JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
New York VSA Jamaika Peru Idaho, VSA Indië België Kenia Arkansas, VSA Suid-Afrika Engeland Nigerië Ohio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
David C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

Die Ware Oorsprong van Paasfees

deur David C. Pack

Paasfees is 'n wêreldwye tradisie wat baie sedes inhou wat mense glo Christelik te wees. Wat is die oorsprong van Vastyd en sonop dienste? Hoe het hase, eiers en paasbolletjies met Christus se opstanding verenig? Word Paasfees in die Bybel genoem? Het die apostels van die vroeë Kerk dit gehou? Die antwoorde sal u skok!

 Taal Afrikaans Deutsch English Español Français Italiano Kiswahili Nederlands Polski Srpski 中文

Meeste mense volg na soos wat hulle geleer was, met die veronderstelling dat dit wat hulle glo en doen reg is. Hul oortuigings is reg genoeg. Meeste neem nie die tyd om waarom hulle die dinge wat hulle doen te beproef nie.

Hoekom glo u dit wat u glo? Waar het u oortuigings vandaan gekry? Is die bron van u geloof die Bybel—of een of ander gesag? Indien u sê die Bybel, is u seker?

Wat van Paasfees? Aangesien honderde miljoene dit onderhou, glo in eer van Jesus Christus se opstanding, dan moet die Bybel baie daaromtrent te sê hê. Sekerlik moet daar baie verse wees waarin hase, eiers, eier jagte, mandjies vol suikerklontjies, paasbolletjes, Vastyd, Goeie Vrydag en sonop dienste genoem word—om nie Paasfees self te noem nie.

Paasfees moet van naderby ondersoek word en hierdie boekie doen dit deeglik.

Bybel Gesag vir Paasfees?

Die Bybel is die gesag vir alle Christelike dinge. Word Paasfees daarin genoem? Ja.

Neem kennis van Handelinge 12:1. Koning Herodus het begin om die Kerk te vervolg, wat gekulmineer het in die brutale dood van die apostel Jakobus deur die swaard. Dit het die Jode so behaag dat die apostel Petrus ook deur Herodus gevange geneem was. Die plan was om hom later aan die Jode te oorhandig. Vers 3 sê, “En dit was die dae van die ongesuurde brode.” Die Nuwe Testament Kerk het die dae wat in Levitikus 23 beskryf word, onderhou. Lees nou vers 4: “Toe hy [Herodus] hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, [sestien] om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die Paasfees voor die volk te bring.”

Is hierdie Bybelse gesag vir Pase?

Hierdie vers verwys nie na Paasfees nie. Hoe weet ons dit? Die woord wat as Paasfees vertaal word, is die Griekse woord pascha (vanaf die Hebreeuse woord pesach; daar is geen oorspronklike Griekse woord vir Pasga nie) en het slegs een betekenis. Dit beteken altyd Pasga—dit kan nooit Paasfees beteken nie! Daarom vind ons ‘n Hebreeuse woord in die Griekse Nuwe Testament. Weereens kan hierdie Hebreeuse woord slegs na Pasga verwys. Ander vertalings, insluitende The Revised Standard Version, verwys ook korrek na die woord Pasga.

In stede van Paasfees goed te keur, bewys hierdie vers eintlik dat die Kerk steeds die sogenaamde Joodse Pasga gevier het, tien jaar na die dood van Christus.

Kom ons gaan nou na die ander Skrifgedeeltes wat Paasfees magtig. Dit bied 'n probleem. Daar is niks nie! Daar is absoluut geen verse enige plek in die Bybel wat die Paasfees viering magtig of goedkeur nie! Die Bybel sê niks van Vastyd, eiers en eier jagte, mandjies vol suikerklontjies ens. nie, alhoewel bolletjies en sonop dienste as gruwels genoem word wat God natuurlik veroordeel. Ons sal hulle ondersoek en leer hoekom.

Die vertaalfout van Handelinge 12:4 is nie 'n baie subtiele poging om 'n heidense fees in die Skrif in te voeg, met die doel om dit te magtig nie. Ons sal later die Pasga van naderby ondersoek.

'n Kort Kykie na Pasga

Die welbekende Ou Testament storie sentreer op God se bevryding van Israel vanuit Egipte deur tien wonderbaarlike plae. Hierdie het ingesluit, die doodsengel wat “oor” al die huise waar die Israelite gewoon het, sou gaan. Hulle was opgedra om bloed op die deurposte te sit om te verseker dat net die eersgeborenes van Egipte sou sterwe. In hierdie eerste Pasga was dit net die bloed van 'n geslagte lam wat elke Israelitiese huis beskerm het. Terwyl Egipte die doods plaag ondervind, is die eergeborenes van Israel deur bloed verlos. Deur gehoorsaam te wees aan God se opdrag en deur geloof in Sy belofte om hulle te bewaar, was hulle die dood gespaar.

Hierdie weergawe van die Pasga word in Eksodus 12:12-14 gevind. Vers 14 verklaar dat die Pasga seremonie 'n opdrag van God was om 'n jaarlikse gedenk fees te wees, wat deur Israel “virewig” gehou moet word. (Hierdie opdrag word in Levitikus 23:5 herhaal). Die sewe dae fees wat die Fees van ongesuurde Brode is word in Eksodus 12:15 ingestel (weer herhaal in Levitikus 23:6-8) wat onmiddelik die Pasga fees elke jaar moes volg. Dit is waarom Handelinge 12:3 verklaar, “En dit was die dae van ongesuurde brode,” voordat die Pasga in die volgende vers genoem word. Hierdie dae word altyd met mekaar verbind en saam gehou.

Wat van die Nuwe Testament?

Indien die Pasga virewig ingestel was, moet die Nuwe Testament opdrag vir die onderhouding daarvan duidelik wees. Hierdie opdrag word in 1 Korinthiërs 5:7-8 gevind: “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, [met ongesuurde brode wat altyd die pasga volg soos hierbo verduidelik is]…”

Christus, as die Lam van God (Johannes 1:29; Handelinge 8:32; 1 Petrus 1:19; Openbaring 5:6), vervang die Ou Testament lam wat gedurende Pasga elke jaar in die aand geëet word. Die Nuwe Testament simbole van brood en wyn was ingestel sodat Christene die liggaam van Christus, die ware Lam van God, kon eet en Sy bloed drink. Jesus se offer het die nodigheid om 'n lente lam te slag vervang. Lukas 22:19 wys dat Jesus die brood en die wyn vervang het wat jaarliks in herdenking van Sy Offer vir die vergewing van ons sonde beide fisies en geestelik geneem word.

(Lees ons boekie How Often Should the Lords Supper Be Taken? Dit bewys dat Christus nie die Pasga met 'n ander fees vervang het nie! Dit maak ook duidelik dat die enigste ding wat Hy vervang het, was die lente lam met Sy eie offer—met die instelling van brood en wyn om dit te simboliseer!)

Vroeë Christene het die Pasga gehou, nie Paasfees nie. Neem kennis hiervan vanuit die Encyclopedia Britannica, 11de., uitg. Vol 8, bls 828: Daar is geen aanduiding van die onderhouding van Paasfees in die Nuwe Testament nie, of in die geskrifte van die Apostoliese Vaders nie…Die eerste Christene het aangehou om die Joodse feeste te onderhou [God se Levitikus 23 feeste], ofskoon in 'n nuwe gees, as herdenkings van gebeurtenisse wat hierdie feeste afskadu. Dus die Paasfees met 'n nuwe begrip van Christus as die ware Pasga Lam, daartoe toegevoeg…was aangehou om onderhou te word.”

Die oorspronklike apostels en die vroeë Nuwe Testament Kerk het nie Paasfees onderhou nie. Let op: “In die tweede eeu A.D. was Paasfees dag onder Christene in Klein Asië [hierdie sou die heiden kerke wees wat Paulus in plekke soos Filíppi, Kolosse, Galásië ens. gestig het—en die Galasiërs gewaarsku (4:9-10) omtrent die onderhouding van dae soos Paasfees], die 14 de van Nisan [of Abib] die sewende maand van die [siviele] Joodse almanak” (World Almanac, 1968 uitg., bls. 187). Die datum wat hier beskryf word is nie Paasfees dag nie, maar eerder die Pasga—wat op die 14 de dag van die eerste maand (Nisan) van die heilige almanak gehou word. Die apostels en vroeë Kerk het nie Paasfees onderhou nie.

Nieteenstaande die oorweldigende bewyse dat God se Heilige Dae, soos in Levitikus 23 gelys word, steeds deur Christene vandag onderhou moet word (Handelinge 2:1; 12:3; 18:21; 20:6; 16; I Kor. 5:7-8; 16:8), is daar feitlik niemand wat beweer dat hulle in die God van die Bybel glo, wat dit onderhou nie! Amper niemand wat bely dat hulle Jesus Christus aanbid, onderhou die Pasga soos Hy opgedra het nie. Hoekom?

Aangesien daar nie 'n opdrag in die Bybel is om Paasfees te onderhou nie, terwyl God se permanente opdrag om die Pasga te onderhou wel daar is, vanwaar het Paasfees dan ontstaan? Na ‘n oorsig van Pasga, is ons gereed om die oorsprong van Paasfees te bestudeer.

Toe Paasfees na Amerika Gekom het

Paasfees is reeds lank bekend as 'n heidense fees! Amerika se oprigters het dit geweet! 'n Kinderboek omtrent die vakansie dag, Easter Parade: Welcome Sweet Spring Time! Deur Steve Engelhart, bls 4, verklaar: “Toe die Puritane na Noord Amerika gekom het, het hulle die viering van Paasfees—en die viering van Kersfees—met agterdog beskou. Hulle het geweet dat heidene die terugkeer van die lente gevier het lank voor Christene Paasfees gevier het…vir die eerste twee honderd jaar van Europese lewe in Noord Amerika, het net 'n paar state, meestal in die Suide, enige aandag aan hierdie vakansiedag gegee.” Na die Siviele Oorlog het Amerikaners hierdie vakansiedag begin vier: “Paasfees het 'n Amerikaanse tradisie in die 1870’s geword” (Bladsy 5). Opmerklik! Die oorspronklike 13 kolonies van Amerika het as 'n “Christen” nasie begin, met die kreet van “Geen koning net Koning Jesus.” Die nasie het nie die Paasfees binne 'n hele eeu van sy ontstaan, onderhou nie. Wat het gebeur om dit te verander?

Waar Het Paasfees Vandaan Gekom?

Klink die volgende bekend?—Lente is in die lug! Blomme en hasies versier die huis. Vader help die kinders om pragtige ontwerpe op eiers te verf wat in verskillende kleure geverf is. Hierdie eiers wat later weggesteek en gesoek sal word, word in pragtige seisoenale mandjies geplaas. Die wonderlike geur van paasbolletjies wat moeder in die oond bak, trek deur die huis. Veertig dae van die afsien van sekere tipes kosse sal finaal die volgende dag eindig. Die hele familie soek hul beste Sondag klere uit om die volgende oggend tydens sonop aanbidding te dra om die verlosser se opstanding en die hernuwing van lewe te vier. Almal sien uit na die sappige ham met al die garneersel. Dit sal 'n aangrypende dag wees. In der waarheid is dit een van die mees geestelike vakansie dae van die jaar.

Paasfees, reg? Nee! Dit is 'n beskrywing van 'n antieke Babiloniese familie—2,000 jaar voor Christus—wat die opstanding van hul god, Tammus eer, wat deur sy Moeder/eggenote, Ishtar, van die onderwêreld uitgebring is (na wie hierdie fees vernoem is). Ishtar was eintlik “Easter” in die meeste semetiese dialekte uitgespreek en dit kan van hierdie gebeurtenis wat hier uitgebeeld word, in 'n sin gesê word, dat dit “Paasfees” is. Natuurlik kan ook gesê word dat hierdie geleentheid maklik 'n Frigiese familie is wat Attis en Cybele eer, of miskien 'n Fenisiese familie wat vir Adonis en Astarte aanbid. Wat ook hierdie beskrywing goed sal pas, is 'n heidense Israelitiese familie wat die Kanaänietiese Baál en Astoret eer. Of hierdie beskrywing kan net sowel enige aantal immorele, heidense vrugbaarheids vieringe van dood en opstanding—insluitende die moderne Paasfees viering soos wat dit na ons gekom het deur die Angel-Saksie vrugbaarheid instellings van die godin Eostre of Ostara. Hierdie is almal dieselfde feeste wat net deur tyd en kultuur geskei is.

Indien Paasfees nie in die Bybel voorkom nie, waarvandaan het dit dan gekom? Die grote meerderheid van ekklesiastiese en sekulêre geskiedkundiges stem saam dat die naam van Paasfees en die tradisies wat dit omring diep in heidense geloof gewortel is.

Neem nou kennis van die volgende kragtige aanhalings wat meer demonstreer van die ware oorsprong hoe die moderne Paasfees viering sy naam gekry het:

“Vanaf Bede die Eerwaardige (De ratione temporum 1:5) is die oorsprong van die uitdrukking van Christus se Opstanding, populêr beskou as van die Angel-Saksie Eastre, 'n godin van lente… die Ou Hoë Duitse meervoud vir daeraad, eostarun vanwaar die Duitse Ostern gekom het en ons Engelse Paasfees” (The New Catholic Encyclopedia, 1967, Vol. 5, bls. 6).

“Die feit dat lente feeste algemeen onder heiden mense was, het sonder twyfel baie te doen gehad met die vorm wat by die Oostelike fees in die Christelike kerke veronderstel was. Die engelse term vir Paasfees (Easter)is van heidense oorsprong” (Albert Henry Newman D.D. L.L.D., A Manual of Church History, bls. 299).

“Op hierdie grootste van Christen feeste, vind daar verskeie oorlewings van antieke heidense seremonies plaas. Om mee te begin, is die naam self nie Christen nie maar heidens. Ostara was die Angel-Saksiese Godin van Lente” (Ethel L. Urlin, Festival, Holy Days, and Saints Days, bls. 73).

“Paasfees—die naam is afkomstig van Ostera of Eostre, die Angel-Saksiese godin van lente, vir wie 'n lente fees jaarliks gehou was, omdat dit van hierdie heidense fees is van waar sommige van ons Paasfees gewoontes gekom het (Hazeltine, bls. 53).

“In Babilonië… was die godin van lente Ishtar genoem. Sy was vereenselwig met die planeet Venus, wat, omdat…[dit] voor die Son opkom…of daarna sak… voorkom asof dit die lig lief het [dit beteken dat Venus die son-god lief het]… In Fenisië, het sy Astarte geword; in Griekeland Eostre [verwant aan die Griekse woord Eos: daeraad”] en in Duitsland, Ostara [en dit kom van die Duitse woord Ost; “oos” wat die rigting van die daeraad is] (Englehart, bls. 4).

Soos reeds gesien, word ‘n hele aantal name gebruik vir die meer bekende Paasfees. Heidene het tipies talle verskillende name vir dieselfde god of godin gehad. Nimrod, die Bybelse figuur wat die stad Babilon gebou het (Gen. 10:8), is 'n voorbeeld. Hy was as Saturn, Vulcan, Kronos, Baäl, Tammus, Molech en andere aanbid, maar hy was altyd dieselfde god—die vuur of son-god, algemeen in feitlik elke antieke kultuur aanbid. (Lees ons gratis boekie The True Origin of Christmas om meer van hierdie vakansiedag en Nimrod se aandeel daarin te leer.)

Die godin Easter was nie anders nie. Sy was een godin met baie name—die godin van vrugbaarheid, wat in die lente aanbid word wanneer alle lewe hernu.

Die wyd bekende historikus Will Durant, in sy beroemde en gerespekteerde werk, Story of Civilization, blse., 235, 244-255, skryf hy, “Ishtar [Astarte vir die Grieke, Ashtoret vir die Jode] interesseer ons nie net as 'n analoog van die Egiptiese Isis en prototipe van die Griekse Afrodiet en die Romeinse Venus, maar as die formele begunstigde van een van die vreemdste Babiloniese instellings… bekend aan ons hoofsaaklik van 'n beroemde bladsy in Herodotus: Elke boorling vrou is gebonde om een maal in haar lewe, in die tempel van Venus(Easter)te sit en met enige vreemdeling gemeenskap te hê.” Is dit dan 'n wonder dat die Bybel praat van daardie godsdienstige sisteem wat van daardie antieke stad afkom is as die “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde”? (Opb. 17:5)

Ons moet nou dieper kyk na die oorsprong van die ander gewoontes wat met die Paasfees viering verbind is.

Die Oorsprong van Vastyd (Lent)

Volgens Johannes Cassianus wat in die vyfde eeu geskryf het, “Ofskoon u moet weet, dat solank as die primitiewe kerk sy volmaaktheid heel behou, het hierdie nalewing van Vastyd nie bestaan nie” (First Conference Abbot Theonas, hoofstuk 30). Daar is geen Bybelse of historiese rekord van Christus, die apostels of die vroeë Kerk wat aan die Vastyd seisoen deelgeneem het nie.

Aangesien daar nie 'n opdrag in die Bybel is om Vastyd na te kom nie, waar het dit vandaan gekom? 'n Veertig dae afsienings periode was eertyds as eerbewys aan die heidense gode Osiris, Adonis en Tammuz waargeneem (John Landseer Sabaean Researchers, bls. 111, 112). Alexander Hislop se “The Two Bablilons” bls. 104-105, sê hierdie van die oorsprong van die Vastyd: “Die veertig dae onthouding van Vastyd was regstreeks van die aanbidders van die Babiloniese godin geleen. So 'n Vastyd van veertig dae in die lente van die jaar, word steeds nagekom deur die Yezidis of heidense duiwelsaanbidders van Koordistaan, wat dit van die vroeë meesters, die Babiloniërs geërf het. So 'n Vastyd van veertig dae was in die lente deur die heidense Meksikaners gehou… So 'n Vastyd van veertig dae was in Egipte gehou…”

Vastyd het van die heidendom gekom, nie van die Bybel nie! (Om meer te leer oor die Vastyd seisoen, lees ons artikel “The True Meaning of Lent.”)

Eiers, Eier Soek en Paasfees

Eiers is nog altyd met die Paasfees viering verbind. Feitlik elke kultuur in die moderne wêreld het 'n lang tradisie om eiers mooi en in verskillende maniere te kleur. Ek het eentyd 'n reisende vertoning van baie soorte pragtig versierde eier patrone wat die mode en tradisies van feitlik elke land van moderne Europa verteenwoordig, ondersoek.

Let op die volgende: “Die oorsprong van die Paaseier is gebaseer op die vrugbaarheids wysheid van die Indo-Europeese nasies…Vir hulle was die eier 'n simbool van lente…In Christen tye het die eier 'n geloofs vertolking verkry en 'n simbool geword van die rots-graf vanwaar Christus te voorskyn gekom het na 'n nuwe lewe na Sy opstanding” (Francis X. Weiser, Handbook of Christian Feasts and Customs, bls. 233). Hierdie is ‘n regstreekse voorbeeld van hoe heiden simbole en sedes “Verchristelik” word, d.i. Christen-pas name word vir heiden maniere opgelê. Dit word gedoen om te mislei—sowel as om mense beter te laat voel oor hoekom hulle 'n gebruik volg wat nie in die Bybel is nie.

Let op: “Oor die Christen viering van die Paasfees…volk gebruike het versamel waarvan baie van die antieke seremonies oorgedra is…simbolisme van Europese en Middel-Oosterse heiden lente vierings…by voorbeeld, eiers…is baie prominent as simbole van nuwe lewe en opstanding” (Encyclopedia Britannica, 1991 uitg., Vol. 4, bls. 333).

Laastens kom die volgende uit Egyptian Belief and Modern Thought, James Bonwick, bls. 211-212: “Eiers was in Egipties Tempels opgehang.

Bunsen bepleit aandag vir die aardse eier, die embleem van generatiewe lewe, voortgaande van die mond van die groot god van Egipte. Die mistieke eier van Babilon wat die Venus Ishtar uitbroei, en uit die hemel na die Eufraat rivier geval het. Gekleurde eiers was heilige Paasoffers in Egipte, soos wat dit steeds in Sjina en Europa is. Paas, of lente, was die seisoen van geboorte, aards en hemels.”

Wat kan meer eenvoudig wees om die ware oorsprong van die “Paaseier” te wys? 'n “Paaseier” is net 'n eier wat pas by Paasfees. God het nooit Pasga eiers of Dae van Ongesuurde Paaseier brode gemagtig nie, maar daar was Paaseiers vir duisende jare!

Natuurlik het die eier wat lente en vrugbaarheid verteenwoordig, gevorder om tot in die reeds heidense lente vieringe aangeneem te word. Om hierdie simbool aan Christus se Opstanding in die lente te verbind het baie kreatiwiteit en menslike beredenering vereis. Maar selfs die uiterse kreatiewe menslike beredenering kon nog nooit suksesvol die volgende Paas simbool aan enige iets Christelik koppel nie, omdat daar nie 'n enkele woord daaroor enige plek in die Nuwe Testament is nie.

Die Paashaas

Hier is twee addisionele aanhalings van Francis Weiser omtrent die oorsprong van die “Paashaas”: “In Duitsland en Oostenryk is klein nessies met eiers, deeg, suikerklontjies in weggesteekte plekke geplaas en het die kinders geglo dat die paashaas wat ook so gewild in hierdie land is, die eiers gelê het en die suikerklontjies gebring het” (bls. 235) en het “Die Paashaas sy oorsprong in voor Christelike volks kennis…Geloofs simbole is nog nooit aan die Paashaas vir feestelike gebruik geskenk nie…Nietemin het die paashaas 'n kosbare rol in die viering van Paasfees bekom as die legendariese produseerder van Paaseiers vir kinders in talle lande” (bls. 26).

Hier is verdere bewys van die oorsprong van Paaseiers en hase. Dit demonstreer hoe niemand ooit die Paashaas met enige iets wat Christen is, kon verbind nie, nog minder in die Bybel. “Die Paashaas is nie 'n ware Christen simbool nie” (John Bradner, Symbols of Church Seasons and Days, bls. 52) en “Alhoewel aangeneem in 'n aantal Christelike kulture, het die Paashaas nog nooit enige spesifieke Christelike vertolking verkry nie” (Mirsea Eliade, The Encyclopedia of Religion, bls. 558).

Niks hiervan sal die miljoene belydende Christene weerhou om hul grasperke en huise elke lente met Paashase te versier nie.

Oorweeg hierdie laaste aanhaling: “Die haas, die simbool van vrugbaarheid in antieke Egipte, 'n simbool wat later in Europa bewaar is…Sy plek is ingeneem deur die Paashaas” (Encyclopedia Britannica, 1991 uitg., Vol., 4, bls. 333).

Selfs in moderne tye het hase die algemene simbole van vrugbaarheid gebly. Terwyl hulle vinnige tempo van aanwassing wel bekend is, is daar 'n ander probleem wat met hase ontstaan—hulle lê nie eiers nie! Terwyl beide duidelik simbole van vrugbaarheid is, is daar geen logiese manier om hulle saam te koppel nie. In 'n wêreld vol heidense tradisies, kan waarheid en logika verlore raak. Om hierdie simbole met Christelikheid saam te laat vloei, maak 'n reeds afgodiese praktyk erger.

Daar is niks Christelik omtrent enige van hierdie simbole nie. Die ware geskiedenis van hierdie vrugbaarheids simbole, hase en eiers is totaal onbekend vir al die argelose kinders wat deur volwassenes geleer is om te dink hulle is so spesiaal.

Die ganse konsep dat dit Christelik is, is 'n leuen wat op onskuldige kinders afgesmeer is, wat sal glo dat “die maan van kaas gemaak is” net omdat iemand aan hulle dit vertel. Terwyl dit skokkende feite is, is hulle nogtans waar.

'n Nagemaakte Verlosser?

Een van die sentrale temas van die Nuwe Testament is dat Jesus Christus gekom het om vir die sonde van die mensdom te sterf en verlossing vir 'n wêreld wat van God afgesny is, aan te bied.

Die meester vervalser (Satan die duiwel, wat die “god van hierdie wêreld” in 2 Korinthiers 4:4 genoem word) strewe om elke aspek van God se plan na te maak. Hy “Verlei die hele wêreld” (Opb. 12:9). As die aarts-misleier, sal hy nie tevrede wees om alle ander aspekte van Christenheid te vervals, maar nie die identiteit en aanbidding van die ware Verlosser nie!

Wie is die ware “verlosser”, sentraal tot die “Paas-Sondag” tradisie? Is dit die Jesus Christus van die Bybel? Indien u “ja” sê, is u seker? Geskiedenis beantwoord hierdie vraag duidelik hiermee:

Let eerste op dat “…die begrip van 'n Verlosser-God was heel natuurlik in die heiden wêreld…die begrip van verlossing ondersteun die idee van sulke gode soos Osiris, Attis en Adonis…” (John M. Robertson, Christianity an Mythology, bls. 395).

En dan hierdie: “Daar word dikwels aangedring dat hierdie geloof in die Opstanding van Jesus, weens idees van heilige opstanding wat in die hedendagse samelewing…stories van Attis, Adonis en Osiris…In die heidense stories is die opstanding 'n blye ommekeer van 'n nederlaag; in die Christen storie is dit die aanvulling van seëvierende dood. Dit mag gesê word dat Attis en Osiris gered is deur weer op te staan, Jesus deur dood te gaan…Die Paas onderhouding het nie dadelik ontstaan uit die geloof van die Opstanding nie, maar dit het later deur geleidelike stadiums uit die Joodse Pasga ontwikkel. Die begrip bedoel met die Paasfees groete van Christus het opgestaan, is 'n sekondêre ontwikkeling; die idee kom van hierdie fees en sy gebeure in die lente; die fees kom nie van die idee nie. Die idee van Christus se opstanding was in die ou praktyk van Pasga onderhouding ingejekteer en nie andersom nie” (A. Nock, Early Gentile Christianity and its Hellenistic background, bls. 105-107).

Laastens, word die kragtige tema van hierdie dikwels-herhaalde namaaksel duidelik gemaak deur die historikus James George Fraser: “Nou die dood en opstanding van Attis was amptelik in Rome gevier op die 24ste en 25ste van Maart, die laasgenoemde beskou as die lente ekwinoks en…ooreenkomstig 'n antieke en wydverspreide tradisie het Christus op die 25ste Maart gely…die tradisie wat Christus se dood op die 25ste Maart geplaas het…is al hoe meer opmerklik daar astronomiese oorwegings bewys dat dit nie enige historiese fondasie kon hê nie…Wanneer ons onthou dat die fees van St. George in April die antieke heidense fees van die Parilia vervang het; dat die fees van St. Johannes die Baptis in Junie opgevolg is na 'n heidense Middelsomer fees van water; dat die fees van die Hemelvaart van die Maagd in Augustus die fees van Diana uitgelig het; dat die fees van Allersiele (wat Allerheiligeaand volg) in November is 'n voortsetting van 'n ou heidense fees van die dooies; en die geboorte van Christus homself na die wintersonstilstand in Desember bepaal is, omdat daardie dag as die Geboorte van die Son beskou was; ons kan nouliks as ondeurdag of onredelik beskou word indien ons vermoed dat die ander kardinale fees van die kerk—die inseëning van Paasfees—in dieselfde manier en van dieselfde motiewe van lering, aangepas na 'n eenderse viering van die Frigiese god Attis ten tye van die lente ekwinoks was…Dit 'n merkwaardige sameloop…dat die Christen en heidense feeste van die heilige dood en opstanding dieselfde seisoen ingeseën moes word…Dit is moeilik om die sameloop as blote toeval te beskou” (The Golden Bough, Vol. I, blse. 306-309).

Ons kan die bovermelde bron saamvat. Die Romeinse Katolieke Kerk het 'n praktyk om heidense feeste in te lyf—Christen name aan hulle toe te dig en hulle “Christen” te noem. Dit was gedoen om “Christelikheid” meer smaaklik en bekend vir heidense aanbidders te maak, wat die kerk poog om aan te lok. Hoe het so 'n toestand van sake ontwikkel?

Dit kan nou beter verstaan word waarom die apostel Paulus aan die Korinthiërs geskryf het dat hulle bewus moet wees van die geslepe misleiding van “'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het.” Hy het gesê, “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor. 11:2-4).

Mense kan vandag dink dat hulle die ware Verlosser aanbid terwyl hulle 'n valse verlosser aanbid—'n ander Jesus! Die geheel van Christendom aanbid eintlik vir Baäl, die bemiddelaar en son god, wat na sy “eggenote” Ishtar (wat eintlik sy moeder Semiramis was)—wat ons later sal sien is die een wat die Bybel die “Koningin van die Hemel” noem.

Mense kan in maniere aanbid wat dinge verteenwoordig wat ver verskil van dit wat hulle opreg glo of bedoel. Oorweeg die volgende klassieke geval.

Sonop Dienste

In die Bybel word Sonopdienste genoem. Maar, wat God van hierdie gebruik sê is nie wat u verwag nie. Neem kennis van hierdie verbasende verse. Die profeet Eségiël was, in visioen, 'n belangrike profesie oor die sonde van God se mense in ons tyd gewys.

Dit is nodig om die hele samehang van hierdie verse versigtig te ondersoek om die verskerpte veroordeling wat God in Sy slotsom bou te verstaan: “…En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen…kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween. Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit…te gering om die gruwels te doen, wat hulle hier bedrywe,…daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie” (Esg. 8:13-18).

Onderhouding van sonop diense is ernstig vir God! Hy haat hierdie veragtelike praktyk so, dat Hy uiteindelik almal wat daarmee volhou sal vernietig (Esg. 9)!

Dit is nie “te gering” vir God dat baie miljoene elke Paasfees dit doen nie! Dit mag “mooi,” “geestelik” en “roerend aangrypend” wees vir hulle wat daaraan deelneem, maar God het Sy ware mense verbied om hulle eie geloofs gebruike en idees te bedink. Hy is nie geïnteresseerd in wat mense persoonlik mag voel of dink wat reg is nie. Hy is geïntereseerd in diegene wat omgee oor wat Hy dink! Sover dit Hom aangaan, antieke son aanbidding, in Paas swierigheid en kappies opgetooi, is net 'n moderne verpakking van 'n baie ou afgods gebruik.

Oorweeg God se eie woorde in Deuteronómium 12:28-32 (NKJ): “Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel,…en jy in hulle land woon, neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word…en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien?—dat ek ook so kan doen. So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ‘n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie”

God vertel Christene om nooit wat goddelik is te meng met wat heidens is nie—of die waarheid met wat vals is nie! Moenie toelaat dat mense aan jou vertel dat dit wat God sê, nie 'n verskil maak nie. Dit maak!

Paasbolletjies

Toe ek in graad een was moes al die kinders in my klas 'n solo van sy of haar keuse sing. Ek sal nooit daardie skrikwekkende oomblik vergeet nie. Ek was doodskaam en so verleë dat ek die kortste liedjie in ons sangboek “Paasbolletjies” uitgesoek het en dit voor die klas gesing het. Natuurlik het ek geen idee gehad oor wat ek gesing het nie. Alhoewel kort (dit was net vyftien woorde), het ek nooit die les van sy betekenis vergeet nie.

Neem kennis van Jeremia 7:18: “Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.” Die koeke wat aan die hemelkoningin aangebied word is dieselfde as die paasbolletjies wat miljoene kinders vandag oor sing (Alexander Hislop, The Two Babylons, bls. 107). Wat so onskuldig voorkom is geensins onskuldig nie.

Wie is die koningin van die hemel?

Astartes—Die Koningin van die Hemel

Astartes (Paas)-aanbidding was altyd verbind met aanbidding van Baál of sonop aanbidding. Astarte was Baál se vrou. Let op 'n ander naam vir Astartes, was Asterot. Die volgende aanhaling maak hierdie punt duidelik: “Wat beteken die uitdrukking Paasfees self? Dit is nie 'n Christelike naam nie. Dit dra die Chaldese oorsprong op die voorkop. Paasfees (soos in engels genoem, Easter) is niks anders as Astarte, een van die titels van Beltis, die koningin van die hemel. Nou, die Assiriese godin, of Astarte word met Semiramis as koningin van Babilon deur Athenagoras (Legatio, vol. ii, bls. 179 en deur Lucian (De Dea Syria, vol. iii, bls. 382), geidentifiseer. Nou, geen naam kan die karakter van Semiramis meer presies as koningin van Babilon uitbeeld, as die naam ‘Ash-tart’ nie, want dit beteken net ‘Die vrou wat torings maak’… Asturit, is dan klaarblyklik dieselfde as die Hebreeuse ‘Asoret’” (Alexander Hislop, The Two Babylons, blse. 303, 307-308).

Neem kennis van hierdie oortuigende aanhaling van Microsoft Multimedia Encyclopedia: “Ishtar was die groot moeder van vrugbaarheid en die koningin van die hemel.” So in werklikheid was Astoret (Astartes) Nimrod se owespelige, moeder/eggenoot weduwee Semiramis soos baie historiese geskiedkundiges beaam! Pase is nou bevestig as niemand anders as Astartes van die Bybel nie. Ons kan nou die Heilige Skrif ondersoek wat wys hoe God die aanbidding van hierdie heidense godin beskou—met enige naam.

God Noem Paasfees Boos

Nou dat ons weet dat Easter/Pase die godin Astartes is, is dit vir ons nodig om in die Bybel te kyk om te sien wat God van haar dink. Kyk na hierdie vers: “En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baáls gedien. Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien, (Easter/Pase)” (Rig. 2:11, 13).

Die konteks wys dat God toegelaat het dat Sy mense in gevangeskap uit hulle land geneem word as gevolg van hierdie sonde! Dit gaan voort om te verduidelik hoe God oor en oor deur 'n reeks van Rigters Sy mense verlos het. Na elke bevryding het Israel terug gekeer na dieselfde afgode, wat op sy beurt nog 'n gevangeskap via die nasies rondom hulle meegebring het. Dit wil voorkom asof hulle nooit geleer het nie, soos vers 19 duidelik maak: “Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger… gehandel deur agter ander gode aan te loop…hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.” In Hoofstuk 10 vers 6 herhaal Israel hierdie patroon van hardnekkigheid. En God, net so hardnekkiglik, noem dit steeds boosheid.

Die Baál en Astarte aanbidding het tydens Samuel se tyd weer voorgekom. Samuel het Israel vertel, “…Verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; Daarop het die kinders van Israel die Baáls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien” (1 Sam. 7:3-4). Later, in 1 Samuel 12:10-11, het Samuel openlik Israel se geskiedenis aan hulle vertel. Hy het hulle herinner dat hulle gedurig tot God terug gekeer en Hom gehoorsaam het, om maar net weer en weer agteruit in afgodery in te verval!

Dit was reeds gesê, “Dat die enigste ding wat uit die geskiedenis geleer is, is dat niemand uit die geskiedenis leer nie.” George Santayana het dit selfs verder gevoer, deur te sê “Diegene wie nie deur die les van geskiedenis leer nie, is gedoem om dit te herhaal.

Hierdie les beskryf antieke Israel—maar dit beskryf ook vandag se moderne wêreld. Omdat Israel nie op die spoor kon bly nie, was hulle mettertyd in gevangeskap geneem en vir die geskiedenis verlore geraak! Na nog een meer gevangeskap en straf, openbaar profesie dat Christus hulle vir die laaste keer bymekaar sal maak.

Een Finale Voorbeeld

Die Bybel verklaar dat Koning Salomo die wysste man was wat ooit gelewe het. Tog, het hy 'n fout gemaak wat God so ernstig beskou het dat Hy na sy dood Salomo gestraf het deur sy troon van sy seun te verwyder.

Sy fout?

Hy het met 'n vrou getrou wie hom verlei het na aanbidding van Astarte (Astoret). Neem kennis van 1 Konings 11:4-6: “En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan,…En Salomo het agter Astarte, die godin van die Sidoniërs, So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie.” Verse 11 en 12 bewys dat die koninkryk van sy seun weggeneem is.

Twee Kerke: Die Groot Omskakeling

Daar is twee heeltemal verskillende kerke wat in die Nuwe Testament uitgebeeld word. Een, die ware Kerk wat Jesus gebou het, is as die bruid van Christus beskryf wat alle betrokkenheid met hierdie wêreld en sy maniere versaak om rein te wees wanneer Hy kom om haar te haal. Maar dwarsdeur die Nuwe Testament, was dit geprofeteer dat valse onderwysers sou insluip en beheer van die kerk organisasie verkry. Ware Christene sou van baie van hulle oorspronklike gemeentes moes vlug om aan te hou om God te gehoorsaam. Hulle sou daarom 'n “klein kudde” wees, dikwels verstrooi en nooit enige politiese mag in hierdie wêreld hê nie.

Die wêreld het min ag geslaan op hierdie klein, verstrooide, vervolgde Kerk, maar Christus het belowe dat Hy dit nooit sou verlaat of versaak nie en dat die “poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie” (Mat. 16:18). Hoewel dit periodiek vir sy lewe moes uiteenspat (Hand. 8:1; Dan. 12:7), het Christus Sy belofte om getrou te bly nagekom en dit met gesag beklee en dit deur Sy Gees versterk. Nieteenstaande aanhoudende vervolging—selfs in tye van groot martelaarskap deur die groot gewilde kerke wat dit altyd wou vernietig—het 'n oorblyfsel dwarsdeur die laaste 2,000 jaar altyd oorgebly wat aangehou het om die “gebooie van God en die geloof van Jesus te bewaar” (Opb. 14:12).

God het nog altyd Sy Kerk beveel om nie heidense feeste te hou nie. Hierdie klein Kerk was nog altyd gewillig om Hom te gehoorsaam. Die hele 12de hoofstuk insetsel gee 'n kort oorsig van sy geskiedenis, reg tot en deur die tyd dat God dit bewaar, tot voor Christus se wederkoms.

Paulus het die gemeente van die Thessalonicense gewaarsku, “…Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk” (2 Thes. 2:7). Hierdie verborgenheid het reeds invloed binne die ware Kerk gehad, net twintig jaar na Christus dit op 31 n.C. gestig het. Dit was die einste Chaldese Verborgenheid wat in Kersfees en Paasfees—sy twee grootste feeste, verpersoonlik was! Sonder uitsondering het die aankoms van hierdie valse feesviering vereis dat ware Christene moes vlug.

Dit is dieselfde patroon aan die werk wat hierdie boekie se skrywe genoodsaak het. Sedert die afsterwe van Meneer Herbert W. Armstrong (die leier van God se Kerk vanaf 1934 tot 1986), het die geprofesseerde “afval” (die Griekse woord apostasia hier beteken “om van die waarheid weg te dwaal”) voor die wederkoms van Christus (2 Thes. 2:1-3), nou gebeur. Baie van Meneer Armstrong se skrywes is nie meer beskikbaar nie en hulle is almal deur Die Hestelde Kerk van God herskryf.

Dus, die voorheen genoemde ware Kerk organisasie het by die ander kerk aangesluit, wat as 'n hoer koningin (soos Semiramis/Astarte) beskryf word, wat 'n dier met sewe horings ry (Opb. 17). Hierdie horings verteenwoordig die historiese herlewings van die Heilige Romeinse Ryk. Hierdie hoeragtige vrou simboliseer 'n magtige, politiese kerk. Gaandeweg het hierdie kerk wat te Rome gesetel is, meer en meer heidense leerstellings en praktyke aangeneem totdat die enigste merkbare verskil tussen dit en die heidense geloof, die gebruik van die woorde Jesus Christus was. Dit is hoe dit gebeur het dat Paasfees gevier word in die plek van die ware Christen Pasga.

Hierdie “moeder kerk” het baie “dogter denominasies” en die hele sisteem is vermom onder die banier van “Christendom” terwyl hulle egter regtig die “Babilon Geheime Geloof” is. Die Bybel beeld haar uit as 'n universele verleier met alle Christen lande wat dronk gemaak is deur haar valse leerstellings! Sy word uitgebeeld dat sy dronk gemaak is deur die bloed van die heiliges, terwyl sy terselfsdertyd spog dat sy die ware kerk is. Al haar dogters het haar heidense praktyke aanvaar.

Die Kwartodesimaan Dispuut

Van Pasga na Paasfees

Wat sê die geskiedenis omtrent hoe en wanneer die heidense Paasfees gekom het om die Pasga diens wat deur God georden is, te vervang? 'n Reeks omvangryke aanhalings vertel hierdie storie—algemeen na verwys as die “Pasga-Paasfees omstredenheid.” Verskeie bronne word aangehaal sodat die storie van hoe die onegte Paasfees die Pasga vervang het, heeltemal duidelik sal wees. Hierdie probleem—Pasga teen Paasfees—het so sentraal as 'n toets van die mag van die groot kerk geword wat verlang het om die “klein kudde” te verbrysel, dat die doodsvonnis vir ongehoorsaamheid uiteindelik van toepassing sou wees op enigiemand wat een van God se Sabbatte of Sy ware feeste onderhou.

Moet nie 'n fout maak nie! Of iemand kies om God se Pasga te hou of die heidense Paasfees te vier, is ernstig!

Neem eers kennis van die volgende deur Eusebius ('n baie bekende geskiedkundige van die vroeë Kerk) van uit sy werk, Ecclesiasitcal History, Book V, Hfst. XXIII en XXIV: “'n Vraag wat nie klein in belangrikheid is nie het op daardie tyd ontstaan. Vir die gemeentes van die hele Asië, soos van 'n ouere tradisie, is behou dat die veertiende dag van die maand, op die dag wat die Jode opgedra was om die lam te offer, moet as die Verlosser se Pasga nagekom word…die biskoppe van Asië, gelei deur Polycrates het besluit om die ou gewoonte wat aan hulle gegee was, te hou. Hyself het 'n brief wat hy aan Victor en die kerk te Rome geadresseer het in die volgende woorde, die tradisie soos dit aan hom gegee was, uiteengesit:

“Ons bewaar die presiese dae, voeg nie by en neem nie weg nie. Daar, in Asië het groot ligte aan die slaap geraak, wat weer sal opstaan op die dag van die Here se wederkoms wanneer Hy in heerlikheid van die hemel sal kom en al die heiliges sal uitsoek. Onder hulle is een Filippus, een van die twaalf apostels…en boonop, Johannes, beide 'n getuie en onderwyser wat op die bors van ons Here geleun het…en Polycarp in Smyrna, wat 'n biskop en martelaar was; en Thraseus, biskop en martelaar van Eumenia…die biskop en martelaar Sagaris…die geseënde Papirius, of Melito…Hulle het almal die veertiende dag van die pasga ooreenkomstig die evangelie onderhou, het in geen aspek afgewyk nie, maar die voorskrif van geloof gevolg.”

Die 1967 New Catholic Encyclopedia verklaar: “Kwartodesimaan, 'n term wat die praktyk beskryf van die vroeë Kerk om die Pasga op die veertiende dag van Nisan te hou (die kwarta desimaal), die dag van die Joodse Pasga (Exo. 12:6, Kwartodesimanisme, heersend in Klein Asië en Sirië in die 2de eeu, het die dood van Christus, die ware Pasga slagoffer beklemtoon (Joh. 18:28; 19:42), terwyl Romeinse gewoonte Sondag as die dag van Opstanding waargeneem het. Implisiet in hierdie twee posisies is die kronologiese geskil van die Heilige Week. Soos wat die Christendom van Judaïsme geskei het, het nie-Joodse Christene beswaar gemaak om die hoof Christenfees op dieselfde dag as die Joodse Pasga te onderhou.

Romeinse inspanning om die Kwartodesimane oor te haal om hul praktyk te versaak was onsuksesvol. Tydens 'n besoek aan Rome (c. 155) van St. Polycarp van Smyrna, is die aangeleentheid vriendelik met Pous Anicetus bespreek, maar 'n ooreenkoms kon nie bereik word nie. Pous Victor (189-198), het eenheid begeer deur 'n reeks sinodes te hou in beide Ooste en Weste; almal het die Romeinse praktyk aangeneem behalwe die Asiatiese biskoppe. Toe Victor deur verbanning dwang gepoog het, het St. Irenaeus van Lyons tussenbeide getree en vrede herstel (Eusubius, Hist. Eccl. 5.23-25). Gedurende die derde eeu het Kwartodesimanisme afgeneem; dit het in sommige Asiatiese gemeenskappe voortgeduur tot in die 5 de eeu” (Vol. 12, bls. 13).

Die volgende baie lang aanhaling van die Encyclopedia Britannica, 11de uitgawe som op en vertel die storie haarfyn van hoe Paasfees stadig in 325 A.D. binne sigbare “Christendom” die Pasga vervang het: “Alhoewel die onderhouding van Paasfees in die baie vroeë periode die praktyk van die Christen Kerk(vals)was, het 'n ernstige verskil oor die dag van onderhouding daarvan tussen die (ware) Joodse Christene en die van nie-Joodse afkoms ontstaan, wat tot 'n lang en bittere geskil gelei het….Die Joodse Christene…(onderhou) die 14de dag van die maand teen die aand…sonder inagneming van die weeksdag. Die nie-Joodse Christene (Rooms Katolieke)…identifiseer die eerste dag van die week met die opstanding en hou die vorige Vrydag as die herdenking van die kruisiging, ongeag die dag van die maand.

“Algemeen gesproke, het die Westerse Kerke (Rooms Katoliek) Paasfees op die 1 ste dag van die week gevier, terwyl die Oosterse Kerke [insluitende die oorgeblewenes van die ware Kerk] die Joodse reël gevolg het [die ware Christen Pasga]”.

“Polycarp, die dissipel van Johannes die Evangelis (laaste van die 12 apostels) en biskop van Smyrna, het Rome in 159 (sic) besoek, om met Anicetus die biskop van daardie see te beraadslag oor dié onderwerp en het hy op die tradisies om op die 14de dag dit te onderhou, wat hy van die apostels ontvang het aangedring. Nietemin, Anicetus het geweier. Omtrent 40 jaar later (197) was die vraag in 'n heel ander gees tussen Victor, biskop van Rome, en Polycrates, metropolitaan van die prokonsulêr van Asië. Daardie provinsie [wat kerke wat deur Paulus opgerig was verwelkom het, soos Antiochië en al daardie wat in Openbaring 2 en 3 as die ware Kerk geidentifiseer is] was die enigste deel van Christendom wat nog aan die Joodse gebruik vasgekleef het. Victor wat te Rome heersend was, het vereis dat almal die gebruik moes aanneem. Polycrates was geensins bereid om daarmee saam te stem nie en het baie gewigtige redes tot die teendeel benadruk, waarop Victor verder gegaan het en vir Polycrates en Christene verban wat met die (korrekte) Oostelike gebruik voortgegaan het. Hy was egter weerhou (deur die raad van ander biskoppe) om eintlik die dekreet van verbanning deur te voer…en die Asiatiese kerke het hul gebruik ongesteurd behou. Ons vind dat die Joodse gebruik (die ware Nuwe Testament Pasga) van tyd tot tyd na dit herstel het, maar dit het nooit tot 'n groot mate geheers nie.

“'n Finale skikking van hierdie dispuut was een rede wat Konstantyn (Romeinse Keiser) gelei het om die Raad van Nicaea in 325 in die lewe te roep. Op daardie tydstip was die Siriese en die van Antiochië die enigste voorstaanders van die 14de dag se onderhouding. Die besluit van die Raad was eenparig dat die Pasga op Sondag gehou moes word en dat die dwarsdeur die wêreld op dieselfde Sondag moes plaasvind en dat niemand hierna die blindheid van die Jode moes navolg nie [Of, in ander woorde, niemand was toegelaat om die voorbeeld van Christus en die ware Kerk wat Hy gebou het, te volg nie]. Die MIN wat daarna hulleself geskei het van die eenheid van die [politiek georganiseerde] kerk en aangehou het om die 14de dag te hou, is Kwartodeceman genoem [van die Latynse woord vir 14] en die dispuut self is bekend as die Kwartodesiman omstredenheid” (Vol. VIII, blse. 828-829).

Hier is 'n baie kragtige aanhaling wat die volle storie van wat gebeur en hoe dit gebeur het, absoluut duidelik maak. Geskiedenis meld dat Polycarpus gemartel is toe hy van Rome teruggekeer het (in 'n plaashuis doodgebrand), net dae na sy ontmoeting met Anicetus oor die aangeleentheid van die onderhouding van die Pasga of Paasfees. Hy was seer sekerlik gedood omdat hy nie 'n kompromie wou aangaan oor die behoorlike waarneming van die Pasga nie.

Die 1967 New Catholic Encyclopedia verklaar die volgende: “Soms het die Kwartodesimane die Pasga op die dag gevier wanneer ander Christene Goeie Vrydag vier. Oorspronklik was albei onderhoudings toegelaat, maar stadig is daar gevoel dat dit onvanpas was dat Christene Paasfees gedurende 'n Joodse fees onderhou en is daar 'n beroep gedoen op eenheid in die herdenking van die hoof Christelike fees” (Vol. 5, bls. 8).

Lees nou hierdie aanhaling van dieselfde bron, wat die aangeleentheid afsluit van hoe die Raad van Nicea vir almal “besluit” het oor die saak van Paasfees teen Pasga: “Soos vir Paasfees, het die vaders 'n dekreet uitgevaardig (1) dat alle Christene dit op dieselfde dag moet onderhou, (2) dat Joodse maniere nie gevolg moet word nie, en (3) dat die praktyk van die Weste, van Egipte en van ander Kerke van krag moet bly naamlik, om Paasfees op die Sondag te vier wat die eerste volmaan na die lentenagewening volg” (Vol. 5, Bls. 433).

Die 1909 uitgawe van The Catholic Encyclopedia sê, “Na die Pous se streng maatstawwe het dit voorgekom asof die Kwartodesimane gaandeweg weggekrimp het. Origenes, in die “Philosuphumena” (VIII xviii) wil dit voorkom asof hulle as 'n blote handvol verkeerd-koppige nie-konformiste beskou word. TWEEDE FASE—Die tweede fase van die Paasfees omstredenheid sentreer om die Raad van Nicea [A.D. 325] wat veroorloof dat die groot Paas-viering altyd op 'n Sondag gehou moes word en nie saamval met 'n besondere fase van die maan nie wat op enige dag van die week kan gebeur” (Vol. 5, bls. 228).

Die waarheid omtrent die Paasfees was dat dit altyd regstreeks verbind is met die maan, ongeag die dag van die week waarop dit val! (Die woord maand is afgelei van maan.) Die 14de dag van Nisan (Abib) was God se opdrag (Exo. 12:1-6)—nie die naaste Sondag aan hierdie of enige ander datum nie.

Dieselfde uitgawe van The Catholic Encyclopedia wanneer dit die finale besluit te Nicea in A.D. 325 beskryf, het die woorde wat Konstantyn aan al die kerke geskryf het, aangehaal: “By hierdie vergadering was die vraag omtrent die mees heilige dag van Paasfees bespreek en was dit beslis deur die verenigde oordeel van almal teenwoordig dat hierdie fees behoort deur almal in elke plek en op dieselfde dag gehou te word…En eerste van alles blyk dit 'n onwaardige ding dat in die viering van hierdie mees heilige fees ons die praktyk van die Jode moet volg, wat goddelooslik hulle hande met enorme sonde besmet het…want ons het van ons Verlosser 'n verskillende manier ontvang [hierdie is vals omdat Christus nooit “'n verskillende manier” opgedra het nie”]… En ek myself het onderneem dat hierdie besluit sal deur julle Sagacities met goedkeuring ontvang word met die hoop dat julle Wyshere graag sal toegee dat die praktyk wat meteens in die die stad van Rome en in Afrika, dwarsdeur Italië en in Egipte…met eenheid van oordeel onderhou word (Vol. 5, bls. 228).

Laastens, hierdie selfde bron gaan 'n paar paragrawe later voort met, “Die finale besluit lê altyd met aanvaarde ekklesiastiese gesag…was in die eerste plek 'n saak van ekklesiastiese dissipline en nie astronomiese wetenskap nie” (bls. 229). Hierdie twee kort frases maak dit duidelik dat kerk gesag in Rome en nie God se woord nie, besluit het of die Paasfees of die Pasga gehou moes word.

Slegs die “minderheid” het getrou aan die waarheid gebly—en dit is nog altyd so. Uiteindelik, soos die heidense valse kerk in politieke invloed gegroei het, was die dood vonnis op enige iemand wat God se sewende dag Sabbat of enige van Sy ander Feeste, soos die Pasga hou, opgelê. Ware Christene moes altyd vlug na plekke waar hulle kon aangaan om God se gebooie en waarhede te onderhou. (Lees ons gratis boek Waar is die Ware Kerk—en Sy Ongelooflike Geskiedenis!).

Dwarsdeur die eeue, hoewel geignoreer en deur die wêreld vervolg, het hierdie selfde Christene ('n enkele ware Kerk van God) altyd vas gehou aan God se waarheid oor hierdie lewenskragtige doktrinêre punt—sowel as die ander ware bybelse leerstellings!

Die Pasga Was 'n Opdrag

Ons het reeds gesien dat God nooit beveel het, maar eerder eintlik teen die onderhouding van die Paasfees opdrag gegee het. Dit was nog altyd Sy doel dat die Pasga een maal per jaar gehou word—vir ewig. Die vroeëre gedeeltes van hierdie boekie het die Nuwe Testament opdrag om die Pasga deur die nuwe ingestelde simbole van brood en wyn, kortliks bespreek.

Die Nuwe Testament Pasga sluit ook is die ordonansie van nederigheid wat voetewas genoem word. Die opdrag word in Johannes 13:2-15 gevind en was deur Christus opgedra om aan almal wat God se leerstellings wil leer te onderrig. Christus het Sy dissipels opgedra, “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Mat. 28:19-20).

Hierdie opdrag sluit die Pasga in, asook die voetewas en die simbole van brood en wyn. Dit sluit ook in die onderhouding van die Dae van Ongesuurde Brode en al God se ander feesdae. Indien u vasbeslote is om nie langer met hierdie wêreld se Paasfees tradisie voort te gaan nie, dan sal die vroeëre aangebode boekie How Often Should the Lord’s Supper Be Taken? u leer wat alles in die onderhouding van die Nuwe Testament Pasga diens behels word. Die Herstelde Kerk van God kan u help om te leer hoe dit gedoen word.

Wat Sal U Doen

Kan Paasfees “in eer van Christus gehou word”? Sommige mag sê, “Nou ja, ek weet dat Paasfees van die heidendom kom—maar ek is nie 'n heiden nie! Ek vier dit ter ere van Christus. Ek fokus op Hom.” Omdat God geweet het dat Israel so sou voel toe hulle die gelowe van heiden nasies teegekom het en sou probeer om valse maniere te gebruik om die ware God te eer, het Hy die opdrag in Deuteronómium 12:28-32 gegee. God het altyd opdrag gegee dat mense wat Hom aanbid dit presies moet doen soos Hy opgedra het! Net so het Christus ook.

Lees ons boekie Christ’s Resurrection Was Not on Sunday. Dit verduidelik hoe en hoekom die “Sondag Opstanding” idee in gebruik gekom het as 'n wyse om Sondag-Onderhouding (aanbidding op die dag van die son, of die son se dag) te endosseer, in die plek van die onderhouding van God se ware Sabbat dag. Lees ook ons verwante artikel, Christ’s Crucifixtion Was not on Friday.”

Jesus het aan die Fariseërs gesê, “So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering….tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (Mat 15:6, 9). Markus se vergelykende weergawe voeg ‘n belangrike element by: “Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou” (7:9). Hierdie verse is duidelik van toepassing op diegene wie die Pasga opsy sit sodat hulle die heidense Paasfees kan hou.

Honderde miljoene onderhou die duidelike afgodiese heidense fees bekend as Paasfees, terwyl hulle glo dat hulle vir Jesus Christus eer! Meeste is geheel en al onkundig oor wat hulle doen. God se antwoord vir al hierdie is “…die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer” (Hand. 17:30)!

Van Paasfees Terug Na Pasga

Die volgende is uit die afsluiting van Herbert W. Armstrong se boekie, The Truth About Easter. Dit volg 'n kort oorsig van die belangrikheid van die onderhouding van God se Pasga in plaas van die heiden Paasfees: “Ons het nodig om terug te keer na die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer was.” Laat ons nederig en gehoorsaam hierdie heilige ordonansie [Pasga] waarneem soos ons opgedra word, op die Skriftuurlike tyd, na sononder, die 14de van Abib [Nisan] ooreenkomstig die Heilige Kalender.

U mag verkies om die volgende te lees: