het die beroemde 20ste eeu Britse Eerste Minister, Winston Churchill, demokrasie “die ergste vorm van regering—behalwe vir al die ander”... genoem. Dit bied verbasende insig in hoe demokrasie werklik werk, van iemand wat ‘n voorkenner is.

Maar, so sleg as wat demokrasie mag wees, is dit waar dat dit ver beter as enige ander vorm van regering is—wanneer daardie regering in die hande van mense lê. Demokrasie probeer ten minste om meer individuele “vryhede” dan enige ander soort van menslik geskepte regering te verseker.

Op stuk van sake, egter, werk nie een van mens se regerings baie goed of vir baie lank nie.

Oorweeg, God roep nou mense wie burgers van verskillende nasies op Aarde is, en meeste wie die waarheid in hierdie tydperk leer, het die voorreg om onder die vryheid van ‘n demokrasie te lewe. Natuurlik het baie in die verkiesing van lokale, staat en provinsiale of nasionale leiers deelgeneem.

Tog, doem hierdie vraag op. Moet die nuwe Christen voortgaan om te stem en in die politiek van sy land deel te neem?

‘n Christen is iemand wie Jesus Christus volg—wie Hom namaak (I Pet. 2:21; Fil. 2:5). Weer, wat sou Christus doen indien Hy vandag op die Aarde sou wees? Sou HY in die regerings en politiek van mense deelneem? Wat leer die Bybel oor stemmery, om leiers te kies—of in nasionale regerings of in die keuring van kerk leiers in verskeie denominasies? En wat van die Kerk wat Jesus gebou het?

Christus sou nie stem nie, omrede Hy die oorsprong van die regerings van hierdie wêreld verstaan en wie agter hulle is.

Waar het die regerings van mense vandaan gekom? Hoe het hulle ontstaan? Wie is agter hulle? Hoekom is daar so baie onenigheid en kompetisie in die wêreld vandag? Is hierdie God se wêreld—wat Sy weg, Sy koers en leiding weerspieël?

Meeste teoloë, godsdiensyweraars, kerkmense aanvaar blindelings dat dit so is. Derhalwe, lei hulle af dat, soos hulle dit gewoonlik stel, “indien alle Christene in liefde en eenheid saamwerk, om hierdie wêreld en die se regerings ‘n veiliger en beter plek vir almal te maak [of vir demokrasie en vryheid, soos sommige aandik] kan ons vrede, blydskap en voorspoed vir almal bewerkstellig.” Baie glo, kinderlik dat indien hulle die “wêreld kan regmaak”—of dit selfs net te verbeter—kan hulle God se koninkryk op Aarde inlei. En selfs meer naief, is dat baie glo dat hulle regerings kan beïnvloed om meer goddelik te word.

Dit is natuurlik fantasie—heeltemal ‘n verkeerde beskouing en is nie wat God verwag of wil hê nie.

Nêrens het Jesus gesê, “Gaan die hele wêreld in en strewe om dit ‘n beter plek te maak deur deel daarvan te word nie.” Instede daarvan, het Hy gesê “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Mrk. 16:15).

Christus het nie gekom om hierdie wêreld reg of beter te maak nie. Hy het die koms van ‘n beter wêreld aangekondig, wat deur Sy regering moontlik gemaak sal word!

En die Bybel gee ook ‘n opdrag, “Daarom, gaan onder hulle [die wêreld] uit en sonder julle af, (II Kor. 6:17), en verder, pratende van die samelewing se Babiloniese wee, “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Opb. 18:4).

Wêreld straf lê net voor vir diegene wie God se duidelike Woord verwerp.

Hierdie wêreld is ‘n afgekeurde gebou, wat van die begin af op ‘n verkeerde fondament gebou was, sy swak onderstutte het tot die punt van ineensakking onder sy eie gewig afgeslyt. Dit sal binnekort gesloop word, weggeskraap en deur ‘n geweldige beter wêreld en regering vervang word—een wat oneindig beter dan die beste dele van mense se regerings wat saamgeflans was, is!

Blind, bedroë mense dink dat hulle die koninkryk van God deur menslike pogings kan vestig. Hulle sien bose magte aan die werk en voel verplig om “iets daaromtrent te doen”. Hulle aanvaar dat Jesus ‘n “aktivis” sou gewees het en gestrewe het om “die wêreld ‘n beter plek te maak.” Wees eerlik! Het u nie dit al talle male gehoor nie? Het u nie al gehoor dat kerke mense aanpor om “betrokke te raak” of “standpunt in te neem nie”–of iets dergeliks—om nasionale of wêreld probleme van een of ander soort te verbeter nie? (Lees ons boekie “Wat is die Koninkryk van God?)

Weer vra ons: Is hierdie God se wêreld? Wil HY hê dat Christene die “wêreld ‘n beter plek maak?

Die Groot Bedrieër

Die Bybel praat van Satan, “wat die hele wêreld verlei” (Opb. 12:9). Let op dit sê, “die hele wêreld”. Hierdie is ‘n doodhou verklaring—maar daar is dit in u Bybel!

Hoe kan die duiwel oor ses biljoen mense mislei? Werk hy hoofsaaklik deur menslike agente—of beïnvloed hy die wêreld op ‘n ander wyse? Belangrike vrae.

Hierdie selfde vers sluit af met, “hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Let op dat dit sê “sy engele.” Hierdie gevalle engele, word na verwys as demone. Watter rol, indien enige, het hierdie gevalle engele? Is hulle aan Satan ondersgeskik?

Laat ons vir nou op een aspek van enorme begrip binne hierdie gedeelte vestig.

Indien Satan die hele wêreld verlei het, hoe kan dit dan God se wêreld wees? Dit moet een of die ander wees! Aangesien die hele wêreld mislei is—is dit nie van God nie en is waarlik van Hom afgesny (Jes. 59:1-2), wat duidelik sal word.

Dink vir ‘n oomblik! Indien die duiwel verleiding dwarsdeur die wêreld beoefen, sal dit sekerlik invloed uitoefen op en kontrole hê oor, die menslik geskepte regerings van alle nasies.

Nou, indien u nie Openbaring 12:9 as openbaarde kennis van God aanvaar nie, is enige hoop om persoonlik van hierdie bedrog af los te breek verlore.

Die “god van hierdie wêreld”

Die Bybel verwys na die “god van hierdie wêreld”—en dit is nie die God van die hemel nie. II Korinthiërs 4:4 deel mee: “In wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie..., op hulle nie sou skyn nie.”

Daar is net een wese wie die wêreld vir die waarheid van die ware evangelie wil verblind—Satan die duiwel. Verstaan. Die ware evangelie is oor die geprofeteerde binnekort komende koninkryk van God—God se wêreld regerende regering. Ons boekie Watter Evangelie is die Ware Evangelie? verduidelik hoedat Christus terug gaan keer en God se koninkryk vestig, en sodoende die duiwel vervang. Dit is dus geensins vreemd dat Satan mense wil weerhou om die wonderlike evangelie te verstaan nie. Hy wil nie hê dat enige “lig” daarop skyn nie, wetende dat dit die tyd voorstel, wanneer hy van sy huidige posisie van wêreldwye invloed verdryf word.

Drie maal in die evangelie van Johannes, het Christus self na Satan verwys as “die owerste van hierdie wêreld.” Johannes 12:31: 16:11 en 14:30 maak duidelik dat “die owerste van die wêreld” in die toekoms geoordeel sal word, omdat, soos Christus in 14:30 sê, “die duiwel het aan My niks nie.” Neem tyd om hierdie verse te lees. Johannes 12:31 kom ooreen met die oordeel van hierdie wêreld met Satan se komende oordeel. Dit is omdat hierdie sy wêreld is!

Laat ons hierdie glashelder maak.

Matthéüs 4 bevat die welbekende weergawe van Christus se konfrontasie met die duiwel na Hy vir 40 dae gevas het. Die duiwel het herhaaldelik Christus versoek deur skrifgedeeltes te verdraai (een van sy gesogte maniere). By een punt, in verse 8 en 9, “Neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.” Die duiwel het vertrek.

Hierdie offer is meer ongewoon as wat ons sien! Hoekom? Neem kennis dat Jesus vir Satan berispe het (vers 10), deur Deuteronómium 6:13 aan te haal en geantwoord, “Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien.”

Maar let tog op! Op geen tydstip het Christus gesê: “Hierdie koninkryke is NIE joune om te gee nie” of “Wie dink u is u om vir MY dit wat alreeds God s’n is te offer.” Hy het geensins soiets gesê nie. Weer, Hoekom? Omdat Hy geweet het dat die regerings—die koninkryke—van hierdie wêreld—IS Satan s’n om te gee. Dientengevolge het Hy die voorwaardes verwerp om hierdie koninkryke te ontvang van die een wie die gesag gehad het om hulle te gee.

Verstaan ook hierdie! Hierdie weergawe verduidelik wat as die versoeking van Christus bekend staan. Dit is duidelik dat wat die duiwel aangebied het was om Hom te verlei. Indien beide Christus en Satan geweet het dat die koninkryke nie die duiwel s’n was om te gee nie, waar sou dan die versoeking wees? Ongetwyfeld het die duiwel geweet wat Christus weet. Natuurlik sou Christus wie God op aarde was geweet het wie die mag en gesag gehad het om hierdie koninkryke aan te bied. Die versoeking sou geen gewig gedra het—sou hol wees—indien mense se nasies en regerings nie die duiwel s’n was om aan te bied nie—indien hulle reeds aan Jesus behoort het.

Sodat daar absoluut geen twyfel sal wees dat dit waar is nie, neem keenis van dieselfde weergawe in Lukas 4:6. Die duiwel praat regstreeks met Christus. Lukas se weergawe voeg ‘n sleutel frase by wat u soos ‘n voorhamer sal tref. Satan het gesê, “Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.” Het u opgelet? Dit was heeltemal binne die bestek van die duiwel se mag en gesag om die koninkryke van hierdie wêreld aan te bied of te weerhou. Hulle was syne om te gee of nie te gee nie. God het hulle aan hom “oorgegee”—aan sy beheer!—en hulle is nog steeds syne.

Die wêreld se nasies en regerings “met al die glorie van hulle” is steeds onder die beheer van die “god van hierdie wêreld”—die “owerste van hierdie wêreld”!

Het u al ooit vantevore hierdie gehoor? Tog, is dit die duidelike waarheid vanuit u Bybel en dit het ‘n regstreekse verband oor hoekom die wêreld met oorweldigende probleme gevul is. Hierdie wêreld, met al sy maniere en sisteme, gelei deur die duiwel, het baie te doen of ‘n ware Christen in mens se verkiesings gaan deelneem of vir homself ‘n taak in enige van sy regerings wil bekom. (Lees ons boekie ‘n Wêreld in Gevangeskap en Het God Menslike Natuur geskep? om meer oor die duiwel se rol en invloed te leer).

Die Lewe van ‘n Demokrasie

Dit was gesê dat “alle demokrasies uiteindelik selfmoord pleeg.” Aangesien geskiedenis dit bevestig, wat is die lewens span van ‘n demokratiese gemeenskap? Hoelank sal dit eintlik duur voordat magte daarbinne dit omver gooi of dit laat inplof? Wat is die limiete daarvan waar dit nie kan oorlewe nie? Watter magte bedreig dit?

Die volgende aanhalings van baie bekende Amerikaanse patriote demonstreer die kort-lewens natuur van demokrasieë en hoekom dit so is. Wyse koning Salomo het geskryf dat “Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies” (Spr. 14:34). Indien ‘n demokrasie enige kans het om langer as normaal te oorleef, sal dit alleenlik in die karakter van sy burgers wees wat dit toelaat. Oorweeg hierdie verklarings in die lig van ernstige, vinnig-toenemende morele verval wat as die grootste bedreiging van die demokratiese nasies van die Weste opdoem.

“’n Demokrasie kan nie as ‘n permanete vorm van regering bestaan nie. Dit kan net bestaan totdat kiesers ontdek dat hulle vir hulleself ruimhartigheid vanuit die openbare skatkis kan stem. Vanaf daardie oomblik vorentoe, stem die meerderheid kiesers vir daardie kandidaat wat hulle die meeste nut vanuit die openbare skatkis belowe, met die gevolg dat ‘n demokrasie altyd meegee vanweë ‘n armsalige fiskale verantwoordelikheid, wat altyd deur ‘n diktatorskap gevolg word. Die gemiddelde van die wêreld se grootste beskawings voordat hulle kwyn is 200 jaar. Hierdie nasies het in hierdie volgorde gevorder: Vanaf (1) diensbaarheid tot geestelike geloof; vanaf (2) geestelike geloof tot aansienlike moed; vanaf (3) moed na vryheid; vanaf (4) vryheid na oorvloed; vanaf (5) oorvloed na baatsugtighed; vanaf (6) baatsugtigheid na selfbehae; vanaf (7) selfbehae na lusteloosheid; vanaf (8) lusteloosheid tot afhanklikheid; vanaf (9) afhanklikheid weer terug na diensbaarheid.”

-Alexander Tyler, in sy 1770 boek Cycle of Demcracy.

George Washington het na die Verenigde State verwys as “‘n groot proef.” In sy afskeids boodskap het hy gesê, “Van al die gemoedsgesteldheid en gewoontes wat na politiese voorspoed lei, is geloof en sedelikheid onmisbare ondersteuning.”

“Is daar geen deugsaamheid tussen ons nie? Indien daar nie is nie, is ons in ‘n benarde posisie. Geen teoretiese verfikasie nie—geen vorm van regering kan ons beveilig nie. Om te veronderstel dat enige vorm van regering vryheid sal verseker of blydskap sonder deugsaamheid in mense is ‘n denkbeeldige [illusie of verdigsel van die verstand] idee.” En “Demokrasies was nog altyd ‘n verspotlikheid van onstuimigheid en twis en so kort in hul lewes as wat hulle hewig in hulle dood was.”

-James Madison.

“Alleenlik ‘n deugsame mense is in staat tot vryheid.”

-Benjamin Franklin.

“Ons het ‘n geen regering gewapen met mag wat bekwaam is om met mense se hartstog wat ongebreidel is deur moraliteit en geloof te worstel nie. Gierigheid [magsug], ambisie, wraak of uitnemende dapperheid sal die sterkste koorde van ons konstitusie breek, soos ‘n walvis deur ‘n net gaan.”

-John Adams.

“Kan dit gedink word dat die vryhede van ‘n nasie verseker is, wanneer ons hulle vaste basis verwyder het” ‘n Oortuiging in die denke van die mense, dat hierdie vryhede ‘n gawe van God is? Dat hulle nie geskend word behalwe deur Sy toorn?”

-Thomas Jefferson.

“Mense word nie gestreel wanneer gewys word dat daar ‘n verskil van doel was tussen die Almagtige en hulle nie. Om dit te ontken, is in hierdie geval, om te ontken dat God die wêreld regeer.

-Abraham Lincoln, Maart 15, 1865, in ‘n brief aan Thurlow Weed
een maand voor sy sluipmoord.

Satan se Koninkryk is Beide Georganiseer en Verenig

Satan hou beheer oor alle regerings en nasies. Maar is sy eie regering, wat deur hom en sy demone gelei word, en oor menslike regerings gesag uitvoer, verenig? Is die duiwel self verenig? Laat toe dat Jesus hierdie vraag beantwoord.

Jesus en Sy dissipels moes dikwels duiwels uitwerp. Ek het dit by etlike geleenthede gedoen, en hulle kan baie intense, dramatiese ontmoetings wees. Dit is geensins aangenaam om daarna te kyk nie, en diegene wie dit sien is dikwels geskok vir wat hulle sien. Dit is dan duidelik dat ‘n intense mag teenwoordig is—beide in die demoon wie uitgewerp word en in God se groter krag wat nodig is om een uit te werp. Christus se aanklaers het duidelk gesien dat Hy deur regte mag ondersteun word! Nietemin, het hulle Hom in Matthéüs 12:24-26, verkla dat Hy die krag van die duiwel gebruik om demone uit te werp.

Hier is Christus se antwoord: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie” (vs. 25). Jesus het gesê dat Satan nooit demone sal uitwerp nie—daar hulle syne is! Om dit te doen sal sy eie koninkryk verdeel. Die duiwel het ‘n koninkryk. Siende dat sy koninkryk wel staan, is dit duidelik nie verdeel nie! En dit oortref die hele wêreld.

Onthou Openbaring 12:9. Dit het na Satan en “sy” demone verwys. Dit bedoel duidelik dat hulle syne is –hulle behoort aan hom—hy kontrolleer hulle.

Hier is die punt. Satan beheer nie net die koninkryke van hierdie wêreld deur sy krag en invloed nie, hy doen dit ook in ‘n onverdeelde, verenigde manier met die hulp van honderde miljoene demone (Opb. 5:11; 12:4).

‘n Werklike geestelike oorlog, wat drie weke geduur het, word in Daniël 10:13-21 beskryf! Mígael, een van die vernaamste vorste het met een wie die “vors van die koninkryk van die Perse” ‘n stryd gevoer en na ‘n ander komende stryd met ‘n vors wie genoem word “die vors van Griekeland” verwys. Artsengele –of enige engel—het nie 21 dae nodig om swak, klein, fisiese mense te verslaan nie. Die “vorste” met wie Mígael geworstel het was gevalle geeste wie nasies binne Satan se regerings strukture regeer het.

Verder verduidelik Efésiërs 6:12, hoedat Christene worstel “nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, [regte vertaling is hoë plekke] teen die bose geeste in die lug.” Dit word baie duidelik dat hierdie hoë plekke in die regerings of vorstedom van hierdie wêreld is!

Hierdie is nie God se wêreld nie! Dit behoort nou duidelik te wees dat die duiwel ‘n ontsaglike ryk van gevalle engele regeer. Saam mislei, verwar en oefen hulle verreikende invloed oor al die regerings en aktiwiteite op die aarde uit, insluitende die talle gelowe van mense. Verstaan. Hierdie regerings kan nie reg gemaak of verbeter word nie. Hulle moet deur God VERwyder word!

Tien Bybelse Bewyse Hoekom Christene Nie Stem Nie

Die volgende gedeelte dek tien aparte Bybelse Bewyse dat Christene nie stem nie. Elkeen vat ‘n prinsiep van die Bybel saam wat verduidelik hoekom Christene nooit in die regerings van hierdie wêreld deelneem—of in die verkiesing van leiers en leerstellings binne God se Kerk nie. ‘n Christen neem geensins deel in die demokratiese politiek van hierdie wêreld nie, maar hy sal ook nooit hierdie wêreld se politiek in God se Kerk inbring en dit probeer waarmerk met sy gesag nie. Soos wat u hierdie punte ondersoek, oorweeg waarom elkeen van hulle ‘n duidelike toepassing het, beide in die siviele regerings van mense en ook in die kerke van Satan, se wêreld. Dit sal ook duidelik word waarom daar nooit in God se Kerk stemmery plaasvind nie.

Bewys Nommer Een

Benjamin Franklin het eenmaal gesê, “...Hoe langer ek lewe, sien ek al meer afdoende bewyse van hierdie waarheid—dat God in die aangeleenthede van mense regeer, en as ‘n mossie nie grond toe kan val sonder Sy kennis nie, is dit dan moontlik dat ‘n ryk sonder Sy hulp kan ontstaan?” Hierdie stelling is meer waar as wat Franklin verstaan het. Hier is hoekom.

Bewys nommer een verteenwoordig ‘n sentrale Bybelse begrip wat min herken. Oorweeg hierdie vrae: Wie is agter die keuring van leiers oor die baie lande van die wêreld? Wie kies hulle eintlik? Is dit mense wie uiteindelik konings, presidente en eerste ministers kies, wie as die menslike leiers van nasies vandag ageer. Ons het gesien dat hierdie Satan se wêreld is, maar is dit die volle prentjie? Speel God ‘n GEEN rol in mense se aangeleenthede? Is daar meer om te verstaan?

Lees eers Daniel 4:17. Hierdie gedeelte is ‘n merkwaardige storie en verduidelik gedeeltelik waarom meer talentvolle mense meer dan ooit tevore die politiek verlaat. Dit bevat ‘n ongelooflike verklaring. Neem kennis: “Op ‘n besluit van die bodes berus die bevel, en ‘n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige [minderwaardigste] onder die mense daaroor aanstel” (Dan. 4:17). Die woord nederige beteken, “die bodem, onder.” Indien ‘n huis ‘n kelder het, is dit op die bodem of onder die huis.

Hierdie gedeelte van Daniël se profesie beskryf ‘n koning, Nebukadnésar, wie die grootste Heiden leier mag wees wat die wêreld ooit gesien het—die hoof van “goud” van die reuse beeld wat in hoofstuk 2 beskryf word. As gevolg van die belangrike rol wat hy in profesie gespeel het, deur die grootste ryk op aarde byna 2,600 jaar gelede te lei, het Nebukadnésar baie hoogmoedig geword. Neem kennis van sy woorde in vers 30: “Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?”

Hierdie wêreldse koning was beïndruk met sy eie prestasies en die grootsheid van die skouspelagtige antieke stad (en koninkryk) van Babilon waaroor hy regeer het. Die weergawe beskryf dat God hom verneder en gestraf het, deur vir hom die verstand van ‘n wilde dier vir ‘n periode van sewe jaar te gee.

Nebukadnésar was ‘n uitsondering tot die reël van Daniël 4:17—en daar is min uitsonderings wat God vir Sy eie redes lei. Dink aan Abraham Lincoln, George Washington en Winston Churchill. Maar Hy stel dit duidelik dat Hy die “minderwaardigste van mense” oor die regerings en nasies op aarde aanstel. Ook, sê Daniël 2:21, “[God] sit konings af en stel konings aan.”

Nou, tipies, wie soek mense om in’ n amp aan te stel wanneer hulle hulle stem in ‘n verkiesing uitbring. Hulle probeer verseker dat die “beste kandidaat” wen. Niemand stem vir ‘n kandidaat wie hulle dink die “slegste kandidaat” is nie. Maar indien ons veronderstel is om Daniël 4:17 glo, word hulle regstreeks in opposisie met God se doel gestel—wat is, die slegste, of minderwaardigste van mense wen! Die swakste, minderwaardigste, laagste mense is somtyds die wie deur God, vir Sy eie doel gebruik word, om in ‘n amp aan te stel. Hierdie gevolg is waarom gekwalifiseerde leiers soms kies om nie deel van ‘n stelsel te wees wat in hoofsaak deur sulke mense bestaan nie. Nebukadnésar wys dat God min uitsonderings maak—maar dit is Sy prerogatief nie ons s’n nie.

Dit is nie God se doel dat die “beter” mense wen nie. God besluit vooraf wie die wenners is. In die einde, het die “wil van die mense” geen mag of uitwerking nie, omdat God in beheer is van die uitslag van verkiesings.

Moet egter nie misverstaan nie. Die regerings van hierdie wêreld doen op een of ander manier nie God se wil, net omdat Hy hulle leiers kies nie. Baie leraars mis totaal die punt, deur te sê, “God werk in hierdie verkiesing en goeie Christene oral, indien ons die stemmery kan uitkry en goddelike mens in die amp aanstel.” Dit plaas hulle letterlik in die posisie om teen God se gestelde doel te veg. Hulle verstaan nie hoekom God sê dat die slegste mense verkies word nie. Net een rede waarom God ‘n wêreld wat Hom verwerp leiers gee wat hulle verdien. Baie gelowige leiers ignoreer hierdie vers, en glo dat dit hulle taak is om God se doel uit te werk. Hulle pogings probeeer eintlik om God se ware doel te oorheers.

God werk ‘n Meester Plan uit. Hy laat toe dat die mensdom uitvind dat hulle eie weë, regerings, gelowe, opvoedkundige sisteme, waardes en doele nie werk nie. God het reeds die leiers wie die beste werk om Sy grootplan van saligheid vir heel die mensdom, te verwesenlik uitgekies.

Hier is dit punt. U en ek weet nie wie God alreeds vooruit as die “wenner” uitgesoek het, wie Hy in die amp wil hê nie. Om vir iemand te stem anders as die vooraf–gekose wenner is om God se doel te beveg! Wat baie ernstig is—en die Bybel sê dat dit moontlik is om “teen God te veg.” (Hnd. 5:39)!

Verder, indien u soek om die beste man in ‘n verkiesing te soek, waar God reeds u vertel het dat Hy die “minderwaardigste” persoon gaan kies, ignoreer u regstreeks Sy doel en oorheers dit met u eie. God het reeds die wenner gekies. Christene weet dat hulle beter “uit die pad bly” nie die “stem uitkry nie”! God het nie ons hulp nodig om die een wie Hy gekies het te bevestig nie. Die “wil van die mense” het geen mag of uitwerking nie—want God bepaal die uitslag van verkiesings.

Bewys Nommer Twee

Bewys nommer twee het te make met ‘n beroemde “gesprek.” In Johannes 18, het Christus tereg gestaan voor Pontius Pilatus. In vers 33, het Pilatus vir Jesus gevra, “Is U die Koning van die Jode?” Die wisseling gaan aan totdat in vers 36 ‘n hoogtepunt bereik. Christus het besluit om wat ookal Pilatus of die Jode as Sy lot besluit het, nie teen te staaan nie. Hy het Pilatus se vraag beantwoord. Neem kennis van vers 36: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”

Verstaan u Christus se woorde? Hy het gesê dat Sy koninkryk (die Nuwe Testament terme vir regering) nie van hierdie wêreld is nie. Christene is DEEL van daardie regering—GOD se regering. Hulle wag op die koms van hierdie regering na die aarde toe. Ook, net gebaseer op hierdie vers (daar is baie ander), verduidelik Christus dat God se dienaars nie veg om Sy koninkryk te verdedig nie. Begryp hierdie. Siende dat Christus se dienaars selfs nie veg om Christus (God) se koninkryk te beskerm nie, sal hulle sekerlik dan nooit veg om enige koninkryk wat deur mense gelei word wat ‘n sogenaamde “regverdige oorlog” is, te verdedig nie!

Onthou dat Christus se koninkryk nie op aarde is nie—dit is van ‘n ander plek. Dit is nie die werk van Sy dienaars, deur deelname in mense se regerings of deur hulle oorloë te veg—wat die Bybel immers in baie skrifgedeeltes veroordeel—om sogenaamd die koninkryk van God te versprei nie. Dit het nog nie gekom nie. Aangesien God se koninkryk kom en sy hoofkwartier in die hemel is, sal Sy dienaars nie stem in, of nie vir mense se nasies en regerings veg nie. Verwant hiermee, aktivis kerke gemoeid in probeer om hierdie wêreld se regerings te oorreed wat nie deur Christus ondersteun word nie. Geen hoeveelheid menslike beredenering kan dit verwesenlik nie.

So, die tweede bewys dat Christene nie stem nie, is omrede hulle deel is van’ n ander koninkryk wat nie van hierdie wêreld is nie. In Matthéüs 6:9-10 het Christus hulle gesê om gereeld te bid, “Laat u koninkryk kom” omdat Sy volgelinge dien en vorentoe kyk na daardie koninkryk, wat nou net voorlê. Dit kom net met Christus se Wederkoms.

Bewys Nommer Drie

Bewys drie bou op nommer een en versterk eintlik daardie punt. Ons sal dit met die volgende sewe punte sien, soos wat hulle met mekaar in rede twee in verband staan. Lees eers Filippense 3:20, wat verklaar, “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus.”

Hierdie is ‘n fasinerende gedeelte. Dit verklaar duidelik dat ‘n Christen se “burgerskap” in die hemel is—nie op Aarde nie. Natuurlik is alle ware Christene ook burgers van ten minste een land op Aarde (daar is sommige wat dubbel burgerreg het), maar dit is nie hulle primêre burgerreg nie.

Hierdie vers verduidelik Hoekom Christus gesê het, “My koninkryk is nie VAN hierdie wêreld nie.” Dit is van ‘n ander plek—hemel! Hierdie vers is ‘n aanvulling van Johannes 18:36! Menslike leiers kom vanaf ‘n sekere stad, staat of provinsie van die land wat hulle verteenwoordig. Net so ook Christus, Hy kom van die hemel.

Die Griekse woord vir bugerskap is politeuma. Politiek kom van hierdie woord! Christene het ‘n “politieke agenda,” maar dit is nie van hierdie wêreld nie. Politeuma kan ook tegnies in ‘n ander manier vertolk word. Dit kan “dorpsmens” beteken. Dit is ook reg om te sê dat burgers van mense se regerings dorpsmense is—van besonder dorpe op aarde.

Die woord polisie kom van politeuma af, net so ook polis en stem. Dit is nie moeilik om verstaan hoe polisie, polisse en stem op een en ander manier met politiek verbind is nie. Selfs die groot stede van Idianapolis en Minneapolis het hulle name van politeuma ontleen. Hulle is groot dorpe met baie bugers. Minnea(polis) beteken die hoofstad van Minnesota en Indiana(polis) beteken die hoofstad van Indiana. Geheime word dikwels weggestroop wanneer woorde na hulle basies betekenis afgebreek word. Die wortel betekenis van politeuma bevat ‘n belangrike les vir Christene ten opsigte van waar—en deur wie—hulle politiek regeer word.

Beoefen God se mense politiek? Ja in ‘n sin! Christene het ‘n “politieke agenda,” maar nie van hierdie wêreld nie of in enige regering binne dit nie. Ek sal vir u sê dat ek baie diep politiese oortuigings het.

Dit gesê, is God polities? Die antwoord is ‘n besliste JA! Maar Sy politiek is nie van hierdie gemeenskap—mense se beskawing van nasies en regerings nie. Hy het Sy eie siening oor regering, Sy eie siening oor politiek. Natuurlik, terwyl nie van hierdie wêreld nie, het God ‘n regering.

Bewys Nommer Vier

Bewys Vier kom van II Korinthiërs 5:20: “Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

Ek het Ambassador College te Pasadena, vanaf 1967 tot 1971 bygewoon, om vir die bediening voorberei en opgelei te word. Hierdie was een van drie kolleges wat deur die Worldwide Church of God, onder leierskap van Herbert W. Armstrong begin en geborg was. Meneer Armstrong het II Korinthiërs 5:20 gesien en op hierdie naam besluit, en herken dat dit die Ambassador Kollege se studente wie se doel dit was om gesante te word, die beste reflekteer.

Diegene wie aanvaar was, moes regtig weet hoekom hulle wou bywoon. Wanneer hulle aangekom het was hulle geleer wat dit beteken om ‘n Gesant te wees. Ek was gedurende die tyd wat ek bygewoon het, vertel, dat ek in opleiding was om die amp moontlik ten behoewe van die Kerk te hou. Hoë standaarde was hoog gestel om hoë standaarde te verkry. Hierdie standaarde het alle fasette van studente lewe geraak: Studies, finansies, gesondheid, voorkoms, werk, atletiek, hofmaakery en geestelike groei. Almal wie nie gestrewe het om dit te bereik nie, het doodeenvoudig net nie ‘n “Gesant” van Ambassador College gebly nie.

Die Griekse woord vir “Ambassadeur”—presbeuo—is ook interessant. Terwyl dit gesant beteken, kom die woord president van dit, so ook Presbyterian. Die mees letterlike betekenis van presbeuo is “verteenwoordiger.” In die Verenigde State het ons die Huis van Verteenwoordigers met 435 lede. Tesame met die Senaat se 100 lede, vorm hierdie die Kongres van 535 gekose verteenwoordigers van die mense. Hierdie verkose amptenare is verantwoordbaar en is veronderstel om sogenaamd die mense wie hulle na Kongres gestuur het te verteenwoodig. Alle demokratiese regerings, waarin die mense hulle verteenwoordigers kies, werk dieselfde.

Dit is dieselfde met Christene, wie Ambassadeurs, of verteenwoordigers, van Jesus Christus is. In ‘n sin kan dit gesê word dat ek ‘n “Verteenwoordiger Kollege” bygewoon het, daar ek opleiding ontvang het om Sy verteenwoordiger te word.

Oorweeg hoekom die leier van ‘n land somtyds die titel van President het. Dit is omdat hy die hoogste verteenwoordiger van die mense is.

Die hoogste amp in ‘n land kan net so maklik die titel van Verteenwoordiger dra. Net so maklik kan die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers die naam van Huis van Presidente dra. Hierdie woorde is wisselbaar. ‘n President is ‘n verteenwoordiger en ‘n verteenwoordiger is ‘n president, maar mense het tussen hulle onderskei deur twee verskillende woorde te kies wat presies dieselfde beteken! Beide kom van presbeuo—en beide beteken gesante. Diegene wie gesante vir Christus is, is gesante–of verteenwoordigers—in ‘n vreemde land. Dit het implikasies.

Enige nasie se gesant weet, dat as gesant vir, bv. Rusland, Sjina of Libanon, of enige ander land mag hy nie in die politiek van daardie land deel neem nie, omdat hy ‘n burger van ‘n verkillende nasie is. Hy neem deel in die politiek van daardie land—die land wie hy verteenwoordig. Hy mag ook nie veg vir die land waarheen hy gestuur is nie. Indien hy enige van hierdie twee—onder enige omstandighede doen—verloor hy sy burgerskap tuis. Hy word in werklikheid as ‘n verraaier beskou.

Natuurlik, ontvang alle gesante ‘n sekere “diplomatieke immuniteit.” Hierdie wetlike term word wêreldwyd verstaan en beoefen. Een rede hoekom hierdie praktyk ontwikkel het, was omrede gesante kon gearesteer word en op vals aanklagte verhoor word. Wat beteken het dat niemand so ‘n aanstelling na lande waar die regering korrup is, op omkopery fungeer, persoonlike gunste en gawes uitgedeel word, nepotisme en woekerende ongeregtigheid die orde van die dag is, sou aanvaar nie.

Hier is wat almal moet verstaan, maar die meeste doen nie. Gesante van Christus druk hulleself nie in,of raak betrokke in enige sosiale, politiese, of kuturele agendas van hulle gasheer land nie. Hulle verteenwoordig God se wette, weë, waardes, waarhede, regering en doelwitte. Christus—die werklikes—is gesante van ‘n ander, verskillende regering!

Alle Christene geniet die duidelike voordele in die land van hulle geboorte. Hulle het sekere vrystellings en voorregte om die land te geniet waarheen God hulle as gesante “toewys”—terwyl hulle steeds hulle werklike regering wat vreemd is tot waar hulle woon, verteenwoordig.

As gesante van God se koninkryk, mag God se mense nie in mense se sisteme of regering—geensins deelneem nie. Hulle burgerskap is afkomstig—en word—deur ‘n veskillende gesag gehou—HEMEL!

Ambassadeurs vir ‘n Ander Regering

Die uiteindelike voorland van Christene is om konings en priesters te word, saam met Christus in die koninkryk van God te regeer (Opb. 5:10). Maar elke Christen het ‘n belangrike diplomatiese werk hier en nou. God se mense verteenwoordig ‘n vreemde regering, omdat, soos Paulus verklaar het, “Want ons burgerskap is in die hemele” (Fil. 3:20).

Ambassadeurs is kritiese aanstellings, wat alleenlik aan diegene toegeken word wie behoorlik die ideale, wette mense, kulture, regerings beleid en politiese idiologieë en belange van die land waar die ambassadeur burgerskap het, van toepassing is. Hulle moet ook goeie oordeel hê. Indien ‘n ambassasdeer faal om al hierdie standaarde te handhaaf, kan hy homself diskwalifiseer om sy land te verteenwoordig—en van sy pos terug geroep word.

As gesante vir God se toekomstige regering, moet Christene Sy weg—Sy “heilige nasie” (I Pet. 2:9) as voorbeeld dien. Hulle moet die vrede, orde, liefde en oorvloedige blydskap wat inherent in die geestelike regering aan wie hulle hulle ware trou skuld, verteenwoordig. Hulle is, in Christus se woorde, ligte in die wêreld (Mat. 5:14-16). En die Vader van ligte (Jak. 1:17) sal nie Sy kinders toelaat (Gal. 3:26) om hulle goeie voorbeelde “onder ‘n maatemmer” te versteek nie.

In die egte sin, is ware Christene “bo-op ‘n berg” vir almal om te sien, net soos wat lig die omliggende donkerte deurpriem, sodat mense kan sien waarheen om te gaan.

Het u kennis geneem dat mense ‘n manier het om enige iemand wie hulle ontmoet of enige idee waarmee hulle in kontak kom dadelik te klassifiseer? Indien u iemand van die suidelike Verenigde State sou ontmoet, pas u outomaties die persoon in die beeld wat u van die Suide het in, alhoewel u miskien nog nooit daar was nie. U mag van ‘n Konfederale vlag, ‘n stoomboot, die Atlanta Falcons se voetbal span, warm, klam hitte of “Suidelike gasvryheid” dink. U plaas die persoon in ‘n skere “plek” in u gedagte.

Indien iemand ‘n Cadillac sou bestuur, beteken dit ‘n sekere iets vir die meeste mense. Deur ‘n Volkswagen te bestuur kommunikeer dit ‘n verskillende beeld. Almal weet dat besigheidsmense ‘n sekere manier aantrek. Dokters, polisie, bouers en altlete beteken ook verskillende geestelike beelde. Selfs net die manier van hoe ‘n persoon voorkom, kan die indruk skep dat hy verwaand, vefynd, skaam, selfversekerd of ontspanne is.

Natuurlik word mense baie kere verkeerdelik gekategoriseer, ooreenkomstig hulle geloof, velkleur, politieke voorkeur, maniere, vriende, sport waarvan hulle hou, boeke wat hulle lees, grappe wat hulle vertel, vermaak wat hulle verkies, of selfs die hond wat hulle besit. Iemand se politieke voorkeur vertel sy eie storie aan warnemers.

Hier is wat hierdie beteken om ‘n Christen ambassadeur te wees. Mense analiseer u elke woord en daad. Daarom moet u ‘n voorbeeld daarstel wat u onmiskenbaar identifiseer vir wat u is en wie u verteenwordig!

God het bedoel dat antieke Israel so ‘n egte voorbeeld in hulle gehoorsaamheid tot Hom moes wees, sodat die omliggende Heiden nasies nie kan verhelp om kennis te neem van hoe hulle ook deur God bedoel was om te lewe (Deut. 4:4-8).

Ongelukkig, wys die Bybel dat dit nooit gebeur het nie. Israel het volkome in hulle kommissie gefaal! Feit is, dat hulle so misrabelik gefaal het, dat in die Nuwe Testament, Paulus dikwels na Israel se voorbeeld verwys het om te wys hoe om NIE hulleself te gedra nie (I Kor. 10:6). Hoe baie beter sou dit nie gewees het indien Israel ‘n geskrewe positiewe, regverdige weergawe vir ander om na te volg geskryf het!

Een helder punt in hulle geskiedenis was Koning Salomo se vroeë voorbeeld van wysheid en begrip, wat so wyd versprei het dat die Koningin van Skeba dit nie kon glo nie. Sy het besluit om vir haarself vas te stel (I Kon. 10:1-10) en gevind dat sy heeltemal letterlik “nie helfte daarna gehoor het nie” (vers 7). Salomo moes sekerlik ‘n wonderlike voorbeeld daargestel het. Maar, alhoewel hy ‘n Koning was, was hy steeds net een man. Wat as die hele nasie so wys en regverdig soos Salomo gewees het? Dit sou ‘n veel groter impak op Israel se bure gehad het.

Die vroeë Kerk het ook ‘n moeilike tyd gehad om die regte lig te genereer. Paulus moes seker ook groot geduld gehad het soos wat hy met Korinte se gemeente gehandel het. Hy het baie aan hulle te sê gehad oor hulle verkeerde optrede, hy verduidelik, “...Ons tree dan op as gesante van Christus” (II Kor. 5:20). Dit verwysing was nie tot die bediening en apostels alleen nie, alhewel hierdie gesante in die mees regstreekse sin was. Hy het gestreef om die belangrikheid aan Korinte die voorbeelde wat ons almal stel te beklemtoon (vers 10) en het verklaar dat, “...as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel” (vers 17). (Almal wie “nuwe skepsels” is het ‘n ambassadeurs aanstelling—‘n baie hoë amp, wat enorme verantwoordelikheid dra om God se regering te verteenwoordig.

Paulus het die Filippense opdrag gegee om, “Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus” (Fil. 1:27). Die evangelie is die van God se komende regering. Is u gedrag “waardig” vir daardie regering, of giet u ‘n slegte lig daarop? Is u ‘n onwaardige verteenwoordiger?

In Mnr. Armstrong se later jare, gedurende die tydperk wat hy gereeld uitlands gereis het en wêreld leiers ontmoet het, het hy na homself as “‘n Ambassadeur sonder portefeulje” verwys. Hy het altyd gestreef om as sulks te gedra, en ten volle herken het dat hy ‘n “buitelandse” regering verteenwoordig. Hy het verstaan dat daar geen manier was om daardie leiers en ander te ontsnap wie die Worldwide Church of God deur die boodskap en optrede van sy verteenwoordiger–Herbert W Armstrong sou evauleer nie!

Neem kennis van Paulus se opdrag aan die Kolossense: “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord” (4:5-6).

Mense buite die Kerk behoort nie u wysheid soos Salomo sin, te mis nie, alhoewel tot ‘n mindere mate behoort dit as ongewoon voor te kom. Onthou dat God het wat “dwaas is by die wêreld” uit gekies om die “wyse te beskaam” (I Kor. 1:26-31). Christene moet in wysheid, oordeelkundigheid, takt en diplomasie groei, om in staat te wees om hulle “geloofsbriewe” as gesante te behou.

I Korinthiërs 6:2 wys dat die heiliges eendag die wêreld sal oordeel. Indien daardie dag nou hier is, en al daardie wat vir u in hierdie lewe geken het, u as ‘n lid van die regerende God Familie kan sien, wat sal hulle reaksie wees. Sal hulle u uistaande voorbeeld onthou— u tuiste, familie, omgewing of werk en dit maklik vind om te aanvaar? Of sal hulle ineensak met skok dat u dit in God se koninkryk in kon maak?

Sal hulle onthou hoe hulle gehoor het hoe u en u maat balei het? Sal hulle die oneerbiedigheid, vuiltaal en onversorgde voorkoms van u of u kinders herroep. Sal ‘n beeld van ‘n onversorgde tuin of gewaagde grappe inherinnering kom. Sal hulle u onvriendelike, geheimsinnige manier, u ongeverfde huis, u swak werks verslag—en so aan en aan onthou?

Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in “genade by God en die mense” (Luk. 2:52). In hierdie manier het Hy ‘n voorbeeld vir Sy navolgers gestel (I Pet. 2:21). Is u “aanvallig” met beide God en mense? ‘n Man of vrou kan deur God gebruik word om sy of haar maat net deur gedrag te bekeer (I Pet. 3:1), sonder die “Woord,” die Bybel. Neem tyd om hierdie skrifgedeelte te lees.

Mense behoort kennis te neem dat as regstreekse gevolge van u geloof, u gedrag van die gewone man verskillend is (I Pet. 4:4). Oortuig u voorbeeld hulle? Dit was reeds gesê dat u mag die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit lees. Kan mense u duidelik “lees”? “Onthou” u uself “selfs van elke vorm van kwaad” (I Thes. 5:22)?

Geen dwaling of fout kon in die profeet Daniël gevind word nie (Dan. 6:4). Sy optrede was in alle opsigte uitstaande, sodat ‘n groep van slu, vleeslik gesinde politiekusse niks kon vind waarvoor hulle hom kon beskuldig nie—tensy dit “oor die wet van sy God was” (vers 5). Dink! Hy het nie ‘n enkele ding gedoen waaroor hulle hom kon aanval nie—niks nie!

Dit is wat dit beteken om die lig van die wêreld te wees. Dit is wat dit beteken om ‘n ambassadeur vir Christus en ‘n lid van die ware Kerk van God in ‘n wêreld wat dag vir dag al donkerder word te wees!

Bewys Nommer Vyf

Bewys Vyf vat die vorige drie Bewyse saam dat Christene nie stem nie. Neem kennis van Matthéüs 6:24: “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Geen mens kan gelyke trou, of lojaliteit, aan twee verskillende here van enige soort gee nie. Jesus het eintlik geleer hoe om God te soek en terselfdertyd oor die versameling van geld (mammon) gepraat. Uiteindelik, kry die een voorrang bo die ander en heers oor ‘n persoon se denke. Christene moet aan die hemelse regering wat hulle as ambassadeurs van Christus verteenwoordig geheel en al lojaal wees. Soos met ambassadeurs van wêreldse nasies, mag hulle nie in die politiek van enige land anders as hulle eie deelneem nie. In die groot wêreld, kan dit veroorsaak dat skenders hiervan hul regte op burgerskap mag verloor en met Christene is dit dieselfde!

Handelinge 5:29 verduidelik dat God se dienaars in alle omstandighede waar die twee met mekaar bots “.. God...eerder as mense gehoorsaam moet word.” Verstaan hierdie. Indien iemand ‘n burger van ‘n regering is wat in die hemel wag om Aarde toe te kom om alle nasies te vervang, kan hy nie met sy voete in twee teenoormekaarstaande regerings—God en mens s’n, rus nie!

Bewys Nommer Ses

Bewys Ses word op God se siening oor verdeling en onenigheid tussen mense gebasseer. Hy wil hê dat mense in eenheid en harmonie met mekaar moet lewe. Neem kennis van Psalm 133:1: “Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!” Dit is ‘n wonderlike ding wanneer mense met mekaar oor die weg kom—wanneer hulle saamstem. God haat verdeeldheid en tweedrag. Neem kennis van hierdie kragtige vers: “En ek vermaan [bedoelende “neem kennis van] julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle” (Rom. 16:17). Hier is nog ‘n kragtige skrifgedeelte: “Hierdie dinge haat die HERE,... tussen broers tweedrag saai” (Spr. 6:16, 19).

Betrokkenheid in politiek sal tweedrag en aanstoot in die Kerk inbring! Hoe?

Daar was gesê dat daar twee dinge is wat nooit bespreek mag word nie—nie eens daaroor dink om—geloof en politiek, te debatteer nie! Hoe waar. God se mense druk nooit vir Jesus en Sy leringe—in politiek en geloof—aan mense op nie. Min dinge is erger, en Christus het dit veroordeel. Skending van hierdie beginsel lei sonder uitsondering tot geredekawel, twis, stryd en selfs oorlog. Ons het geleer dat Satan se wêreld afgesny van (Jes, 59:1- 2; Jer. 5:25) God is, wie die weg na vrede, harmonie en eenheid leer. So, nadat ‘n argument ten opsigte van geloof of politiek ontwikkel het, kan daar geen beslissing, geen eenheid wees nie, behalwe deur die bespreking te beëindig.

Wat as die broeders in God se Kerk in wêreld se verkiesings sou deelneem? Twee dinge kan gebeur—een sleg en die ander nog slegter. Daar is ‘n geringe moontlikheid dat almal vir dieselfde persoon sou stem. (Wat ook nog slegter sal wees, aangesien dit nie die persoon is wie God wou hê nie.)

Nog erger, die oomblik wat stemmery in God se Kerk beoefen word, word verdeeldheid ingevoer. Amos 3:3 vra, “Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?” Gou genoeg, leer die meeste mense dat die pynlike antwoord op hierdie vraag Nee is! Die politieke meningsverskil wat onenigheid veroorsaak en uiteindelik lande, state, stede, gebuurtes en families skeur—skeur ook gemeentes en kerke!

Paulus het gevra, “Is Christus verdeel?” Die duidelike antwoord is nee! Christus is NIE verdeel nie en Sy Kerk ook nie (I Kor. 1:10. 13). Ons het gesien dat Christus ook gesê het, “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?” (Mat. 12:25-26). Dit is belangwekkend dat selfs die duiwel hierdie kon uitsyfer. Hy herken as leier van ‘n ontsaglike koninkryk van gevalle geeste (demone) dat hy nie kan toelaat dat sy koninkryk in kampe gepolariseerd word nie.

‘n Professionele voetbal span kan nie verdeel wees en verwag om die Super Rugby wedstryd te wen nie. ‘n Bofbal span kan nie deur tweedrag geskeur wees en verwag om die Wêreld Reeks te wen nie—of ‘n professionele hokkiespan die Stanley Baker nie. Alle verdeelde families sal uiteindelik uitmekaar gaan. Dieslfde is waar van lande. Die Kerk van God kan beswaarlik verskillend wees. Christus sal nie sê dat alle ander organisasies of liggame kan nie verdeeld wees en oorleef nie, terwyl die belangrikste een wat Hy rig—Sy Kerk—‘n uitsondering is nie. Christus sal nooit Sy Kerk van hierdie beginsel vrystel nie. Dit moet die toppunt van eenheid en harmonie wees! Dit is ook eenrede waarom Hy gesê het, “Die poorte van die doderyk” (Mat. 16:18) kan nooit oor die Kerk heers nie.

Het u al gewonder hoekom die kerke van hierdie wêreld so baie is—so verdeeld—en waarom hulle met ander vir lede kompeteer? Dit is omdat hulle nie oor leerstellings of administrasie kan saamstem nie. Mense moet SAAMSTEM of daar sal tweespalt in elke poging wees. Politiek is nie verskillend nie, en die enigste politiek wat God se dienaars in moet deelneem is God se politiek!

Indien stemmery beoefen word deur, of in die Kerk in gevoer word, sal dit skeur—en God haat onenigheid (verdeeldheid)!

Bewys Nommer Sewe

Bewys sewe spreek die stelsel wat ware Christene ten alle koste moet vermy aan. Ons het vroeër gelees dat pratende van die stelsel van geestelike, politieke “Babilon,” gee Openbaring 18:4 regstreeks instruksies aan God se mense: “En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.” Onthou ook dat Hy beveel, “Daarom, gaan onder hulle [die wêreld] uit en sonder julle af” (II Kor. 6:17). Babilon beteken verwarring. Die ware dienaars van God het uit hierdie wêreld gekom, die Babiloniese gelowe, regerings en maniere—hulle het die leringe daarvan, verdeeldheid, twis, en verwarring agtergelaat (I Kor. 14:33)!

Laat ons verstaan!

In Johannes 17:15-17, toe die Pasga op die laaste aand voordat Hy gekruisig is, gehou was, het Christus ‘n sentrale geestelike beginsel aan Sy dissipels ontleen, deur te bid, “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.”

‘n Christen glo en volg die waarheid—die hele waarheid en niks anders as die waarheid van God se Woord nie—en nie mense se idees daaroor nie! Dit stel hom apart (“heilig” hom) van almal rondom hom. Hy is nie VAN hierdie wêreld en dié se weë, maniere, gelowe en tradisies nie. Hy het daaruit gekom, en die waardes daarvan, idees en persoonlike filosofieë agtergelaat. Sodoende sal hy nooit soek of as kandidaat stel vir enige politike amp daarin nie.

Begryplikerwys kan ‘n Christen nie op Mars of in ‘n grot lewe nie. Hy kan nie die planeet verlaat of as ‘n kluisenaar op ‘n bergkruin lewe nie, sodat hy nie “van” die wêreld is nie. Sommige gelowige dwepers misverstaan Christus se woorde en lewe in kloosters of wyk weg om kontak met mense te vermy. Natuurlik het Christus dit nie gedoen nie. Hy het nie bedoel om uit die fisiese wêreld tekom nie, eerder uit sy sisteme van regerings en gelowe. Christene beoefen en glo die waarheid (Joh. 17:17) —nie gewilde idees nie!

Ons mag vra wat as ‘n ongewone vraag mag voorkom. Maar vir die toekoms is die implikasies baie wesenlik. Wat indien Christene in Europa stem terwyl die finale dier van Openbaring 17 herrys? Hierdie groot militêre, politieke, ekomomiese, gelowige mag is geprofeteer om binnekort te verskyn—en is alreeds opkomend! Deur te stem, sal Christene letterlik meedoen in die vestiging van die finale wêreld-dominerende valse regering wat voorspel is om die wêreld te mislei en teen Jesus Christus by Sy Wederkoms te veg!

Dink! Vra uself af of God sal wil hê dat Sy dienaars in die herrysing van hierdie bose, valse, gelowige, siviele regering meedoen. God het hoogs waarskynlik reeds besluit wie die finale dier gaan wees—en, geen twyfel nie, ook wie die tien konings wat hom mag gaan gee is. Sal God Sy dienaars in Europa vertel om uit Babilon te kom, en terselfdertyd hulle toelaat om in die einste stelsel—wat nog steeds demokraties vandag is—mee te doen—wat uiteindelik die super diktator wie dit sal lei, kies?

Natuurlik nie!

Bewys Nommer Agt

Bewys agt het betrekking tot die vrugte—die by produk—van enige stelsel of leier. In Matthéüs 7:16, het Christus verklaar, “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” Hy het dit in vers 20 herhaal, “So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.” Matthéüs 12:33 sê, “...want aan die [sy] vrugte word die boom geken.” Hierdie verse praat hoofaaklik oor leiers, maar die beginsel het ‘n breër toepassing.

Laat ons die vrugrte van die “boom” wat politiek genoem word, stemmery en demokrasie ondersoek, wat op die gees van kompetisie tussen politieke partye gebasseer is. Elke party poog om voordeel oor die ander party te behaal en sal selfs goeie programme ondergrawe indien dit hulle steenstaanders in ‘n slegte lig sal stel. Gedurende die politieke proses wat ‘n verkiesing voorafgaan (wat somtyds as die “verkiesings jaar politiek”) verwys word, sal die uitdager onder alle omstandighede die ampsbekleër oor feitlik elke kwessie teenwerk, om homself as anders in die beste lig voor te stel, om verkies te word. Met tyd, het dit ‘n verwoestende uitwerking op die eenheid van ‘n land wat veronderstel is om agter hul regering te staan. Dit verdeel die burgery van enige nasie openlik—en somtyds bitterlik.

Demokrasie is die vorm van regering in drie vierdes van die wêreld se nasies. Dink net aan sommige van die vrugte: begunstiging, eindelose debatte en argumente, omkopery, magsug, korrupsie, leuens en bedrog, skandale en toesmeerdery, gierigheid, uitbuiting, ontwykingsaksie en manipulasie, aggressie, onverbiddelike beskuldigings, onbekwaamheid, ydelheid, beslissings gebasseer op stemmery, kieser apatie, twis en rugsteekery. Onthou dat Winston Churchill gesê het dat demokrasie beter is as alle ander vorme van menslike regering! Demokratiese politiek is vol oneingheid en meningsverskil, oor feitlik elke kwessie wat enige gemeenskap in die gesig mag staar. (Lees ons boekie Hoekom Mens Nie Sy Probleme Kan Oplos Nie. Dit verduidelik hoekom mens en sy regerings in die deurmekaarspul is wat hulle is—en waarom hulle net sal vereger.)

Die vrugte van die demokratiese weg is chaos! Onthou dat nasionale regerings deur die god van hierdie wêreld en sy “bose geeste in die lug” gelei word (Efs. 6:12). Hierdie bose geeste sit by die regte versneller agter al die sigbare regerings van nasies. Die Grieke was baie meer reg as wat hulle geweet het.

Geen Christen kan in so ‘n stelsel deelneem nie!

Bewys Nommer Nege

Bewys nege is kort en eenvoudig—en maklik om te verstaan. Bestudeer die Bybel van Genesis tot Openbaring en u sal nêrens ‘n enkele geval vind waar stemming van enige soort plaasgevind het met die verkiesing van ‘n leier nie. Nêrens in die Bybel kan u vind waar mense Nuwe Testament leraars of Ou Testament priesters kies nie—en die Bybel is die patroon wat Christene veronderstel is om in alle sake te volg. Hulle moet “van elke woord wat deur die mond van God uitgaan lewe” (Mat. 4:4; Luk. 4:4). God se Woord magtig of sinspeel geensins enige patroon van ‘n verkiesing nie.

Bewys Nommer Tien

Laaste, bewys nommer tien verlang oorweging. Sommige kandidate vir ‘n amp verlang om ‘n burgemeester—ander ‘n kongreslid—ander ‘n goewerneur, regter of senator te wees—of selfs ‘n president of eerste minister. Vra: Wat sê elke politieke kandidaat nou eintlik, tussen die lyne, wanneer hy vir ‘n besondere pos wat hy verlang om te hê, homself aanbied? Wat sê so ‘n persoon van sy kwalifikasies?

Konsentreer op ‘n goewerneur of president—of miskien die burgemeester van ‘n stad met miljoene inwoners. Wanneer ‘n persoon ‘n magtige pos verlang, sê daardie persoon dat hy in werklikheid, gekwalifiseerd is, om as ‘n kragtige leier oorweeg te word. So ‘n persoon soek daadwerklik om homself, na ‘n posisie van groot gesag te verhoog. Hy verklaar dat hy genoeg intelligensie, talente, gekwalifiseerd, geleerd, ervare en wys is om met so ‘n hoë pos van verantwoordlikheid toevertrou te word. Natuurlik stel niemand dit so nie, maar dit is presies wat ‘n kandidaat verklaar, of hy eerlik of nie is om dit te erken nie. Hy verklaar eintlik dat hy net soos Nebukadnésar in Daniël 4:30, ‘n vermoeënde man, ‘n groot leier is en die massa kiesers moet aan hom die GROOT MAG gee! Kiesers help regstreeks sulke magsugtiges, ekkerige egoïste in hul klim na mag.

Hier is God se perspektief. Jesus het gesê, “Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word” (Luk. 14:11). Etlike hoofstukke later, in 18:14, het Hy feitlik presies dieselfde ding herhaal. Een kyk na die gierige grypende demagoë wie moderne politiekusse met hulle toegewende teaterstyl wat ontwerp is om op die gemoedere van mense te speel—wat ook net so waar is van geloofs leiers—en u sal sien dat Jesus die korrupte natuur van self-verheffing verstaan het! Hy sien deur die masker van onegte belang vir die mense wie se stemme hierdie “leiers” moet kry om die MAG wat hulle najaag te ontvang.

Sommige mag na Josef en Daniël kyk en beweer dat hulle na die hoë posisies wat hulle beklee het, gesoek het. Nietemin, versigtige lees van die weergawes in Genesis en Daniël openbaar dat hulle in hulle posisies aangestel was (Gen. 39:4; 41:39-44; Dan. 1:5; 2:48). Daar is geen bewyse dat hierdie manne, in albei gevalle, ooit die hoë poste waarin hulle gedien het, gesoek het nie. Dit is ‘n feit dat Josef voordat hy hierdie nuwe verantwoordelikhede gegee was, in die tronk was en beslis nie in staat om ‘n amp in die regering te kry nie. Hierdie manne was na hoër vlakke van diens verhoog, hulle het nie hullself verhoog nie.

Christene moet hulleself nou, in hierdie lewe verootmoedig (Mat. 18:1-4; Jak. 4:10; I Pet. 5:5-6, Miga 6:8). Dit sal toelaat dat God hulle later in Sy koninkryk sal verhoog, waar hulle langs Jesus Christus in permanente posisies van onbegrensde groter mag en gesag dan enige menslike amp sal regeer. Politiesie verhoog hulleself en verseker daardeur dat God hulle op ‘n latere tyd sal verneder, gewoonlik wanneer hulle dit die minste verwag.

Christene verstaan die manier wat God werk. Om in ‘n stelsel mee te doen, waarin mense hulleself verhoog, in hul soeke na ‘n hoë amp, is om ‘n korrupte stelsel, met verskriklike vrugte, wat ydelheid, hoogmoed en verwaantheid aandik—goed te keer—te bekragtig en daarmee saam te stem. Demokrasie is geheel en al teenoorgesteld van wat God van alle mense verwag wanneer Hy hulle opdra om hulleself te verootmoedig!

Siviele Gesag Gehoorsaam

Geen deel, van hierdie boekie is bedoel om voor te stel dat Christene ooit siviele gesag moet ongehoorsaam wees—of weerstaan nie, tensy daardie gesag hulle regstreeks opdra om die hoër gesag van God nie te gehoorsaam nie (Hnd. 5:29). Christene neem nooit deel aan proteste of demonstrasies nie, selfs nie-geweldiges nie, laat staan nog geweldiges—of neem deel aan enige vorm van oorlog nie, wat naturlik baie meer geweldig is.

Hier is net een ding wat Jesus hiervan vir Pilatus gesê het tydens Sy verhoor, “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. [bedoelende van hier—hierdie wêreld].” Maar verstaan egter. Deelname in die regerings van mense, hulle te gehoorsaam of aan hulle onderwerp te word, is geheel en al verskillende kwessies. Christene verwar nie hierdie twee nie! Hulle onderwerp hulle aan—as modelle van gehoorsaamheid—aan mense se regerings op alle vlakke. Romeine 13:1-7, onder ander skrifgedeeltes, maak dit absoluut duidelik wat God verwag. (Ons artikel Moet Christene Hulle aan Regerings Gesag Onderwerp? verduidelik baie meer.)

Wat Herbert Armstrong Verstaan Het

Neem versigtig hierdie uitgebreide aanhaling uit ‘n artikel geskryf deur Herbert W. Armstrong net voor ‘n presidensieële verkiesing in oënskou. Hoe sou Jesus vir PRESIDENT stem? Hierdie buitengewone, kragtige verklaring verduidelik die regte bron van die stem proses wat deur die wêreld se demokratiese regerings beoefen word. Ek het dit byna 35 jaar gelede gelees. Dit het onder die subhoof “WHY the Worlds Greatest Church ‘is Fallen’” verskyn.”

“In Openbaring 17 se profesie word die grootste kerk in hierdie wêreld uitgebeeld—‘n belydende Christelike kerk, wat oor baie nasies regeer, maar sy is in Bybel taal ‘die groot hoer’ genoem—‘n uiters lelike naam!

“Maar in vers 5, sal u oplet, word sy as moeder kerk aangedui. Sy het baie dogters, wie, alhoewel hulle uit haar in ‘protes’ gekom het, hulle naam van die woord ‘protes’ verkry het, word nieteenstaande deur God se profesie as ‘hoere’ bestempel.

“Wat was haar hoerery?

“Neem kennis daarvan—vers 2: “met wie die konings van die aarde gehoereer het...” die ‘Dier’ op wie sy sit verteenwoordig die regerings van hierdie wêreld.

“Die ware Kerk is die verloofde Bruid van Christus. Sy gaan met Christus in ‘n Geestelike Huwelik bevestig word ten tye van Sy Wederkoms! (Opb. 19:7). Dan sal die ware ‘kerk van God’ die ‘koninkryk van God’ word, om die aarde te regeer. Maar Jesus het gesê, My Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.’ Hy het Sy dissipels geleer om hulleself ongevlek van die wêreld te weerhou—om van dit apart te wees.

“Maar hierdie groot onegte kerk, pleks om met die ware Christus ‘verloof’ te raak en haarself eg tot Hom as die komende wêreld regeerder te hou, het sy met die regerings van hierdie wêreld ‘n ongeoorloofde verbintenis gevorm—in hierdie wêreld se politiek gedeel—begeer om hierdie wêreld se regerings te oorheers—en ‘n aktiewe rol in die dinge daarvan geneem! Sodoende het sy geestelike ‘owerspel’ gepleeg—‘n ongeoorloofde unie voor die huwelik.

“Die Romeinse kerk het Kerk en Staat verenig, eintlik die staat, wat Satan se koninkryk is, vir langer as ‘n duisend jaar regeer! Die gewilde kerke van Christendom neem byna almal aktief en kragtig deel in hierdie wêreld se dinge en dié se politiek. Meeste kerke sal nou hulle lede opdra oor hoe om in die presidensieële verkiesing te stem. Hulle is ‘n onafskeidelike deel van hierdie wêreld, en hulle dien die god van hierdie wêreld, S atan die duiwel. Hulle is mislei! Hulle weet nie eers dat hulle verkeerd doen nie—hulle is mislei!

“Die ganse stelsel—godsdiens wat in politiek deel—word ‘Babilon’ genoem (Opb. 17:5.)

“Ons noem ons s’n die ‘republikeinse’ vorm, of verkeerdelik, ‘Demokrasie.’ Dit is egter ‘n mens-gemaakte vorm of administrasie van die Babiloniese stelsel.

“Israel—die Verenigde State, Britanje en die “Demokrasieë van Noordwestelike Europa—moderne Israel is in Babilon vandag, net soos wat profesie verklaar (Jer. 50:1, 4-6, 8, Jes. 48:1 12-20 ens.). Dit is hieroor—omdat ons sonde vermeerder—omrede ons met heidense magte bondgenootskappe gevorm het pleks van op God te vertrou—dat die Ewige ons waarsku ons nasies gaan binnekort binne geval en verower word, sodat ons mense na God terug gebring kan word (Jes. 47:1-6; Jer. 30:7-16, 24; Miga 5:8-11; Esé. 3:1, 4-7, 17, 5:12-14; 6:11-14.)

Ja, Israel is in ‘n ‘Babiloniese’ stelsel en God roep ons uit (Opb. 18:4, Jer. 50:8; 51:6-9.)

Jesus Sou Nie Deelgeneem Het Nie

“Wat, dan, sou Jesus doen...? Hy sou ons mense, Israel waarsku” “Gaan uit haar [Babilon] uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Die plae van God gaan binnekort op Babilon en almal wie kies om deel van ‘Babilon” te bly, neerdaal. Jesus roep u uit!

“Wat sal Jesus doen? Hy sal te besig wees om die goeie nuus van Sy eie komende wêreld-regering bekend te maak, asook die weg na saligheid, om ook nog in enige politiek van die huidige wêreld of in enige mens-gemaakte vorm van regering deel te wees, wat baie gou gedoem sal wees om vernietig te word en deur die Teokratiese regering van die koninkryk van God vervang te word.

“Ons missie is, as Gesante van Christus—as vooruitgaande gesante van Sy Koninkryk—om Israel van haar toestand en huidige gevaar te waarsku en om die Goeie Nuus van die Koninkryk van God bekend te maak!”

Wat Omtrent KERK Regering?

Die vraag kom na vore, “Ek herken God wil nie hê dat ons deelneem in die politiek van hierdie wêreld nie, maar is dit nie heeltemal reg indien ons kerk leiers, leerstellings en tradisies en begrotings, deur stemming besluit word nie? Is dit nie eie om oor hierdie dinge te stem, in die besonder so lank as wat ons vooruit daaroor bid en vir God se leiding vra nie?”

Ons het reeds gesien dat die Bybel hoegenaamd niks sê oor ‘n verkiesing om leiers te kies, oor leerstelling, spandeer van geld—of oor enigiets anders nie. Om God te vra om ‘n proses te lei, wat Hy reeds verduidelik het dat Hy nie so werk nie, is geklik. Om iets—enigiets!—wat verkeerd is te doen en dan vir God te vra om dit te seën, is bloot skynheilig—‘n absurde voorstelling wat Hy deur sien. Dit vra God om dit wat Hy reeds in talle verse verduidelik het verkeerd is,—opstandigheid—sonde, te endoseer!

Ten opsigte van politiek en stemming is kerke nie verskillend nie. Baie van die tien bewyse vroeër gelys is ook regstreeks op kerke van toepassing. Hulle hoef nie herhaal en her-verduidelik te word nie omdat die manier oor hoe hierdie beginsels toegepas word duidelik is.

Terwyl die universele kerk te Rome ‘n aangewese “kollege” gebruik, om sy leier vir ‘n lewenslange termyn te kies, kies ander denominasies op dieselfse wyse, deur “gemeentelike” of “presbiteriaanse” tipe regering, maar net vir korter tydperke. In alle gevalle, kies ondergeskiktes die leiers oor hulle. Dit beteken dat hulle die mag behou om leiers wie nie ooreenkomstig verwagtinge van diegene wie hulle bevestig het presteer nie, te verwyder of te “ont-kies.”

Pastore kan gehuur en ontslaan word deur rade van diakens, ouderlinge of ander onder hulle. Sulke pastore moet dit wat die mense wil hoor verkondig, plaas van wat hulle nodig het om te hoor, of hulle is in die tou van die werkloses.

Die stert swaai die hond.

In die meeste denominasies, op nasionale of internasionale vlak, is die verkiesing van leiers en goedkeuring of afwysing van leerstellings sonder uitsondering onderworpe aan stemme deur rade of leraar konferensies. Aangesien hierdie groepe nie God se hiërargiese metode van regering van bo na onder toepas nie, is dit nie die moeite werd dat hulle “bid” oor beslissings of God te vra om hulle op die wyse te “seën” nie. Om vir ‘n amp in ‘n kerk in aanmerking te kom, vanselfsprekend vir stemme vra en grade van politiek beoefen om hulle te bekom en te stem is geensins minder in die toepassing daarvan in Satan se wêreld, met sy vorme van demokratiese regering, as hierdie gebruike wanneer dit in ‘n siviele opset gebruik word. Die eerlike persoon sal erken dat sulke rade, konferensies en kerkrade dieselfde vrugte van demokrasie weerkaats as siviele regerings

Christus het nie hierdie wêreld se baie verdeelde, kompeterende, onenige kerke gebou nie, net so min as wat Hy die wêreld se verdeelde, kompeterende en onenige aardse nasies met hulle regerings gebou het. God lei nie hierdie kerke nie. Die kerke van hierdie wêreld het nie, en beoefen nie, God se waarheid ten opsigte van regering of enigiets anders nie. Hulle word deur konvensies of konferensies van leraars gelei, wie gereeld vergader oor sake wat die handel oor wie HULLE wens hulle “president”—HULLE leier—vir ‘n mens-gesette tyd limiet moet wees, insluit. Hulle het nie GOD se gekose leier gekies nie—hulle het HULLE EIE gekies! Sulke leiers word in alle aspekte deur die “wil van die mense” regeer, of in hierdie geval, die “wil van die kollektiewe bediening” of die “wil van ‘n kerkraad”—pleks van GOD SE WIL!

Indien God die leiers van hierdie wêreld as deel van Sy eie groot Meester Plan en doel kies, hoeveel te meer sal Hy nie persoonlik die leiers van Sy Kerk kies nie? God sal nooit ‘n proses aanwend waar die gevolge die “wil van die mense (of kollektiewe bediening)” betuig word, wanneer dit Sy wil is om te bepaal welke leier of leiers, met wie Hy as Sy dienaars in Sy Kerk sal werk nie!

Christus en Sy een Kerk is nie verdeel nie. Die vrugte binne hierdie Kerk—wat oral oor die wêreld gevind word—is eenheid, harmonie, blydskap en ywer tesame met ander positiewe werkinge. God se mense neem nie deel in mense se regerings nie—en deur die waarheid geheilig—uit die wêreld en sy kerke wat op die idees van mense gebou is, gekom het. Hulle verteenwoordig en verwag die aankoms van die grootste regering wat die wêreld ooit gesien het—wat nou binnekort kom!

Onlangse Kerk Geskiedenis

Ons het gesien dat Christene nie in politiek—in die demokraties politieke opset van of hierdie wêreld se regerings of die se kerke deelneem nie. Dit beteken egter nie dat mense periodiek sal poog, somtyds baie suksesvol, om demokrasie, verkiesings en ander elemente van Satan se vorms van regering in God se eie Kerk in te bring nie. Satan sal nooit ophou probeer om die regering van God binne die ware Kerk omvêr te gooi nie.

Verskeie kort aanhalings word hier ingesluit om te help verstaan hoe Meneer Armstrong, in die 1970’s met ‘n tyd van subtiele rebellie in die Worldwide Church of God gehandel het. Hy het vir ongeveer 300 dae van elke jaar om die wêreld gereis, baie konings, presidente en eerste ministers besoek. In sy afwesigheid, het ‘n groep liberale leraars opgestaan en gepoog om die leerstellings van God in Sy Kerk af te water. Dieselfde pogings het oor die 2,000-jaar geskiedenis van God se Kerk gebeur.

Een van die valse leerstellings wat hierdie leiers probeer het om in die Kerk in te bring, was die van verkiesing, of in wêreldse verkiesing of in die Kerk, wat niks meer was as peroonlike keuse waaroor elke individu vir homself oor moet besluit.

Toe hierdie plan tot Meneer Armstrong se aandag gekom het, het hy dadelik en vinnig daarmee gehandel en met klem, gebasseer op God se Woord. Hier is wat hy geskryf het:

“[Die liberaliste] wil vry wees om ten minste in plaaslike verkiesings te stem.

“Die argument was teenoor my gemaak dat ons Kerk mense eintlik die wat in Sandy Bay, Texas gewoon het in getal oortref het. Maar (wat ‘n groot woord is ‘Maar’) u sien, indien hulle nie stem nie, sal die minderheid stem om die Ambassadeur Kollege kampus in die dorp van Big Sandy in te lyf, en sal ons hoë belastings moet betaal. Dit het blykbaar nooit tot die liberaliste deurgedring nie, dat Christus al ons probleme sou oplos en dat ons nie strydig teen Sy gesindheid moet wees nie!”

“Wat is’ n Liberalis?” Good News Magazine, Maart 1979.

“Dit beteken dat plaaslike kerke presies dieselfde as die Baptiste kerke in organisatoriese struktuur en regering sal wees. Daardie konsep is geheel en al onskriftuurlik. God se Kerk is nou God se WEG gevestig—die BYBELSE MANIER, in ‘n bybelkundige patroon, met Jesus Christus as die lewende Hoof, onder God die Vader, en volgende onder Christus daardie op die aarde wie Hyself geroep en gekies het, en deur wie Hy hierdie Kerk opgehef het, en dit gebruik het OM sy WERK IN HIERDIE TYD VAN DIE EINDE TE DOEN, soos in die profesie vir ons tyd in Matthéüs 24:14. God se Kerk is die Bybel manier soos in die Bybel gerig is georganiseer—deur diegene wie hy gekies en in die onderskeie ampte gestel is om sy werk gedoen te kry.

“Diegene wie nou hierdie Onbybelse DWAALLEER aanbeveel, wil alle gesag wat Christus as ons hoof in Sy Kerk GESTEL het mee wegdoen. Hulle bewerings sal, na Stemmery lei—die ‘demokratiese manier’—presies die teenoorgetsele van God se Weg. Hulle wil graag ‘LIBERAAL’ wees en sal hierdie liberaaliteit binnekort tot algemene en wydverspreide SONDE lei. Hulle sal maar net ‘n paar meer kerke VAN HIERDIE WÊRELD—Satan se wêreld word.

“Sommige leraars [raak] verward in hierdie wêreld se politiek van die Amerikaanse ‘demokratiese’ stelsel, en GOD SE WEG...

“Hierdie andersdenkende leraars wil God se gesag verlaat en hulle wil die vir HULLESELF AANMATIG. In ander woorde wil hulle ‘DEMOKRATIESE’ VERKIESING hê wat geheel en al onbybels is. Hulle wil deel van HIERDIE wêreld—Satan se wêreld wees.”

Brief aan Broeders, Feb. 25, 1974.

Die volgende aanhaling word ingesluit om te demonstreer dat stemmery nooit in God se Kerk beoefen was, wanneer leraars saam kom vir beraad, bespreking en maak van sekere besluite nie.”

“In elke geval waar God se leraars in hierdie Filadelfia era van die Kerk bymekaar gekom het om ‘n beslissing te maak, was ons denke ten volle in ooreenstemming met mekaar. Daar was geen stemmery nie.

“Ons leraars weet dat ons ‘n dinamiese, lewende, almagtige, bonatuurlike GOD dien. Ons vrees om nie te gehoorsaam nie of in gebreke bly om onderdanig te wees. Ons weet goed wat met ons sal gebeur indien ons ooit sou toelaat dat eie-wil ons in enige besluit sou beheer.”

“Christus Het Gesag en BEPALINGS in Sy Kerk geplaas”
Good News, Jan. 1957.

Kies God se Kerk Sy Leiers?

Jesus het aan Sy dissipels vertel, “Ek sal My Gemeente [Kerk] bou” (Mat. 16:18). Hy is die hoof van daardie Kerk—Sy Kerk (Efe. 1:22-23: Kol. 1:18)! (Lees ons boek Waar is die Ware Kerk” en Sy Ongelooflike Geskiedenis! Dit verduidelik versigtig waar daardie Kerk nou is, en wys waar dit vir die laaste 2,000, sedert Christus dit gestig het was.)

Dwarsdeur geskiedenis, het God Sy dienaars en Sy leiers aangestel, wat nog altyd die Bybelse patroon was. God kies, lei op en hef die mense deur wie Hy werk, op. Christus het Sy apostels gekies, geroep, en georden om die evangelie te verkondig en Sy vroeë Kerk te lei. Hulle was nie in hulle ampe ingestem nie, behalwe vir die een enigste “stem” wat deur God gewerp was, wat voldoende was om hulle aanstellings eenparig te maak. Hulle het hulleself nie aan ‘n elektoraat “beskikbaar” gestel nie en toe, of op ‘n subtiele of openlike manier hulleself “geslepe” gemaak om hul weg na oorwinning te kry deur die regte mense te groet, die regterhand te skud, of om die mees gewildste platvorm aan te bied nie.

Ek het talle sulke “leiers” gesien. Terwyl hulle hulleself uitbeeld as manne van kragtige leerstelling, etiek, integriteit en beginsel, moet hulle met vleierigheid “standpunt inneem” om hulle kandidaatskap te bevorder. Soms handel hulle asof hulle die amp sal “aanneem” indien hulle hulleself kan “afsonder” om nie te laat blyk dat hulle persoonlike selfbevordering verlang nie. Deur die wense om nederig en vroom voor te kom, hunker hulle onveranderlik na—‘n begeerte—vir mag en aansien! Wanneer ‘n mens homself daarstel om vir enige amp (in ‘n siviele of geestelike opset) gekies te word, maak dit nie saak hoe dit hanteer word nie, hy is soeke om homself te bevorder en te verhoog!

God werk nooit deur sulke manne of ‘n stelsel wat bevorder nie. Hy weet dat politieke verkiesings mense verderf en Hy kan nie in ‘n proses werk waar mense hulleself moet verderf om bo te kan kom nie. God het nie mense se stemme nodig om Sy keuse na ‘n hoër amp te bevorder nie. Demokrasie in of ‘n siviele of kerk opset, is ‘n mens se ontwerp en nie van God nie!

Talle Ou en Nuwe Testament verse wys duidelik dat God van bo na onder werk—en begin altyd met EEN MAN, wie op sy beurt ander aanstel, wie ook somtyds ander aanstel, ens. Dit word altyd gedoen sonder dat gestem word—sonder stemming.

Diegene wie stem bestempel dit gewoonlik “dat God se wil gedoen word,” maar die resultate van hul stemming steeds die “wil van mense”is. Die twaalf apostels het nie gekies of in Christus “gestem” nie—Hy het hulle gekies. ‘n Groot konferensie van leraars het nie die twaalf apostels gekies nie—die apostels onder leiding van Christus het die bediening onder hulle gekies (Tit. 1:5-9; I Tim. 3:1-7 ens.)

Die Kerk van God het altyd ‘n leier wie deur God gekies is. Daardie persoon soek om God se wil in alle sake te volg. Hy is geensins besorg oor “Wat die mense sal dink nie.” Hy vra nooit, “Sal die mense van my hou as ek dit doen, of ‘n weersin in my hê indien ek dit doen?” Ewemin hoef hy hom nooit oor ‘n “her-verkiesing” te bekommer nie—deur mense se goedkeuring te ontvang sodat hy in die amp mag aanbly nie!

Christus onder die Vader, selekteer steeds en hef Sy leiers vandag op! Dan seën God die pogings van Sy verkose leier, wie dan op sy beurt ander kies, wie dan op hulle beurt ander kies, ens., as Sy Kerk—God se Kerk wat in grootte groei!

‘n Ongelooflike Droom

Hierdie finale aanhaling beskryf ‘n voorval, waarin Meneer Armstrong ‘n droom gehad het wat hy gevoel het bedoel was om ‘n belangrike les aan hom en die Kerk te openbaar. Dit het kort na die periode in die 1970’s plaasgevind (waarna vroeër verwys was, toe liberale leiers gepoog het om demokrasie in die Kerk in te voer), en die titel van een van my eerste boeke Except the Lord Build the House, besiel het:

“Ek het wakker geword heelwat beïndruk met die droom. Het God aan my openbaar dat te veel in die Kerk se ledetal vir God uit die prentjie laat”—in hulle eie gedagtes vir God uit die Kerk gesit”...dat die mense aan God sou sê, ‘Hierdie is ons Kerk, God, ons wil hê dat u uit die Kerk moet gaan en ons alleen laat. Ons sal hierdie Kerk op ons manier bestuur!’ Ek het wakker geword en was beindruk dat te veel van ons mense vir God en Christus uit Sy Kerk laat, en probeer om dit ons Kerk—die kerk van die mense te maak en nie die die Kerk van God nie!

“[In die 70’s] daar was ten minste ses of sewe van hulle in hoë ampe langs God se apostel in gesag—manne wie vertrou en gerespekteer was. Maar hulle sou dit ‘die kerk van die mense’ gemaak het, pleks van die Kerk van God. Hulle kon nie God of Christus in hulle geestes prentjie van God se Kerk sien nie. Hulle was Liberaliste!

“Nou kerke of werke van hul eie is begin. Maar hulle het een ding oorgesien: “As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou.”

God bou nie hulle huise nie!”

“Sal ons almal die Kerk van god verlaat en by die ‘kerk van die mense aansluit’?”

Good News, Sept. 1980.

Christene wie in die regerings van Satan se wêreld deur verkiesings, militêre diens of aktivisme in siviele aangeleenthede deelneem, is baie meer ernstig vir God as wat die meeste besef. Dit is ontrouheid—‘n vorm van geestelike hoerery en geestelike verraad—teen God se regering en Sy totale gesag oor ‘n Christen se lewe.

In die middel van die evangelie van die koninkryk van God is ‘n boodskap omtrent God se binnekort-komende, hirargiese regering. Die volgelinge van Jesus Christus beoefen hierdie leierskap struktuur, nou. Enige kerk wat in die demokratiese politiek van hierdie wêreld deelneem of wat hulle leiers kies en ander besluite maak, deur te stem is nie ‘n huis wat deur god gebou is nie! (Psm. 127:1).

U mag verkies om die volgende te lees: