JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Stoor om later te lees
Beskikbaar in hierdie tale:
  Afrikaans
Waar is God se Kerk vandag?
New York VSA Jamaika Peru Idaho, VSA Indië België Kenia Arkansas, VSA Suid-Afrika Engeland Nigerië Ohio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
David C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

U mag verkies om die volgende te lees:

Wat is ware Bekering?

deur David C. Pack

Is dit slegs maar net om “Christus te erken as jou Heer en Saligmaker”? Hoe en wanneer word `n mens bekeer? Is dit skielikonmiddellik? Is dit `n geleidelike proses wat lewenslank kan duur? Daar is baie mense wat worstel met probleme, swakhede en sondes. Verwag God dat u jou sondes te bowe kom en vooruitgang maak? Wat beteken dit? Hoe word dit bewerkstellig? Watter rol speel die Heilige Gees? Wat van jou geloof en inkering? Baie mense aanvaar dat hulle perfek moet wees. Ander oordeel God se weg volgens die gedrag van Christene. Kan `n persoon sondig en nog steeds `n Christen bly? Wat omtrent vergewing? Miljoene mense soek antwoorde op hierdie vrae. Hier is die onderwerp van Christelike bekering finaal duidelik gestel!

 Taal Afrikaans Deutsch English Español Français Italiano Kiswahili Nederlands Polski Srpski 中文

Wanneer is `n persoon bekeer? Ek het baie mense geken wat hulle bekering betwyfel het, aangesien hulle nooit die betekenis van ware bekering geleer het nie. Toe hulle onder skoot kom ― onder druk geplaas word ― het hulle ontbreek aan die vertroue om te weet hoe om effektiewelik hulle probleme aan te spreek. Hulle was nie eens seker daarvan of hulle die krag het om hulle probleme te bowe te kom nie.

Aangesien die duiwel ― wat die god van wanorde is (1 Kor.14:33) ― wat die hele wêreld verlei (Op.12:9)―, is dit geen wonder dat hy belydende Christene omtrent hierdie belangrike onderwerp ook probeer verwar nie.

Presies wat is `n ware Christen? Is dit iemand wat “die Kerk bywoon” ― iemand wat “Jesus bely” ― wat “Christus ken” ―`n persoon wat “gedoop” is? Is daar `n enkele vers wat ons kan opsoek wat die Bybelse definisie gee van wat `n ware Christen is ― een wat alle verwarring verwyder?

Die apostel Paulus het geskryf, “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God”(Rom.8:14). `n Christen is dus iemand wat deur die Heilige Gees gelei word. Is dit heeltemal noodsaaklik om deur God se Gees gelei te word, om `n Christen te wees? By hierdie punt in die konteks, het Paulus alreeds gesê, “julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom (Christus) nie.” (vers 9)!

Dit is so eenvoudig! `n Persoon het of die Gees van God en is dus `n Christen, of hy/sy het dit nie en is dus nie `n Christen nie–“behoort nie aan Hom nie”. Almal wat dus waarlik bekeer is, het die Heilige Gees binne in hulle.

Maar wat beteken dit alles? Behels die ontvangs van God se Gees alles wat daar is aangaande die Christendom en werklike bekering ― of is daar meer aan verbonde?

Ontvangs van Krag

Christus het die apostels vir veertig dae geleer na Sy Opstanding uit die dood (Hand.1:3). Hy het hulle gelas om in Jerusalem te wag, waar hulle tien dae later op die Pinksterfees, die Heilige Gees sou ontvang. Die dissipels het Hom gevra of Hy op die punt staan om Sy koninkryk op aarde te vestig. Net voor Sy hemelvaart het Christus gesê, “Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet .....nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,...” (vs.7-8) `n Wolk het hom toe weggeneem.

Soos die apostels gewag het op krag deur die Heilige Gees, verwag baie mense vandag om `n sekere mate van addisionele krag te ontvang met hulle bekering. Sê vir `n tiener dat hy die sleutels van die gesinsmotor kan kry en hy sal beslis geen moeilikheid hê om te verstaan dat hy op die punt staan om ware krag te ontvang nie. Die eerste keer toe ek die sleutels van my vader se motor in ontvangs geneem het, het ek presies geweet wat dit beteken. Dit is nie verskillend van `n potensiële Christen wat wag om die Gees van God te ontvang met sy inkering en doop nie.

Paulus skryf aan Timóteüs, “Want God het ons nie `n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7). Aangesien Christene die Gees van God ontvang het, het ware werklike krag deel geword van hulle daaglikse bestaan. Natuurlik sê die vers ook dat `n Christen liefde demonstreer ―of die lewenswyse van gee ― en dat sy gedrag selfbeheersing weerspieël.

Die feit dat God se Gees selfbeheersing verleen, is `n bewys daarvan dat God verwag van Christene dat hulle hul roeping ― hulle bekering ― God se DOEL vir hulle, moet verstaan. God verwag dat mense gegrond moet wees in Sy Weg. Daarom moet dit ook `n begrip van al die basiese aspekte van ware bekering insluit.

Wanneer word die Heilige Gees gegee?

Hoe word God se Gees eintlik deur `n persoon ontvang? Hoe kan hy verseker weet dat hy dit ontvang het? Vanaf hierdie oomblik wat as bekering geld, by watter punt kan die potensiële Christen verseker weet dat hy God se Gees ontvang het?

As `n persoon nie die Heilige Gees het nie, kan hy nie as `n ware Christen beskou word nie. Gevolglik kon God sekerlik nie sy diensknegte in twyfel laat hetsy hulle dit het nie ― presies wanneer hulle dit ontvang nie!

Die boek van Handelinge verklaar, “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” (2:38)

Die ontvangs van God se Gees kom na ware berou en `n korrekte doop. Hiermee gepaard kom die vergifnis van sonde of kwytskelding. Dus is daar `n spesifieke moment wanneer bekering begin. Daar is `n bepaalde tydstip wanneer die Heilige Gees die verstand binnekom en `n persoon word `n ware Christen ― en God het `n nuwe seun verwek. Daar is egter meer om te verstaan.

Ons moet vra, is verlossing nou voltooi in die Christen? Is hy of sy nou “gered”? Is die nuwe verwekte kind van God dadelik volmaak, nie in staat om ooit weer te sondig of verkeerd te loop nie, omdat hy homself as gered beskou?

Ware Christelike bekering is `n GELEIDELIKE proses van groei en bemeestering ― van verandering en ontwikkeling. Maar hoe doen u dit? Hoe vertoon die “voltooide” Christen aan die einde van dié proses? Wat het dit ook te doen met die doel van `n Christen ― waarna hy strewe as sy finale beloning omdat hy `n Christen was?

God se plan vir Christene

Christus het dwarsdeur sy bediening die evangelie van die koninkryk van God verkondig. Verskuil binne hierdie boodskap is die begrip van die ontsaglike, ongelooflike menslike potensiaal vir diegene wat hulself waarlik aan God beywer. Waar Christus ook al gegaan het, het Hy gepraat van die koms van die koninkryk ― of REGERING ― van God. Terwyl die meeste van Sy gelykenisse gesentreerd was rondom hierdie boodskap, het min mense wat dit gehoor het die betekenisse daarvan verstaan. Toe Christus hierdie gelykenisse verkondig het, het Hy altyd ook ingesluit hoe ware Christene kwalifiseer om deelname te kry in daardie regering!

Matthéüs 13 bevat `n half dosyn “koninkryk” gelykenisse. Hierdie hoofstuk begin met die gelykenis van die “Saaier en die Saad” wat iemand beskrywe wat saad in verskillende plekke en soorte grond saai. In sommige gevalle beskryf die gelykenis hoe die saad groei en floreer in die persoon wat dit ontvang het. In ander gevalle was dit óf gou dood nadat dit begin groei het, óf het dit nooit wortel geskiet nie. Ander wat die saad ontvang het, het in karakter gegroei, “party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig” op hulle weg na die koninkryk.

Dit word gevolg deur die gelykenis van die “Koring en die Onkruid”. Die gelykenis bespreek “vrugte” wat in Christene se lewens verskyn voor die tyd wanneer God hulle binne Sy “skuur” versamel. Die vrugte, goed of sleg, verteenwoordig Christelike groei, of die gebrek daaraan. Die skuur is `n sinnebeeld van die koninkryk van God.

Die derde gelykenis beskrywe die aanvang van die koninkryk as `n klein mosterdsaadjie wat groei en ontwikkel en dus uiteindelik `n groot boom word. Dit word gevolg deur die gelykenis van die suurdeeg, `n beskrywing van God se koninkryk as suurdeeg wat versprei totdat dit die deeg (die aarde, alle nasies) heeltemal deursuur het. Die vyfde een vergelyk die koninkryk met`n skat wat in `n saailand onder die grond lê. Die ontdekker daarvan verkoop alles wat hy het om daardie land te koop.

Die sesde gelykenis beskryf die koninkryk as “`n baie waardevolle pêrel” wat `n handelaar koop, nadat hy alles wat hy gehad het, verkoop het, om genoegsame geld bymekaar te maak vir die aankoop daarvan. Die sewende en finale gelykenis van hierdie een hoofstuk beskryf die koninkryk as `n “treknet” wat allerhande soorte vis vang. Die “goeie” vis word behou, maar die “slegte” vis word weggegooi. Christus verduidelik dat die goeie vis diegene is wat die koninkryk binnegaan. Die slegtes verteenwoordig diegene wat opgebrand (vers 50) en vernietig word in `n “vuuroond” (die meer van vuur). (Lees ons boekie Die waarheid aangaande die HEL om die waarheid aangaande hierdie misverstande onderwerp te begryp.)

In elkeen van hierdie gelykenisse is die boodskap dieselfde. Sommige mense (nie almal nie) is gewillig om die prys te betaal om `n Christen te wees. Hulle is gewillig om geestelik te groei en om ware Christelike karakter te ontwikkel, sodat hulle later die ewigdurende beloning kan erf. Die beloning behels om gebore (nie meer slegs verwekte nie) Kinders van God ― in die GOD FAMILIE ― te word en om saam met Hom in die koninkryk van God te regeer. (Op.5:10)

Daar is baie ander gelykenisse in die Nuwe Testament. Baie van Christus se onderrig was deur die gebruik van hierdie stories oor algemene, welbekende dinge. Die bedoeling was dat dit diep lesse aangaande `n Christen se roeping moes leer, vir diegene wie se denke deur God geopen is om dit te verstaan.

Christus het gesê, “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie” (Joh. 6:44,65). U kan nie God se waarheid verstaan nie, tensy God jou getrek het ― jou geroep het― daarnatoe deur die krag van Sy Heilige Gees. Dus begin die proses van ware Christelike bekering met `n roeping of trekking direk deur die Vader.

Die gelykenisse van die verlore skaap, die bruilof, die tien meisies, die ponde, die vyeboom, die verlore muntstuk, die oneerlike bestuurder, Lasarus en die ryk man, die talente, die tien maagde, oneerlike regter, die skape en bokke, die verlore seun, die goeie Samaritaan en ander, almal het betrekking tot of beskryf `n Christen wat die komende koninkryk, of die regerende Familie van God binnegaan, met Christus se Tweede Koms. Tyd kan geneem word om elke gelykenis in groter besonderhede te ondersoek om dit te demonstreer. Hoewel sommige gelykenisse baie kort is en ander veel langer, bly die doel van die meeste van Christus se gelykenisse hoofsaaklik dieselfde. Vir diegene wat gehoor gee aan Petrus se instruksie dat “julle moet toeneem in die genade en kennis ...” (2 Pet.3:18), is heerskappy in die goewerment van God onder Jesus Christus bereikbaar.

Die Komende Koninkryk van God.

Christus het gesê in die Bergpredikasie, “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid...” (Matt.6:33).

`n Christen moet altyd na hierdie twee onskeibare doelwitte strewe. Neem kennis dat die eerste voorkeur is beywering vir die koninkryk van God. Die Christen moet ook God se geregtigheid ― Sy geestelike karakter ontwikkel. Hierdie predikasie beklemtoon hoofsaaklik die opbou van karakter deur gehoorsaamheid aan die Wet van God.

Die apostel Johannes het Christus se woorde aangeteken : “In die huis van my Vader is daar baie wonings (betrekkings); as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh.14:2-3).

Hierdie Skrifgedeelte verg nadere ondersoek.

Eerstens, daar is baie “wonings” (betrekkings) in God se “huis” (koninkryk). Tweedens, Christus is besig om hierdie betrekkings vir Christene voor te berei, voordat Hy terug kom. Derdens, Christene gaan nie na Hom toe om saam met Hom te wees waar hy nou is nie­― in die hemel of enige ander plek nie― want Jesus het gesê dat Hy terug kom. (Die Hemel was nog nooit die beloning vir diegene wat gered is nie.) Die Christen word `n erfenis van heerskappy oor die aarde aangebied.(Matt.5:5)

Een hoofstuk later (Joh.15:1-2), gaan Christus voort met hierdie woorde, “Ek is die ware wynstok.... Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

In vers 5 sê Hy weereens “dra baie vrug,” en in vers 8,”Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra...”Ten slotte het Hy gesê,”.....Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra...” (vers 16).

`n Christen bring vrugte voort in sy lewe! Vers 8 verduidelik dat deur dit te doen, is ons Sy dissipels. Christus identifiseer jou as een van Sy dissipels (en as `n kind van God) gebaseer op of u vrugte voortbring in hierdie lewe of nie!

Nou moet ons sommige basiese verse omtrent die Koninkryk van God in ag neem.

God se voor-die-Vloed dienskneg Henog, (Noag se oupagrootjie) het ook gepreek oor die komende Koninkryk van God. Judas het sy boodskap beskryf: “Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal...” (verse 14-15).

Net so het Daniël ook geskryf, “en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid...” (7:18).Verse 22 en 27 beklemtoon ook hierdie beloning vir ware Christene.

Die boek van Openbaring beskryf in verskeie hoofstukke ook waar Christus, deur Johannes die koninkryk aanbied aan diegene wat oorwin. Neem kennis: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met `n ysterstaf ...” (2:26-27), en “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon...” (3:21).

Ten slotte, neem kennis van Openbaring hoofstuk 20:4-6. Dit verwys na die heiliges, “En ek het trone gesien en hulle het daarop gaan sit, .......en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank... Dit is die eerste opstanding. ....., maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.” Wanneer ons hierdie verse met Openbaring 5:10 koppel, is dit duidelik dat die opgewekte heiliges beide “konings en priesters” word met Christus en “op die aarde heers.”

Hierdie kennis is waarlik besonders spesiaal ― en kosbaar. Die wêreld weet niks van God se komende koninkryk wat Christus gaan oprig by Sy Wederkoms nie. “Die god van hierdie wêreld” (2 Kor.4:4) het die hele wêreld verlei (Op.12:9). (Lees ons boekies Wat is die Koninkryk van God? en Wat is die Ware Evangelie?)

Christene is besig met daaglikse opleiding. Daarom is dit krities belangrik dat hulle hul “opleidings lewenswyse” moet verstaan.

Geloof en Inkeer

Ons het verduidelik dat God Sy Heilige Gees gee wanneer `n persoon gedoop word, nadat hy berou getoon het.

Maar hoe word inkering bereik? Kan `n mens net verklaar deur `n eenvoudige bewering, “Ek het tot inkeer gekom?” Is dit al waaroor dit gaan? Die antwoord is `n uitdruklike NEE! Dit is nie so eenvoudig nie.

Om berou te hê is `n geskenk van God net so veel soos `n persoon se aanvanklike roeping. Met verwysing na die heidene wat tot bekering kom, sê Handelinge 11:18 die volgende: “So het God dan ook aan die heidene die bekering(inkering/berou) tot die lewe geskenk.”

2 Timóteüs 2:25 verwys na omstandighede waar “...God hulle...bekering(inkering/berou) sal gee tot die kennis van die waarheid ...” Ten slotte verduidelik Romeine 2:4 dat “die goedertierenheid van God jou tot bekering(inkering) wil lei ...” Mense kan nie inkering “opwek” met die doel om van God te vereis dat Hy aan jou Sy Heilige Gees gee nie (Hand.2:38).

Mense moet God versoek en Hom vir die geskenk van inkering vra. Dit is nie outomaties nie en dus moet dit ook nie so behandel word nie. Maar God gee inkering aan almal wat dit met hulle hele hart versoek, soos Dawid dit in Psalm 51 gevra het. (Neem tyd om hierdie Psalm te lees.)

Maar presies waaroor het `n persoon berou? Die Bybel sê, “Almal het gesondig, ...” (Rom.3:23). Wat is sonde?

1 Johannes 3:4(1983 vertaling) verklaar, “Sonde is immers oortreding van die wet van God.” Die gewone vleeslike of wêreldse verstand is vyandig teenoor die wet van God (Rom.8:7). Mense is nie van nature gehoorsaam aan God nie. Menslike natuur verontagsaam ― is ongehoorsaam aan die wet van God, en doen dit van nature! `n Christen onderhou die wet van God. Hy praat of hoor nie net daarvan nie: “omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word ” (Rom.2:13).

Derhalwe sal God slegs Sy Heilige Gees gee aan diegene wat deur Hom verower is ― diegene wat gewillig is om Hom te gehoorsaam (Hand.5:32).

Die wêreld beskrywe God se Wet as iets wat wreed en `n las is. Maar Johannes het geskryf, “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.” (1 Joh.5:3). (Lees gerus ook Romeine 13:10) Die wet van God is heilig, reg, goed en geestelik (Rom.7:12, 14) en dit is deur God se Heilige Gees dat dit moontlik is vir iemand om aan God gehoorsaam te wees en dus daardeur die liefde van God te beoefen. Romeine 5:5 verklaar, “...,omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”

Die verstand van die berouvolle persoon het weggedraai van sy eie weg. Dié persoon wil God volg. Hy gee homself toe aan God, is onderdanig aan Sy bewind en Sy heerskappy in die persoon se lewe. Hierdie persoon strewe daarna om Jesus Christus nate volg en om die “vrugte van die Gees” in sy lewe voort te bring. Christus het oor die dra van “baie vrugte” gepreek (Joh.15:5). Hy het later vir Paulus geïnspireer om die “vrug van die Gees” te lys ― liefde, blydskap(vreugde), vrede, lankmoedigheid(geduld), vriendelikheid, goedheid(goedhartigheid), getrouheid(“faith” volgens die NKJ vertaling, dus - geloof), sagmoedigheid(nederigheid) en selfbeheersing ― in Galasiërs 5:22-23. Hierdie eienskappe kom na vore in die gedrag van die persoon wat deur God se Gees gelei word ― die bekeerde persoon.

Die verstand van die berouvolle persoon het wegbeweeg van die selfsugtige lewenswyse van “ontvang” na die wyse van “gee.” `n Christen se denkwyse word heeltemal verander ― van gedaante verwissel ― na `n totaal nuwe uitkyk op die lewe.

`n Christen lewe deur geloof (Heb.10:38 ;Hab.2:4). Maar dit is die geloof van Christus (Op.14:12), nie menslike geloof nie ― wat dit vir `n persoon moontlik maak om God te gehoorsaam. Tog moet die persoon by sy doop, `n aanvanklike geloof demonstreer dat Christus hom vergewe het (Hand.2:38). Dit is by hierdie oomblik dat `n Christen se vorige dade heeltemal uitgewis word. Dit het so wit soos sneeu geword ― skoongemaak deur die bloed van Jesus Christus (Ef.1:7; Kol.1:14). Hierdie eerste menslike geloof word dan vervang met die geloof van Christus in die nuwe bekeerde persoon (Rom.1:17). Ons het gesien dat geloof (getrouheid) is een van die vrugte van God se Gees. Dit het die Christen se denke binnegegaan by sy/haar verwekking ― by sy/haar doop en bekering.

(Om meer te leer oor die verskille tussen menslike geloof en die geloof van Christus, lees gerus ons boekie Wat is ware GELOOF?)

Moet nie verkeerd verstaan nie. God is nie verskuldig om jou Sy Heilige Gees te gee, omdat u geloof beoefen en tot inkeer gekom het nie. Die Heilige Gees is `n gawe/geskenk van God (Hand.2:38) en so ook is die wete om tot berou te kom. God se Gees is nie iets wat u kan verdien deur jou goeie dade nie, net soos saligheid glad nie deur jou dade verdien kan word nie (Ef.2:8-9).

Ware Bekering Verduidelik

Onthou dat die krag wat `n mens ontvang van God se Heilige Gees jou help om te groei en jou probleme te bowe te kom. Hierdie krag is letterlik Christus wat Sy lewe binne-in die Christen lewe. Sonder Sy hulp kom die nuwe bekeerling gou nêrens nie! Toe Christus gesê het, “dra baie vrug”, het Hy dit opgevolg met, “want sonder My kan julle niks doen nie” (Joh.15:5). Menslike krag ― menslike energie ― kan `n persoon slegs help om die oorhand te kry op fisiese gebiede. Geestelike probleme kan nie oorwin word deur fisiese, verstandelike of emosionele inspanning nie.

Onthou Christus is die Wingerdstok en ons is die lote. Die lote moet aaneengeskakel bly aan die Wingerdstok en dit gebeur deur die werking van God se Gees in die verstand van `n Christen.

Toe Christus hiervan gepraat het, het Hy gesê, “Strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo,” (Joh.7:38-39). Soos dit goeie dade verrig, vloei God se Gees uit die Christen. Daarom moet dit weer aangevul word, anders sal dit uitgeput word en later heeltemal verdwyn. Dit is die rede waarom Christus gesê het, “As julle...weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid” (Lukas 11:13).

U moet gereeld vir God in jou gebede, vir meer van die Heilige Gees vra.

Paulus het geskryf, “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil.4:13), en “...word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte” (Ef.6:10). Christus het ook gesê, “..... by God is alle dinge moontlik” (Matt.19:26). Met God se Gees wat aktief werk en in jou groei, kan dit ook waar word vir jou!

Maar ware diepsinnige bekering gebeur nie oornag nie. Paulus het aan die Korintiërs geskryf dat hy met hulle “soos met klein kinders in Christus” moes praat (1 Kor.3:1). Hy het beskryf dat hulle nog met “melk” in plaas van met “vaste” kos gevoed moes word. Die splinternuwe Christen is nog baie soos `n kindjie. Deur ooreenkomstigheid, leer hy eers hoe om oor te rol, dan hoe om te kruip, voor hy leer om te loop (en dan eers op `n onbestendige, onvaste manier). Eers veel later leer hy uiteindelik om te hardloop (geestelik).

Paulus het dit verstaan. Hy het bekering met die hardloop van `n wedloop vergelyk (1 Kor.9:24). Hoewel nie uit die staanspoor nie, moet die hardloper `n sekere punt bereik wanneer hy meer spoed ontwikkel. Daarom het Paulus gesê, “Hardloop só dat julle dit (die prys) kan behaal.”

Sodanig is die Christelike lewenswyse. Stadige, bestendige groei, deur daaglikse oefening, ontwikkel vooruitgang in die lewe van die persoon wat Christus naboots. Die nuwe Christen strewe opreg daarna, vanuit die hart, om verskillend te wees ― om om te draai en `n ander rigting in te slaan ― die weg van God ― vir die res van sy lewe!

Nie die maklike weg nie

Maar is die Christelike weg maklik? Is die proses om meer soos Christus in karakter te word die spreekwoordelike kinder-krans-dans? Definitief nie!

Laat ons terug gaan na Christus se Bergpredikasie vir Sy eie antwoord op die vraag. Hy het gesê, “Gaan in deur die nou (moeilike) poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Matt.7:13 - 14). Dit was nog altyd slegs bitter min mense wat gewillig is om die prys te betaal om hierdie moeilike lewenswyse te volg.

Onthou, Christene “hardloop.” Om te hardloop verg inspanning ― dit is harde werk. Hardlopers word moeg nadat hulle baie energie verbruik het. Hou mense dop in `n langafstand wedloop soos hulle die eindstreep bereik. Hulle is doodmoeg, tam, pootuit en afgemat! Om te hardloop is nooit maklik nie. Sommige tye, soos met `n heg-en-stegwedloop of `n maraton deelnemer, moet hy/sy heuwels op en af en oor gebroke terrein hardloop.

Paulus het geskryf, “ek ...jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus “ (Fil.3:14). Vroeër in die vers sê hy dat hy geleer het om hom los te maak van wat agter is en “strek my uit na wat voor is”. Wanneer `n hardloper tydens `n lang wedloop, homself deurgaans ingespan het, is hy aan die einde totaal uitgeput. Tog, indien hy sou tou opgooi het hy geen kans om te wen nie. Al sy oefening en moeite in voorbereiding vir `n oorwinning, is dan verkwis. Dus, maak nie saak hoe moeg die geestelike hardloper word nie, moet hy nog steeds onthou dat, “met God is alles moontlik.”

Paulus het ook verwys na die Christelike lewenswyse as `n “worstelstryd”(stoeigeveg) (Ef.6:12). Enigeen wat al gestoei het, weet dit is baie vermoeiend ― somtyds tot die punt van mislikheid en braking. Hy het dit ook met `n geveg(wedloop) vergelyk. Neem kennis van 1 Timóteüs 6:12(1983 vertaling) :”In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal.” Asook 2 Korintiërs 10:4 , “want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtige deur God om vestings [Grieks: kastele] neer te werp.”

Daar is niks omtrent oorlog wat aangenaam of gemaklik is nie. Dit is gevaarlik en gewoonlik gaan dit gepaard met baie ongevalle ― sommige gewond ander is sterfgevalle. Daarom het Paulus Christene vermaan om “die goeie stryd” te stry (1 Tim.1:18). Christus word in Hebreërs 2:10 (1983 vertaling) die “Leidsman tot die verlossing” genoem. Die onervare of ongeoefende soldaat kan gou `n ongeval van oorlog word, indien hy nie homself onderwerp aan gesag of sy kaptein (leidsman) se bevele nie!

Weerstand Teen Drie Vyande

Christene moet op drie verskillende fronte oorlog stry. Hulle moet waaksaam wees ― nie nalatig wees ten opsigte van die potensiële gevaar van enige van drie vyande wat hulle konfronteer nie. Dit verg nederigheid vir `n Christen om te erken, aan homself en aan God, dat enigeen van hierdie opponente in staat is om hom te oorweldig.

Laat ons kortliks hierdie vyande oorweeg.

Efesiërs 6 beskryf ses stukke wapenrusting wat Christene gebruik tydens Christelike oorlogvoering. Lees verse 12 tot 17 sorgvuldig. Dit bevat `n sterk waarskuwing om nie te vergeet dat ons stryd is teen “elke bose gees in die lug” nie.

Eerstens, die duiwel en sy gevalle engele wil elke bekeerde, potensiële seun van God oorrompel en vernietig. Indien u deur God verwek is, is u `n seun van God en dus dra u ontsaglike potensiaal vir heerskappy in die Koninkryk van God. Die duiwel haat die moontlikheid dat u dit kan ontvang wat nooit aan hom aangebied is nie ― lidmaatskap in die Familie van God. Hy lê in afwagting “soos `n brullende leeu, op soek wie hy kan verslind” (1 Pet.5:8). Maar hy kan nie diegene wat “standvastig in die geloof” bly en hulle wat hom teëstaan, oorrompel nie (vers 9). `n Christen moet aanhoudend oppas en weerstand bied teen die insluiping van Satan se houding in sy gedagtes. (Lees gerus ons boek Wie is die Duiwel? om Satan se rol in God se Plan te verstaan.)

Tweedens, 1 Johannes 5:19 verklaar dat, “die hele wêreld in die mag van die Bose lê.” Dit is `n baie sterk beskuldiging teen die mensdom. Tog is dit daar in jou Bybel! Die Christen moet ook weerstand bied teen die aantrekkingskrag van hierdie sondige wêreld, met al sy glinstering, opwinding, aantreklikheid en versoekings. Hierdie is nie God se wêreld nie. Die “god van hierdie wêreld” het dit gefatsoeneer. Die ware God is nie die bewerker van al die wanorde, onkunde en ellende wat al die menigte kulture en samelewings van Satan se wêreld deurtrek nie. (Lees ook Die Wêreld in Gevangenskap.)

Daar is baie versoekings, valstrikke en vanggate waarin die ware Christen maklik kan val, indien hy nie naby aan God is en leef volgens elke woord van die Bybel nie (Mat.4:4; Luk.4:4). Paulus het die ouderlinge van Efése toegespreek en hulle in kennis gestel dat God se “woord ... wat magtig is om julle op te bou en julle `n erfdeel (saligheid―die ewige lewe) te gee onder al die geheiligdes.”(Hand.20:32). Bestudeer dit daagliks!

Derdens, die bestudering van God se Woord sal jou help om die oorhand te kry oor die aantrekkingskrag van jou vlees (sondige natuur). Nadat Paulus gesê het, “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede,” het hy bygevoeg, “Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie” (Rom.8:6, 8. 1983 vertaling). Soos alle mense is `n Christen ook gemaak van vlees, maar hy lewe nie in die sondige natuur nie, omdat hy deur God se Gees gelei word.

Ongehinderd gelaat, bestaan die sondige menslike natuur uit: ydelheid, jaloesie, wellus, hebsug, afguns, haat, kwaad, trots, rebellie, dwaasheid, haatdraendheid, hardnekkigheid, bedrieglikheid en vyandigheid teenoor God. Diegene wat loop volgens God se weg strewe na beteueling en weerhou hulleself waar ook al God se Woord hulle onderrig. En hulle strewe daarna om hulself te beoefen in alle dinge wat God voorskryf. Wanneer God instruksies gee om iets te doen, strewe hulle daarna om dit te doen! Wanneer God instruksies gee om nie iets te doen nie, doen hulle dit nie!

Hoewel dit `n leeftyd neem om gedurig hierdie patroon van lewenswyse te leer volg, is die opbou van God se karakter die doel waarvoor elke mens gebore was. Sy werk is om “beklee” te word na die beeld of karakter van God en Christus ,en “aflê” die sondige aantrekkingskrag van die menslike geaardheid (Kol.3:8-13). Hoewel dit nie so maklik is nie, is die beloning groot.

Dit is slegs deur gereelde gebed, Bybel studie, bepeinsing oor die Woord en selfs af en toe vas (om sonder kos en water te gaan vir `n bepaalde tydperk), dat die kind van God dit moontlik sal vind om dié drie vyande, wat hom elke dag in die gesig staar, te bowe te kom.

Paulus se Worsteling

Die Bybel is gevul met stories van God se grootste diensknegte se stryd om die sonde te bowe te kom. In bykans elke geval moes hulle moeilike en somtyds baie pynlike lesse leer. Wanneer ons hulle gesamentlik ondersoek, word Moses, Noag, Dawid, Samuel, Petrus en vele ander gesien as persone wat met elke denkbare probleem wat aan die mens bekend is, geworstel het.

Paulus verteenwoordig `n klasieke voorbeeld van hoe een van God se grootste diensknegte geworstel het, om die oorhand oor die sonde te kry. Aan die einde van sy lewe was dit moontlik vir hom om te sê dat hy “die goeie stryd gestry” het en dat hy sy “wedloop voleindig” het, wetend dat daar `n “kroon” is wat op hom wag. Maar dit het nie gebeur sonder veel worsteling, stoeiery, hardlopery, bakleiery en oorlogvoering teen sy eie sondige menslike natuur nie.

Lees noukeurig Romeine 7:14-23. Dit sal jou opvoed en aanmoedig dat u nie alleen staan in jou stryd om Satan, die samelewing en jouself, te bowe te kom nie ― alles dit wat tot die sonde lei!

Hier het Paulus gesê “Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Want wat ek doen, weet ek nie;want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek “(verse 14 - 15). Hy het vervolg met, “want om te wil is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek”(verse 18 -19).

Dit was asof wat ook al Paulus wou doen of nie wou doen nie, sy sondige menslike natuur het veroorsaak dat hy presies die teenoorgestelde gedoen het! Waarom?

God het hom geïnspireer om die antwoord vir ons te vermeld: “Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen[probeer doen], is die kwaad by my aanwesig... maar ek sien `n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevangene neem onder die wet van die sonde wat in my lede is” (verse 21, 23).

Paulus het bygevoeg dat dit slegs deur die krag van Christus se Denke in hom is, dat dit vir hom moontlik was om die oorhand te kry en om die finale oorwinning te behaal deur die onderhouding van God se Wet, in plaas van om gehoorsaam te wees aan die wesenlike “wet” van die sonde. Dit was slegs op hierdie wyse, dat Paulus later kon sê dat hy “die goeie stryd gestry” het en dat hy sy “wedloop voleindig” het met oorwinning.

Moet nie die fout begaan nie. Christelikheid is totale oorlogvoering! Maar dit is `n oorlog wat die Christen moet verwag om te WEN! ― solank as wat hy voortgaan om naby God te bly, om krag te vind om die oorhand te kry.

God kyk na die voorneme van jou hart. Dit is jou totale begeerte en beweegrede wat vir Hom belangrik is. Hy wil weet of, nadat u gesondig het, u jammer is daaroor en dat u altyd vasberade is om in die toekoms daarna te strewe om beter te doen. Hy verstaan die versoekings wat ons omring selfs beter as onsself. Hy kyk om te sien of ons nugter en waaksaam sal bly soos ons die sonde uit ons lewe roei ― en of ons aanhoudend sal voort beur.

God se Perfekte Karakter

Die almagtige God wat die hemel en die aarde gemaak het, het ook vir u gemaak. Die fisiese heelal was slegs geskep om die glorie van die God wat dit gemaak het, te reflekteer. Dit was ook bedoel om te dien as `n skitterende geskenk aan die mensdom om dit te sien en geniet.

U was geskep vir `n oneindige groter bedoeling. U was geskep om te word soos God ― om perfekte, heilige, regverdige karakter op te bou. God het ten doel om waarlik waar Homself te reproduseer in mense. Net soos u die kind is van ouers en moontlik ook kinders van jouself het, is God ook jou ouer. Net soos u fisies lyk soos jou ouers en jou kinders lyk soos u, wil God hê dat u ook soos Hy lyk ― IN GEESTELIKE KARAKTER!

Selde deesdae praat mense nog omtrent, of bemoei hulleself met die ontwikkeling van karakter ― eers genoem “deugsaamheid.” Dit kom voor dat min mense deesdae veel daarvan begrip het. Dit is slegs deur God se geopenbaarde Woord, waar `n regte omskrywing van karakter beskryf en verstaan kan word.

Karakter is om te verstaan en begrip te hê van die verskil tussen reg en verkeerd en om te doen wat reg is, in plaas van om die verkeerde te doen. God openbaar wat reg is ― hoe om te lewe. Maar regverdige karakter word gebou deur die krag van vrye morele werking ― die besluit om te doen wat reg is. Soos enige spier van die liggaam, word karakter opgebou deur die drukking teen weerstand. Dus word die spier versterk (in hierdie geval, die denke) wat die weerstand ondergaan. Karakter kies om te doen wat reg is, in plaas van die keuse om dit te doen wat verkeerd is. Die persoon bemoei homself nie met wat ander sê of doen nie. Hy bemoei homself slegs met wat GOD sê hy moet doen.

God is liefde. Liefde is die vervulling van die wet. Dit is uitgaande, uitvloeiende besorgdheid oor ander mense, om hulle eerste te stel ― voor die belange van self.

Herinner jouself voortdurend dat dit die opbou van die einste karakter van God is, wat die rede is waarom u gebore was!

Onthou dat Paulus gesê het dat God se Gees reflekteer “selfbeheersing.” Min mense vandag, selfs op die menslike vlak, het nie veel “gesonde verstand” nie. Dit lyk asof dit vandag meer moeiliker as ooit word, vir mense om gebalanseerd en standvastig te bly. Die moeilikheid en spanning wat mense ondervind, veroorsaak dat sommige dinge doen wat ongesond, vreemd en selfs bizar is. God se Gees sal jou lei in gesonde, bestendige, gebalanseerde denkwyses (Fil.4:8). Dit sal jou help om te sien en verstaan wat om jou aangaan en om op `n Goddelike manier daarop te reageer. Dit sal jou verstand bestendig maak en jou daarin lei om wyse, regte en gesonde besluite in jou alledaagse lewe te maak.

Wend jouself aan! Dryf jouself aan om te groei en te oorkom. Moet nie verwag dat dit so maklik sal wees ― soos boomklim nie. U moet in kennis groei. Sodra u bekeer is, moet u herken dat u gekies is om `n “krygsman” te wees en dat u soms “verdrukking” moet ly, soos Paulus aan Timóteüs geskryf het (2 Tim.2:3-4). Om al jou slegte ou gewoontes te los, sal tyd neem. Herken dat u dit oor `n leeftyd beoefen het en tot `n sekere mate verfyn het. Jou gewoontes het deel geword van jou. Dit het “tweede natuur” geword. Ewewel moet u onthou dat dit nie die “goddelike natuur” (2 Pet.1:4) is wat jou binnegegaan het met die ontvangs van God se Gees by jou doop en bekering nie.

Indien u `n volwassene is, het dit jou tussen vyftien en twintig jaar geneem net om tot `n sekere hoogte te groei. Christelikheid is nie verskillend nie! Dit is `n lang tydperk en dit het heel waarskynlik ook “groeipyne” ingesluit.

U het vermoedelik al baie tye jou knieë nerfaf geval of jou neus bebloed voordat u volwassenheid bereik het. Christelikheid is nie verskillend nie! Moet nie ontmoedig word en ophou groei nie, soos `n kind wat ontmoedig word en tou opgooi, slegs omdat hy sy knie nerfaf geval het. Wanneer jou kind geval het, sê u hom om op te staan, omdat dit deel is van die lewe. Christelikheid is nie verskillend nie!

Klein kinders wil altyd gouer op groei as wat die tydtafel toelaat. Hoewel kinderjare in vele opsigte wonderlik is, kan die meeste jongmense blykbaar nie wag om volwassenheid te bereik nie. Christelikheid is nie verskillend nie! Maar volle, ontwikkelde Christelike volwassenheid kom slegs na `n lang periode van die beoefening van die regte lewenswyse.

Maar wat as u sondig?

Ons het vasgestel dat alle mense sondig. Kan die nuwe - verwekte Christen verwag dat dit na sy doop sal aanhou? Word volmaaktheid oornag bereik deur `n sekere “geloofsbelydenis” of deur die doop en inkering?

Dit is nie! Daar is een lang Skrifgedeelte wat baie behulpsaam is ten opsigte van die onderwerp van kwytskelding en verwante sake.

Die volgende verse bring veel instruksie voort ― maar slegs eers nadat dit alles gelees is. Neem kennis: “.... en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.... sodat julle blydskap volkome kan wees. Dit is die verkondiging....God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot `n leuenaar en is sy woord nie in ons nie. My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het `n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is `n versoening vir ons sondes...” (1 Johannes 1:3 - 2:2).

Hierin is veel belangrike instruksies. Maak oop jou Bybel en laat ons dit vers vir vers ondersoek.

Vers 3: Johannes, die laaste lewende apostel in die Bybel, spreek namens al die apostels (“ons”), en verduidelik dat `n Christen se ware gemeenskap is op die geestelike vlak met Christus en die Vader. Dit is slegs deur Hulle dat Christene, binne die Kerk van God, werklike, ware gemeenskap met mekaar kan hê.

Vers 4: Johannes se doel was om mense die oorsprong van wesentlike, permanente volheid van vreugde te wys.

Vers 5: Die ware God verteenwoordig lig ― Hy “is lig” ― en daar is niks duister aangaande wat Hy doen en wie Hy is nie. Die persoon wat met die ware God van die Bybel gemeenskap het, wil na die lig kom en uit al die duisternis van die wêreld kom.

Vers 6: Dit is die eerste van ses verse wat met die woord “as” begin. Die gebruik van hierdie woord dui voorwaardes aan ― in hierdie geval, dit wat betrokke is in die vrye morele wil. Baie mense beweer dat hulle God “ken”, dat hulle met Hom gemeenskap het, maar hulle ken nie en beoefen nie Sy Waarheid in hulle lewens nie. Hy sê dit maak van hulle gewone leuenaars (1 Joh.2:4).

Vers 7: Christus se bloed reinig aanhoudend al die sondes ― die foute, swakhede en gebreke ― van die persoon wat daarna strewe om te wandel in God se waarheid ― en in gemeenskap met ander ware Christene. Hoewel hulle gewoonlik dit nie van voornemens is nie ― maak Christene foute en moet hulle weer op die spoor kom.

Vers 8: Hierdie vers is baie belangrik. Christene moet erken dat hulle sondig. Dit was my ervaring gewees dat selfbedrog (Jer.17:9) is die enkel grootste rede waarom die meeste mense nie groei of sonde te bowe kom soos hulle moet nie. Selfbedrog ― om jouself te bedrieg ― is nog steeds bedrieglikheid. En daar is geen plek vir die waarheid om in so `n persoon te bly nie!

Verse 9-10: Vers 9 is nie `n verwysing na die onbekeerde, vlees-denkende persoon nie. Hierdie verse is vanselfsprekend vir die persoon wat sy sondes erken en bely. Jesus Christus is daar om die ware Christen skoon te was― TE REINIG! ― wanneer hy vir `n oomblik afgedwaal het, om volgens die lig van God se Woord en Wet te lewe. `n Christen moet leer om die oorhand te kry. Soos om te leer klavier speel of om `n mooi prentjie te skilder, gebeur dit nie oornag nie.

Hoofstuk 2, Verse 1-2: Johannes gebruik die innemende uitdrukking “My kinders”, want dit is hoe God Sy verwekte seuns en dogters beskou. Ons is almal klein kinders in God se oë. Hy weet dat dit nodig is vir Hom om oor ons te waak, soos menslike ouers wat oor hul kindertjies waak. Hoewel dit God se bedoeling is dat ons nie sondig nie, wanneer ons dit doen, staan Christus voor die Vader as ons “Voorspraak.” As ons Hoëpriester (Heb.4:14-16), ondersteun Jesus letterlik Sy jonger broers en susters in die teenwoordigheid van die Vader. Hy verstaan wat dit is om teen die sonde te stry en dit te bowe te kom, en Hy verleen krag en kwytskelding aan diegene wat erken dat hulle albei benodig.

Die volgende vier verse in 1 Johannes 2 beskryf die gehoorsame Christen as `n persoon wat God se Wet onderhou en daarna strewe om te loop en lewe op dieselfde wyse soos wat Jesus het(vers 6). Hy is een wat God se woord gehoorsaam en daarna strewe om nie daarmee te kompromitteer nie. Hy soek altyd daarna om te doen wat reg is.

Wanneer u struikel en somtyds neerval, onthou Dawid se woorde: “Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op” (Ps.37:23―24. 1983 vertaling). Soos `n ouer wat sy kind optel en bestendig maak, so tel God gereeld Sy kinders op en “ondersteun” hulle. Laat hierdie wonderlike belofte van God jou aanmoedig wanneer u ontmoedig voel, omdat u te kort gekom het in die Christelike weg.

Wat omtrent die Dood?

Onthou, die doel van `n Christen is om soos Christus en die Vader te word ― om volmaak te word soos die Vader volmaak is (Matt.5:48). Wat as `n persoon sterwe voordat perfeksie bereik is? Het die persoon misluk? Is `n mens verlore omdat hy of sy nie volkome perfek in hierdie lewe geword het nie?

Geen mens sal ooit, terwyl nog in die vlees, heeltemal perfek word nie. Hy moet egter nog aanhoudend daarna soek ― en daarna strewe ― dwarsdeur sy lewe om soos Christus te word.

Volmaaktheid is `n doelstelling wat gepaard gaan met `n lewenswyse waar u probeer om selfbeheersing oor elke gedagte, handeling en woord te beoefen. God kyk na jou hart, na die bedoeling van die persoon wat aan Hom oorgelewer is. So lank as wat hy geestelik groei en te bowe kom ― en gelei word deur die Heilige Gees ― bly hy `n bekeerde, verwekte seun van God. Die dood verander niks nie, aangesien God in beheer van `n Christen se lewe is. Wanneer `n Christen sterwe, word hy slegs “ontslape in Christus.” Hy wag op die opstanding van al die heiliges binne in die koninkryk van God (1 Kor.15:50-55 ; 1 Tess.4:13-18).

Die Onvergeeflike Sonde

So baie mense is bekommerd dat hulle “die onvergeeflike sonde” gepleeg het. Ek het al baie mense beraadslaag, wie gekwel was deur vrees en angs, omdat hulle bekommerd was, of soms selfs “seker” was, dat hulle skuldig was aan hierdie onvergeeflike sonde. Na beraadslaging met hulle, was dit altyd duidelik dat hulle nie daaraan skuldig was nie. Dit het egter dikwels veel beraadslaging en verduideliking gekos om hulle gerus te stel, dat hulle nie die onvergeeflike sonde gepleeg het nie.

Ek moes dikwels aan hulle verduidelik, dat dit juis weens hulle bekommernis was, wat bewys daaraan lewer dat die persoon nie ver genoeg gegaan het, om skuldig aan hierdie sonde te wees nie. Die onvergeeflike sonde het betrekking tot die opsetlike, moedswillige, voorbedagte sonde, gebaseer op `n duidelike en finale besluit om enige soort sonde te pleeg en om daarin te bly. Die sleutel ― die kern ― houding is opsetlik. Ja, baie mense sondig gewillig ― maar dit is veel verskillend van opsetlik sondig.

Elke keer wanneer mense sondig, is hulle natuurlik gewillig om te doen wat hulle doen. Maar hulle was gewoonlik oormeester deur `n soort versoeking of omstandighede wat daartoe gelei het dat hulle fouteer het. Hulle was gou baie jammer vir wat hulle gedoen het. Terwyl dit nooit die erns van sonde kan verlig nie, indien die persoon jammer is oor sy dade en hy wil verander ― hy is berouvol en soek vergiffenis ― en dit gaan saam met die vasberadenheid om beter te vaar die volgende keer, dan het hy nie die onvergeeflike sonde gepleeg nie.

God is genadig en selfs gretig om jou te vergewe ― indien u innig berouvol is! God sê Hy verlang dat u, en almal wat deur Hom geroep is, moet slaag (2 Pet.3:9 ; 1 Tim.2:4). Terwyl Satan mense in die versoeking bring met die hoop dat hulle misluk, toets God sy diensknegte van tyd tot tyd, met die hoop ― selfs die verwagting ― dat hulle dit slaag! God wil nie hê dat enigeen misluk nie.

So, indien u bekommerd is of u die onvergeeflike sonde gepleeg het, dan gee u steeds om, en dus het u dit nie gepleeg nie! Indien u nie opsetlik en met voorbedagte raad, weg van Christus gedraai het nie, dan het u nie die onvergeeflike sonde gepleeg nie! Indien u oorkom is deur die versoeking en het een of meer van God se wette verbreek, moet u dit aan God erken en bely. U mag steeds tot inkeer kom, verander en aanhou op die weg na die ewige lewe in die koninkryk van God!

Moet nie opgee nie! Moet nie tou op gooi nie! Koning Salomo het geskryf, “Gedra

jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort” (Spr.24:10), en “Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk” (vers 16). Moet nooit “terugdeins” nie (Heb.10:38-39, 1983 vertaling).

Twee keer het Christus gesê, “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word” (Matt.24:13; 10:22). `n Christen word nie outomaties by sy/haar doop en bekering gered nie. Indien u neerval, staan op ― soek God en gaan voort! God sal aanhou om jou te ondersteun, indien u aanhou om te volhard! (Lees ons boekie, Wat is die “Onvergeeflike Sonde”? Dit beskryf en verduidelik hierdie algemeen misverstaande onderwerp in duidelike besonderheid, asook waarom Christus gewaarsku het dat sommige hulself kan skuldig maak aan die pleging van hierdie sonde.)

Die Gelykenis van die Ponde

Laat ons kyk na `n finale gelykenis wat die Christen se verantwoordelikheid om te groei illustreer, indien hy of sy die koninkryk van God wil binnegaan.

In Lukas 19:11-27, het Christus Homself vergelyk met `n man van adellike afkoms wat na “`n ver land gereis het”. Dit is `n sinnebeeld van Christus wat na sy Vader in die Hemel vir 2,000 jaar gegaan het, tot met Sy Wederkoms.

Die dissipels het geglo dat die koninkryk “onmiddellik sou verskyn” en Christus wou aan hulle illustreer dat baie tyd moes verbygaan voordat dit kon gebeur.

Die “Meneer” van die gelykenis het “tien van sy diensknegte” beveel om die waarde van die “ponde” (geld) te verhoog, deur daarmee handel te dryf. Die pond verteenwoordig in werklikheid `n soort simboliese eenheid van basiese geestelike waarde. Onthou dit was `n gelykenis, en dus het Christus nie verwys na enige soort letterlike geld nie. Hy het aan Sy diensknegte gesê, “Dryf handel daarmee totdat ek kom” en vermeerder die ponde tot meer geld. Terwyl die Meneer weg was, het sommige van die medeburgers gesê, “Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.” Dit is belangrik om die bedoeling van hierdie stelling te verstaan.

Hierdie “medeburgers” het verstaan dat die Meneer (Christus) sou terugkom om oor die aarde as “koning” te regeer. Hulle wou geen deel hiervan hê nie en het Sy regering oor hulle verwerp ― en dus ook hul toekomstige deelname daarin (vers 27). Hulle het verstaan dat die koninkryk van God `n regering sou wees wat oor die aarde regeer. Onthou, die gelykenis het begin met `n man van adellike afkoms (Christus) wat na `n ver land (die hemel) op reis gegaan het, om as koning aangestel te word en dan terug te kom.

Nadat die Koning teruggekom het, het Hy elke slaaf, aan wie hy die geld gegee het, in Sy teenwoordigheid geroep om rekenskap te gee ― “sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.” Sommige slawe het vyf ponde opgelewer, ander tien, ens., maar een slaaf het sy pond in `n doek gebêre en het niks daarmee opgelewer nie. Christus wou weet wat elke slaaf met die handeldryf verdien het, terwyl Hy weg was.

Die eerste slaaf het tien ponde opgelewer en Christus het sy beloning verduidelik deur aan hom te sê: “Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede” (vers 17). Die slaaf wat vyf ponde opgelewer het, het die gesag oor vyf stede gekry. Aangesien die tweede slaaf helfte soveel geld opgelewer het, was sy beloning ook helfte van die eerste een sin. Hierdie manne het dus `n posisie van “gesag” ontvang. Hulle het die bestuur oor “stede” gekry. Hul beloning was om saam met Christus (Judas 14) in Sy wêreld- regerende koninkryk te heers.

Die slaaf wat sy pond in `n doek gebêre het, het `n ongelooflike geleentheid verloor om te kwalifiseer vir heerskappy in die koninkryk van God: “Toe sê hy (Jesus) vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg!

Hierdie slaaf het nie ontwikkel nie. Hy het niks in sy lewe opgelewer nie en het ook nie gekwalifiseer om oor stede in die koninkryk van God te regeer nie. Christus het die slegte slaaf se beloning gegee aan die een wat tien ponde opgelewer het ― sodat die laasgenoemde selfs meer as sy eie beloning gehad het. Die stede wat deur hierdie man weens sy gedrag verloor was, moes deur iemand geregeer word. Anders sou hulle verlate wees, sonder `n heerser aangewys met heerskappy oor hulle.

Niemand sal heerskappy ontvang nie, alvorens hulle bewys daaraan gelewer het, dat hulle regeer kan word. Niemand kan deelname hê aan God se wêreld- regerende goewerment nie, tensy hulle geleer het om hulself aan die goewerment van God te onderwerp en om in hierdie lewe deur God en Jesus Christus regeer te word. Dit is die aller belangrikste les van die gelykenis van die goue ponde!

Nou wat sal u doen? Sal u groei, kwalifiseer, en ontwikkel in geestelike karakter ― meer ponde oplewer as waarmee u begin het? Sal God “met rente” op Sy belegging in jou kan trek? Of sal u jou goue pond bêre, en daarmee saam jou geleentheid om in die koninkryk van God te regeer?

God bespied die Hart

In sy boekie Wat bedoel u met...Bekering?, onder die opskrif “Wat om te doen?”, het Herbert W. Armstrong die volgende geskryf:

“Wanneer u `n Christen sien iets verkeerd doen, moet hom nie veroordeel of afkeur nie ― dit is God se besigheid om te oordeel, nie joune nie! Laat ons medelyde en genade betoon ― ons ken nie die binne- hart van ander mense nie ― slegs God weet dit!

“En indien u, self, gestruikel en neergeval het, moet nie moedeloos wees nie! Staan op en gaan voorwaarts!

“God bespied die hart ― die geesteshouding ― die voorneme.

“Solank as `n persoon in sy hart, `n ware begeerte het om God se weg saam met Hom te volg ― is diep jammer en kom tot inkeer wanneer hy af en toe sondig ― en begeer om die sonde te bowe te kom, en die persoon maak God se weg sy gebruiklike leefwyse, sal hy nou en dan struikel, maar indien hy dit bely en tot inkeer kom, sal hy vergewe word. Maar, as hy ywerig in sy Christelike lewe is, sal sy af en toe struikeling minder word ― hy sal goeie vordering maak, die sonde oorkom, geestelik groei en in regverdige Goddelike karakter ontwikkel.

“Wat is jou denkwyse? Wanneer u gesondig het, was u sorgeloos onverskillig daaromtrent? U verkeer op gevaarlike grond. Probeer u om dit te regverdig of voel u dit is ander mense se skuld? Dit sal nooit jou sonde regverdig nie. Het u nog steeds `n begeerte om God se Weg te volg? Dan is dit nie te laat nie. Draai weg van die sonde en bely dit ― aan God. Kom tot inkeer! Staan op met Christus se helpende hand en gaan voort om die sonde te bowe te kom en om geestelik te ontwikkel.

“( Indien u iemand is wat nooit werklik tot inkeer gekom het nie, gedoop was en God se Heilige Gees ontvang het nie ― en tog het u `n ywerige begeerte om dit wel te doen ― mag u in kontak kom met een van God se ware dienaars...)

“Maar onthou, wanneer u weet dat u werklik tot inkeer gekom het en dat God jou vergewe het, moet nie die sonde herhaal nie, maar vergeet daarvan. Soos die Apostel Paulus geskryf het, “...ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus (Fil.3:13-14).”

U mag verkies om die volgende te lees: